Page 1 of 30

Jakkalse vir 2015

Posted: Wed Jan 07, 2015 11:59 am
by Abrie Smit
Geseënde jaar vir julle almal. Tripod en Cobus , kom ons kyk hoe die topic loop. Dalk verras die manne.
Net 'n voorstel van my kant af. Probeer om 'n foto ook te post van die jakkalse en katte wat geskiet word. En vertel bietjie meer van die omgewing ook waar geskiet is, bv Suide van Namibia of Kalahari in die Noordkaap, ens. Ek het ook al geskiet maar sal later die getal en foto opsit en ek het gehoor SP en Jason het ook al amok gemaak.

Mooi dag

Re: Jakkalse vir 2015

Posted: Wed Jan 07, 2015 12:38 pm
by Abrie Smit
Saterdag aand by my skoonpa die vier geskiet. Hy is so 80 km Noord - Wes van Upington.

Re: Jakkalse vir 2015

Posted: Wed Jan 07, 2015 8:15 pm
by HennieC
Ek het 3 Januarie so 30km van Sasolburg in die Heilbron rigting geskiet.
Het darem 2 laat bakkie ry. Reun van 2 jaar en reun van 6 jaar oud.

http://i1305.photobucket.com/albums/s554/henniec/utf-8BSU1HLTIwMTUwMTA0LTAwODk4LmpwZw_zps1aa8f9d6.jpg

Kom ons kyk of ons die post aan die gang kan hou.

Re: Jakkalse vir 2015

Posted: Sun Jan 11, 2015 7:15 pm
by Marius marais
Die twee tewe het in tussen poses van 3-5 dae gevang,die laaste lam is net dood gebyt.Hulle is in die Frankfort omgewing geskiet

Re: Jakkalse vir 2015

Posted: Sun Jan 11, 2015 7:22 pm
by Marius marais
Hierdie twee reuns is met dagroep naby Potchefstroom geskiet.Hierdie mane het n kalfie plat getrek

Re: Jakkalse vir 2015

Posted: Sun Jan 11, 2015 8:53 pm
by SakoTrippel2
Yes manne eks maar niet op die Forum soo ek kyk maar waar ek kan by dra.
Hierdie 4 is Donderdag so 3:20 am Petrusburg omgewing geskiet. Was n span jonges. 223 53gr vmax Image

Re: Jakkalse vir 2015

Posted: Sun Jan 11, 2015 8:57 pm
by SakoTrippel2
Die 2 Saterdagg Harrismith omgewing gekap. Ook dom jonges. 222 55gr vmax Image

Re: Jakkalse vir 2015

Posted: Sun Jan 11, 2015 9:13 pm
by James Wilson
Sako 222. Ek hetjou fotos reggemaak. Welkom by ons en geniet. Net n tip: as jy die foto plaas kyk dat daar n spasie is na die laaste woord in jou sin en die link na die image. Dan sal jou fotos wys.

Nogmaals welkom

Re: Jakkalse vir 2015

Posted: Sun Jan 11, 2015 9:41 pm
by SakoTrippel2
Ag baie dankie James...ek wou se iets is nie lekker nie

Re: Jakkalse vir 2015

Posted: Sun Jan 11, 2015 11:17 pm
by Cobus(Cobb)
Ek en Dewie het Vrydag aand 4 geskiet, net 3 opgetel, reen het ons vinnig laat oppak so half een....geen fotos nie..die 3 opgeteldes was jonges.

Re: Jakkalse vir 2015

Posted: Mon Jan 12, 2015 3:15 pm
by platjak
13 in 5 aande...g'n wonder die skaap en sprongbokke hou nie

Re: Jakkalse vir 2015

Posted: Tue Jan 13, 2015 8:38 pm
by Ian
Gisteraand - "Eerste aand uit vir die jaar".

Re: Jakkalse vir 2015

Posted: Wed Jan 14, 2015 12:05 am
by SakoTrippel2
Daas net een goeie jakkals en dis n dooie een. Well done

Re: Jakkalse vir 2015

Posted: Fri Jan 16, 2015 9:35 am
by rikus
more jagter
ek het dinsdagaand 12 geskiet almal was jongjakkalse net een groot teef
net jammer ek kan fotos oplaai nie
alles was amper met die fluiti in geroep
dit is so 20km van Nieuwoudtvile af geskiet

Re: Jakkalse vir 2015

Posted: Fri Jan 16, 2015 12:11 pm
by Dolf014
Net toe ek vin Ian wil vra of dit nie rekord is om 9 jakke in 1 aand te skiet nie, toe lees ek van Rikus se 12 wat hy op 1 aand skiet.

Ek is nie 'n jak jagter nie; nou wil ek weet; wat is die rekord getal jakke wat jy in 1 nag geskiet het??

Re: Jakkalse vir 2015

Posted: Fri Jan 16, 2015 12:40 pm
by rikus
Dolf014
dit is my beste ooit vir ander jagters is dit seker normaal
hier in my valley moet jy dankie se as jy 1 tot 3 kry die aand kry

Re: Jakkalse vir 2015

Posted: Fri Jan 16, 2015 12:46 pm
by Vaaljas
Beste aand was 10 ..Boshoff distrik .. April maand .. 5 van hulle op een staanplek...daai ronte het ek gewen...lol

Re: Jakkalse vir 2015

Posted: Sun Jan 18, 2015 2:51 pm
by Vaaljas
Die naweek het daar darem 8 bakkie gery vir die twee aande. Nog een raak geskiet maar het weggekom die dik bos in...wat die lekkerste was is dat al 8 wat saamgery het tussen 2 en 3 jaar was...net die kwes een kom ek sien was jong jakkie gewees ..6 reun en 2 tewe ...haas en social roep het die meeste laat val maar die jakkies het eers baie laat begin saamgesels ..stil gewees tot in vroee oggend ure ..more aand probeer ons maar weer....

Lekker jag...

Re: Jakkalse vir 2015

Posted: Sun Jan 18, 2015 2:53 pm
by Henrie_270
Hallo

Het eergisteraand so 2 jonges by ons buurman laat val.

Groete

Re: Jakkalse vir 2015

Posted: Sun Jan 18, 2015 3:12 pm
by Heinz Petersen
Ek was gister aand uit en het by buurman gaan skiet. Ek was nege uur op my staanplek. Die hele nag tot net na vier het ek net drie hasies gesien. Die veld was leeg, niks het terug geroep of n oog gewys nie. Dit was nog die ergste wat ek al beleef het.
Het julle dit ook al beleef?

Re: Jakkalse vir 2015

Posted: Sun Jan 18, 2015 7:18 pm
by rikus
Ja Heinz
daar sal nie wees nie want hy het alklaar alles dood geskiet
wag net tot daar weer nuwe jakkalse inkom dan skiet jy weer
n klomp

Re: Jakkalse vir 2015

Posted: Sun Jan 18, 2015 10:15 pm
by nightro suppressors
Sover 35 jakke en een rooikat vir die jaar . Is die week weer uit sal fotos later goou.



Groete

Re: Jakkalse vir 2015

Posted: Mon Jan 19, 2015 8:31 am
by platjak
Vrydagaand se werk.

Re: Jakkalse vir 2015

Posted: Tue Jan 20, 2015 9:13 am
by henrygriffiths
ek en my buurman se eerstes vir 2015,

http://i1063.photobucket.com/albums/t510/henrygriffiths1/Mobile%20Uploads/EFF11A7B-5296-4BF5-8419-4253D234D75B.jpg

Re: Jakkalse vir 2015

Posted: Tue Jan 20, 2015 9:23 am
by Riaan Kriel
Dolf014 wrote:Net toe ek vin Ian wil vra of dit nie rekord is om 9 jakke in 1 aand te skiet nie, toe lees ek van Rikus se 12 wat hy op 1 aand skiet.

Ek is nie 'n jak jagter nie; nou wil ek weet; wat is die rekord getal jakke wat jy in 1 nag geskiet het??
Die Nam-manne sal seker die rekord hou. Myne is 21 wat opgetel is met nog 'n paar gekwes vir een aand. Dit was in Groot-Marico omgewing