Page 1 of 1
Bass NFS
Posted: Mon Jan 05, 2015 12:20 pm
by Roger
Hi,
Ek wil graag biejtie gaan bass vang. Waar in die noord Vrystaat sal ek n lekker plekkie kan kry?
Vir n dag of naweek, nie n probleem nie.
Groete en voorspoed vir 2015!!
Re: Bass NFS
Posted: Mon Jan 05, 2015 8:22 pm
by Roger
NW klerksdorp/potch area?
Re: Bass NFS
Posted: Mon Jan 05, 2015 8:36 pm
by henried
Potch en Klerksdorp dam.
Re: Bass NFS
Posted: Mon Jan 05, 2015 9:39 pm
by Roger
Dankie.
n Naam of kontak asb? Is dit n oord?
Re: Bass NFS
Posted: Tue Jan 06, 2015 7:43 am
by henried
Roger wrote:Dankie.
n Naam of kontak asb? Is dit n oord?
Ja dis oorde, google net die dam name en jy sal detail kry.
Re: Bass NFS
Posted: Tue Jan 06, 2015 7:45 am
by FCLoretz
Gaan ek 'n invite kry?
Re: Bass NFS
Posted: Tue Jan 06, 2015 8:31 am
by henried
My swaer het Klerkdorp dam verlede week probeer, die vlak is laag en hy het van die kant gevang. Agv die vlak het ek en die seuns eerder die rivier aan gevat.
Ek het nog nie in Potch dam gevang nie, maar ons buurman het baie mooi bass daar gevang oor die jare.
Re: Bass NFS
Posted: Tue Jan 06, 2015 10:23 am
by Roger
Dankie julle
Fred jys altyd welkom!
Re: Bass NFS
Posted: Tue Jan 06, 2015 10:29 pm
by Baasvark
Hi Roger,
Ek sien jy is net oor die bult van my af! Ons moet een dag bymekaar uitkom.
Glo dit of nie maar ek verstaan dat Erfenis dam bass het! Dit onlangs by 'n Oom gehoor wat al jare karp daar vang maar gesien het die manne haal bass daar uit.
Dan het die sandrivier in Virginia ook mooi bass. Jy kan by Tikwe lodge ingaan.
Jy weet seker van die dam by Corobrick? Nog nooit self daar gevang nie maar ek hoor die manne vang daar. Weet net nie of hulle dit met toestemming doen nie...
Groete.
Re: Bass NFS
Posted: Wed Jan 14, 2015 7:28 pm
by Roger
Baasvark wrote:Hi Roger,
Ek sien jy is net oor die bult van my af! Ons moet een dag bymekaar uitkom.
Glo dit of nie maar ek verstaan dat Erfenis dam bass het! Dit onlangs by 'n Oom gehoor wat al jare karp daar vang maar gesien het die manne haal bass daar uit.
Dan het die sandrivier in Virginia ook mooi bass. Jy kan by Tikwe lodge ingaan.
Jy weet seker van die dam by Corobrick? Nog nooit self daar gevang nie maar ek hoor die manne vang daar. Weet net nie of hulle dit met toestemming doen nie...
Groete.
Klink goed. PM my asb jou cell nr.
Roger!