Page 1 of 3
'n Bende vir Dubbels.
Posted: Sat Jan 03, 2015 12:04 pm
by kopskoot
Wat van n "dubbel" bende. Vertel bietjie van jou dubbel. Sommer watse koeëls en ladings jy gebruik, en of jy oopvisier, of met enige optics op hom skiet?
As jy wil, sit sommer n foto op!
Re: 'n Bende vir Dubbels.
Posted: Sat Jan 03, 2015 12:38 pm
by VdWalt
Ek dink die draad is heeltemal oorbodig..... Haha! Hier gaan ek lekker porn kyk!
Re: 'n Bende vir Dubbels.
Posted: Sat Jan 03, 2015 3:46 pm
by kopskoot
Right, ek sal eerste gaan
1) 577 NE, Verney Carron.
Skiet tans 750 gr Woodleigh Softs en FMJ's @ 2050f/sek
Ek laai 136gr 365
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/45CB7BFA-8F1D-41FA-ACD3-89A7BE1ACF04_zpsxprlj3xl.jpg
2) 500 NE, Verney Carron
Onlangs eers gekoop, en nog nie n lesensie nie
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/C41B3BFE-FF88-455C-ADAB-4139FE3032C2_zpsxrdxyqzw.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/35E8A62F-13FC-4B4F-ADFC-1DBB32F1C76E_zpsghpbn1em.jpg
3) 470 NE, Verney Carron , ook eers onlangs bekom, en wag vir lesensie
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/E46B4474-74CF-4CB1-8F75-870FD8A8BB5E_zpszrvykkgi.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/BD977FCB-C164-44E5-B448-75864B8D9028_zps04uhidzo.jpg
My oë is nog taamlik goed, en ek is nie huidiglik van plan om enige optic op hulle te monteer nie, maar indien ek moet, sal ek heel waarskynlik kyk na n reddot sight!
Ek is ook baie tevrede met die Woodleighs en sal hulle waarskynlik in al drie gebruik
Re: 'n Bende vir Dubbels.
Posted: Sat Jan 03, 2015 4:26 pm
by VdWalt
Hel dit is mooi!
Re: 'n Bende vir Dubbels.
Posted: Sat Jan 03, 2015 4:31 pm
by alecjohnson
Ek begeer 'n dubbel 470NE Merkil, maar sal nooit een kan kop nie. Tel dit?
Re: 'n Bende vir Dubbels.
Posted: Sat Jan 03, 2015 4:54 pm
by DWB
Die lys gaan seker nie vreeslik lank wees nie?
1. Kopskoot
2. Karl Stumpfe
3. 470Rigby
4. ANDRIES
5. Kallie404
6. welver
Dis die waarvan ek weet
Re: 'n Bende vir Dubbels.
Posted: Sun Jan 04, 2015 8:20 pm
by JPS
Bitter mooi roere daardie, glo die sal die mees eksklusiewe Bende wees...
Re: 'n Bende vir Dubbels.
Posted: Sun Jan 04, 2015 10:26 pm
by ruaanb
Wil net weet wat doen 'n man om sommer 3 ne's in die kluis te sit.....eish eendag
Re: 'n Bende vir Dubbels.
Posted: Sun Jan 04, 2015 10:31 pm
by Finfan
Baie netjies Ronald!
Re: 'n Bende vir Dubbels.
Posted: Sun Jan 04, 2015 11:11 pm
by Sako75
9.3x74mm Tikka Marocchi 412 Over/Under
270gr Speer Koeels
Met ejectors
1,5-6x42 Swarovski teleskoop
Droom oor n 450/400 Engelse dubbel
Re: 'n Bende vir Dubbels.
Posted: Mon Jan 05, 2015 6:55 am
by DWB
Jammer Danie! Kon nie onthou of joune enkel of dubbel was nie!
Ruaan, hou die middel blaaie van Glam Guru se tydskrif dop dan sal jy sien wat doen Kopskoot. ...
Nou gaan almal my seker vra hoe weet ek

Re: 'n Bende vir Dubbels.
Posted: Mon Jan 05, 2015 7:49 am
by martinf
Is nou nie deel van die bende nie maar dink al die ander manne moet ook maar fotos plaas ter bevestiging. Mooi bly darrem mooi.
Re: 'n Bende vir Dubbels.
Posted: Mon Jan 05, 2015 8:02 am
by FCLoretz
Nissan Hardbody 3.0 TDi DUBBEL kajuit. Gooi net Sasol se 10ppm Diesel
Re: 'n Bende vir Dubbels.
Posted: Mon Jan 05, 2015 8:04 am
by 470rigby
Dankie dat julle my indesit het!
Sal graag wil fotos plaas, maar is rekenaar "challenged"
Verduidelik asb vir my in eenvoudige terme iemand......
Re: 'n Bende vir Dubbels.
Posted: Mon Jan 05, 2015 8:43 am
by Geno
Oom Andrew,
(CLICK OP PRENTJIES OM GROTER TE MAAK)
1: Skep 'n rekening by
http://www.photobucket.com
As jy reeds een het, log in op hom.
2: Click op "UPLOAD"
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Tutorial/Photo/1.JPG
3: Click op "Choose photos & videos"
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Tutorial/Photo/2.JPG
Navigeer deur jou rekenaar tot by die fotos wat jy wil oplaai.
Kies die foto en dubbelclick hom, en as dit slegs 1 foto is, selekteer die lot, en click op "Open"
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Tutorial/Photo/3.JPG
Jou fotos sal opgelaai wees in Photobucket, dan lyk hulle so:
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Tutorial/Photo/4.JPG
Click op "View Uploads"
Die skerm sal dan so lyk:
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Tutorial/Photo/5.png
Hou jou muis oor 'n foto wat jy op die forum wil sit, en click op die rat wat regs bo in die foto verskyn.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Tutorial/Photo/6.png
Kies die "GET LINKS" opsie.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Tutorial/Photo/7.JPG
Click op "DIRECT LINK". Hy behoort automaties te copy, soos hier:
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Tutorial/Photo/8.png
Kom dan forum toe, en click op "IMAGE". Dit sal hierdie hakkies plaas:
Paste dan nou die direct link na jou foto tussen die hakkies so (sonder die spasies tussen die link en die hakkies):
Code: Select all
[image]https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Tutorial/Photo/9.png[/image]
Foto behoort dan so te lyk:
http://i779.photobucket.com/albums/yy80/geno308/20131218_032837_zps26a49ca1.jpg
Groete,
Eugene
Re: 'n Bende vir Dubbels.
Posted: Mon Jan 05, 2015 8:56 am
by 470rigby
Ek gaan traai later vandag, baie dankie!
Re: 'n Bende vir Dubbels.
Posted: Mon Jan 05, 2015 8:57 am
by kopskoot
Geno
Sy foto's sal nie so' lyk nie. Daai man jag nie jakkalse met sy Engelse dubbels nie

Re: 'n Bende vir Dubbels.
Posted: Mon Jan 05, 2015 9:02 am
by kopskoot
Sako75 wrote:9.3x74mm Tikka Marocchi 412 Over/Under
270gr Speer Koeels
Met ejectors
1,5-6x42 Swarovski teleskoop
Droom oor n 450/400 Engelse dubbel
Hi Danie
Dit klink na n interesante geweer. Nie geweet Tikka maak n dubbel nie. Sit bietjie n paar fotos op!
Groete
Re: 'n Bende vir Dubbels.
Posted: Mon Jan 05, 2015 9:04 am
by 470rigby
Dankie kopskoot! Ek doen dit, maar in die dag, met 'n 303
Re: 'n Bende vir Dubbels.
Posted: Mon Jan 05, 2015 1:18 pm
by DWB
470rigby wrote:Dankie kopskoot! Ek doen dit, maar in die dag, met 'n 303
En oop visier op 350m in groot tree gemeet

Re: 'n Bende vir Dubbels.
Posted: Mon Jan 05, 2015 1:34 pm
by Johan van Wyk
En oop visier op 350m in groot tree gemeet
Net as hy onthou om sy sterk bril in te pak...
Re: 'n Bende vir Dubbels.
Posted: Tue Jan 06, 2015 6:45 am
by 470rigby
Julle pik op my.....
Gaan vandag die foto ding doen, groot dag in my lewe, gaan nuwe tegnologie bemeester. Dit vat baie min om ons dom ouens tevrede te hou
Re: 'n Bende vir Dubbels.
Posted: Tue Jan 06, 2015 7:11 am
by Thunderhead
Ek het n Baikal 45 70 dubbel gekoop wag vir license. Ek gaan 350gr Ken STEWARDS teen so 1850fps probeer het baie lekker geskiet in n Marlin dop die wild sommer om.
Re: 'n Bende vir Dubbels.
Posted: Tue Jan 06, 2015 9:24 am
by Dries101
470rigby wrote:Julle pik op my.....
Gaan vandag die foto ding doen, groot dag in my lewe, gaan nuwe tegnologie bemeester. Dit vat baie min om ons dom ouens tevrede te hou
Stuur maar net n paar Magnum voorblaaie deur- ons sal die idee kry (-,
Re: 'n Bende vir Dubbels.
Posted: Tue Jan 06, 2015 12:26 pm
by Sako75
My beskeie dubbel