Page 1 of 1
Groot karp tyd!
Posted: Thu Apr 07, 2011 8:32 am
by Geno
Manne/maninne,
Waar beplan julle om die winter te hengel?
Die vis is baie stadiger om te byt, maar as hy vat, is dit gewoonlik mooies!
Ek gaan probeer om die 10kg merk oor te steek die jaar

Ek het verlede winter 'n 9,1kg karpie gevang....
Kom ons gesels bietjie hier ook.
Groete,
Eugene.
Re: Groot karp tyd!
Posted: Thu Apr 07, 2011 10:11 am
by Stefan764
Geno
As jy my soek, eks onder die Geweer en Herlaai afdelings....
Stef
Re: Groot karp tyd!
Posted: Thu Apr 07, 2011 4:30 pm
by JPS
Geno,
Sorry maat moet met Stef saamstem tyd om daai stokke vir die vuurstokke te begin bere......
Hier is juis in JHB so bytjie in die lug die laaste drie dae
Ai winter is darrem maar lekke..Groete
JP
Re: Groot karp tyd!
Posted: Fri Apr 08, 2011 7:35 am
by whisper
Gene, kom af Natal toe, dis tog n bietjie warmer as jy heel aan wil deursit vir n groot ou karpie ............. ongelukkig sal jy ook nie vir my kry nie, want ek sal ook erens bo in n berg wees, met roer in hand, sorry ou maat! Visvang 2 naweke n maand (kompetisies), skiet die ander twee!

Op n ernstige noot, het hulle mooi vis by Buffels poort laas winter gekry, het ek by n ou gehoor...................
Pretty walk.
Whisper.
Re: Groot karp tyd!
Posted: Fri Apr 08, 2011 7:39 am
by Geno
Boys,
Wie van julle kan bekostig om ELKE naweek in die winter te jag?
Ek weet ek kannie......
Dis maar hoekom ek so af en toe bietjie visvang ook.
Groete,
Eugene
Re: Groot karp tyd!
Posted: Fri Apr 08, 2011 8:07 am
by Gerhard
Winter tyd...
Tyd vir ...
Vleig stok in die hand jag vir daai 10# forel.
Boog jag vir daai kudu of eland bul
Geweer agter die jakkalse aan
Hael geweer vir fisante en tarrentale en n bosduif of 10...
Wens net ek kan permanent uit JHB kom... lol
Re: Groot karp tyd!
Posted: Fri Apr 08, 2011 10:36 am
by JvB
Geno,
Nou waar gaan jy probeer om daardie mooi grote te vang. Ek dink ook daaraan om te gaan probeer. Ek het jare laas in die winter gehengel. 'n vriend van my hengel gereeld Roodeplaat, so hy ken die dam. Ek sal daar gaan probeer.
JvB
Re: Groot karp tyd!
Posted: Fri Apr 08, 2011 10:37 am
by Geno
JvB,
Ek vang sommer by die huis langs Harties, ons haal mooi vis uit.
Jy's welkom om my te join vir 'n paar sessies.
Groete,
Eugene
Re: Groot karp tyd!
Posted: Fri Apr 08, 2011 11:12 am
by JvB
Geno,
Ek weet Harties het mooi vis, want my oom vang net daar en hy vang 50 plus vis vir 'n naweek dan wissel dit van 1kg tot 6kg.
Dit sal lekker wees, Harties is nie ver nie. Jy moet net skree wanneer jy gaan.
JvB
Re: Groot karp tyd!
Posted: Sat Apr 09, 2011 8:16 am
by KLASIE
ons beplan twee hengeluitstappies een na dooringdraai dam daar kom groot karpe uit en jou 10kg sal jy gemaklik daar oorsteek, die ander plek wat julle kan probeer is klaserie dam daar moet jy net genoeg tyd he die hengel kan maar stadig wees maardaar is baie groot vis, ons ander trip is na rondevlei in die kaap daar is ook mooi vis daar
Re: Groot karp tyd!
Posted: Sat Apr 09, 2011 11:08 am
by henslin
Die Tzaneendam ( Fanie Botha ) gee die laaste tyd ook nie slegte opbrengste nie. Heelwat 13Kg plus karpe die laaste paar jare uitgekom. Die afgelope tyd is hulle maar stil - weersttoestande ens. Nie 'n slegte opsie nie.
Re: Groot karp tyd!
Posted: Sat Apr 09, 2011 12:37 pm
by Christo Els
ek wens hier in upt wil die rivier sak na normaal toe. dan kan ons ook ietsie gaan vang
Re: Groot karp tyd!
Posted: Mon Apr 11, 2011 8:26 am
by Frederik
KLASIE wrote:
ons beplan twee hengeluitstappies een na dooringdraai dam daar kom groot karpe uit en jou 10kg sal jy gemaklik daar oorsteek, die ander plek wat julle kan probeer is klaserie dam daar moet jy net genoeg tyd he die hengel kan maar stadig wees maardaar is baie groot vis, ons ander trip is na rondevlei in die kaap daar is ook mooi vis daar
My grootse dus ver kom uit Klaserie uit 12.7 kg wil die 30 pond grens nog breek maar ek het paar vissies in die 12kg ook by Fanie Botha ook al uitgetrek.
Met genoeg tyd grondvoer en lekker kano sal 'n mens kan lekker regkom.
Re: Groot karp tyd!
Posted: Wed Apr 13, 2011 5:15 pm
by Vriendin
JPS wrote:
Geno,
Sorry maat moet met Stef saamstem tyd om daai stokke vir die vuurstokke te begin bere......
Hier is juis in JHB so bytjie in die lug die laaste drie dae
Ai winter is darrem maar lekke..Groete
JP
Niks lekkerder as winter hengel nie. Geen goggatjies of goetertjies wat byt behalwe die vis nie. Wanneer daai grote eers aan die lyn is, voel mens nie eers die koue nie.
Re: Groot karp tyd!
Posted: Mon May 09, 2011 12:55 am
by frankieb
KLASIE wrote:
ons beplan twee hengeluitstappies een na dooringdraai dam daar kom groot karpe uit en jou 10kg sal jy gemaklik daar oorsteek, die ander plek wat julle kan probeer is klaserie dam daar moet jy net genoeg tyd he die hengel kan maar stadig wees maardaar is baie groot vis, ons ander trip is na rondevlei in die kaap daar is ook mooi vis daar
ek ken rondevlei maar waar is daai ander twee damme
Re: Groot karp tyd!
Posted: Mon May 09, 2011 8:44 am
by Geno
Frankie,
Doorndraai is in limpopo, en Klaserie is naby Hoedspruit.
Re: Groot karp tyd!
Posted: Mon May 09, 2011 1:10 pm
by Beyers
Die visgeweer word nou in garage dak gehang. Vleis messe jag toerusting uitgekrap.
Beyers
Re: Groot karp tyd!
Posted: Mon Sep 22, 2014 9:42 am
by BLOK
Geno wrote:Boys,
Wie van julle kan bekostig om ELKE naweek in die winter te jag?
Ek weet ek kannie......
Dis maar hoekom ek so af en toe bietjie visvang ook.
Groete,
Eugene
Ek wonder sommer skiet jy nou nie meer elke naweek nie en vang jy steeds nog meer vis in die winter as jag haha
Re: Groot karp tyd!
Posted: Mon Sep 22, 2014 10:30 am
by RUPERT
Geno kon jy toe al jou 10kg record breek?