Page 1 of 1

Watter Fox Pro?

Posted: Fri Jan 02, 2015 12:18 pm
by Dewitt
Ek besit tans die Spitfire en sy opvang afstand voel my is darem net te min, so +-80m. Ek ondervind ook soos iemand reeds genoem het dat hy nie so effektief op die grond werk nie en wel gelig moet word, maar so ook seker die ander modelle? Daar is so baie verskillende modelle dat ek nie meer weet nie en hul pryse raak ook al mooier. Die Wildfire 2 lyk meer na my begroting, maar hoe ver vang hy op? Waar kry 'n man die beste pryse vir Fox Pro?

Groete
Dewitt

Re: Watter Fox Pro?

Posted: Fri Jan 02, 2015 12:20 pm
by Dewitt
Skuus, weet nie hy onder advertensies gekom het nie. Seker nog die ou jaar in my!

Re: Watter Fox Pro?

Posted: Thu Jan 22, 2015 10:22 am
by johans
ek het n wildfire en is baie tevrede met hom.ekt nog nooit gekyk tot hoe ver hy kan opvang nie,sit hom gewoonlik so 80m op n stand en hy werk goed

Re: Watter Fox Pro?

Posted: Thu Jan 22, 2015 10:29 am
by Katefbessie
Dewitt, Foxpro se roepers is van uitstaande gehalte en om jou vraag te beantwoord van watter Foxpro sal die antwoord wees - ENIGE EEN! ^-^

Ek kan wel vir jou se dat die Foxpro modelle met die TX1000 remote vrek lekker werk juis vir die enkele rede die TX1000 remote. Hy vergemaklik regtig dinge!

Die volgende Foxpro modelle kom met die TX 1000 remote:
Foxpro Shockwave (my persoonlike gunstelling)
Foxpro Fusion
Prairie Blaster 3
Truck Pro en
Super Snow Crow Pro

Ek sou wel aanbeveel jy volg die volgende link en kyk watse spesifikasies jy graag in jou roeper sal wil he en daarvolgens koop. http://www.gofoxpro.com/site/docs/produ ... -chart.pdf

Re: Watter Fox Pro?

Posted: Thu Jan 22, 2015 12:30 pm
by Kalahari
Ek is baie tevrede met my Firestorm en die tx9 afstand beheer, paar aande terug op 190m mooi opgevang.
Dalk bietjie duur.

Re: Watter Fox Pro?

Posted: Thu Jan 22, 2015 5:57 pm
by Dewitt
Dankie manne. Ek het nou eers weer 'n paar goed met die Spitfire geskiet, so hy bly nou weer vir tyd en wyl. Daar is 'n ander projekie wat nou eers fondse benodig. Hoe groot rol speel afstand van bakkie na caller regtig? Is 70-80m nie dalk voldoende nie? Die afstand ding kom seker handig te pas met die ou skelm jakkalse.

Re: Watter Fox Pro?

Posted: Thu Jan 22, 2015 8:49 pm
by Kalahari
Dewitt wrote: Hoe groot rol speel afstand van bakkie na caller regtig? Is 70-80m nie dalk voldoende nie?
Dewitt, ek het die roeper op daardie afstand uitgesit as gevolg van my staanplek wat moeilik was. Die standaard afstand soos ek nou al gelees en gehoor het is maar rondom 100m +- , so dit is seker nie nodig dat die roeper moet 200m kan opvang nie, vir my net 'n voordeel wat so nou en dan wel in my geval nodig is.

Re: Watter Fox Pro?

Posted: Thu Jan 22, 2015 9:41 pm
by Cobus(Cobb)
Vat jou Spitfire en/of Wildfire, boor gaatjie in handvatsel en torring arial draad los hier deur die agterkant wat oopskuif...sit arial draad deur die gaatjie....
(dankie PJS)
Ek sit my caller op 'n tripod...het my ontvans afstant opgestoot tot 140m met die draadjie uit, was so 60m-80m met draadjie binne in.

Re: Watter Fox Pro?

Posted: Fri Jan 23, 2015 10:11 am
by Katefbessie
Dewitt wrote:Hoe groot rol speel afstand van bakkie na caller regtig? Is 70-80m nie dalk voldoende nie?
Volmaan aande sal ek hom dalk biki verder uitsit en ook as die wind bietjie pla.

Re: Watter Fox Pro?

Posted: Fri Jan 23, 2015 7:24 pm
by BeesBreet
Baie dankie vir die draad. Waar kan ek die fusion of shockwave bestel?

Re: Watter Fox Pro?

Posted: Fri Jan 23, 2015 8:34 pm
by cassie_calvinia
FoxPro.com

Re: Watter Fox Pro?

Posted: Fri Jan 23, 2015 9:44 pm
by Geno
cassie_calvinia wrote:FoxPro.com
www.gofoxpro.com

Re: Watter Fox Pro?

Posted: Fri Jan 23, 2015 11:11 pm
by BeesBreet
Is daar nie ouens in sa deur wie ek kan koop nie.. ek is maar bang om Derek van vsa af te koop oor die net

Re: Watter Fox Pro?

Posted: Sat Jan 24, 2015 8:21 am
by cassie_calvinia
hoef nie bang te wees nie. laat tlooop

Re: Watter Fox Pro?

Posted: Sat Jan 24, 2015 7:20 pm
by BeesBreet
Ha ha dankie

Re: Watter Fox Pro?

Posted: Fri Mar 13, 2015 4:45 pm
by Eduard Venter
Wat is die maklikste opsie om n nuwe wildfire te koop? Kos dit nie baie om die ding oor die waters te bring nie?

Re: Watter Fox Pro?

Posted: Sun Mar 15, 2015 6:08 pm
by BeesBreet
Loop met pos... nie duur nie

Re: Watter Fox Pro?

Posted: Thu Mar 19, 2015 10:17 am
by Armand9
BeesBreet jy toe die roeper gekry? Het jy hom maklik gekry met ons pos diens?

Re: Watter Fox Pro?

Posted: Thu Mar 19, 2015 4:21 pm
by BeesBreet
Jong... dit het n maand gevat, maar ek het hom

Re: Watter Fox Pro?

Posted: Thu Mar 19, 2015 4:26 pm
by Armand9
Jys baie gelukkig. Ons wag nog vir n pakkie wat by customs le! Niemand weet waar hy is nie. Moet seker maar net wag!

Re: Watter Fox Pro?

Posted: Thu Mar 19, 2015 8:36 pm
by BeesBreet
Het jy die tracking nommer... search op sa post se site maar onder domestic. Oh ja en berei jouself voor vir invoer belasting.