Page 1 of 1

KZN OPE 2015

Posted: Thu Jan 08, 2015 6:31 am
by Reggie Gerber
Die KZN Ope sal die jaar weer by Verkykerskop gehou word op 7 Feb.

Meer info kan op die SA Jaggeweerskiet Vereeneging se web blab verkry word.

Almal is welkom om n dag van papier bokke en gongs te kom skiet.

Sien julle Jaracal manne daar.

Re: KZN OPE 2015

Posted: Thu Jan 08, 2015 6:51 am
by BennieO
Dit klink na net die geleentheid om my nuwe Teleskoop uit te toets.

Re: KZN OPE 2015

Posted: Thu Jan 08, 2015 7:43 am
by Flip Fouche
Reggie

Ons uit Noordwes sien julle weer.

Flip

Re: KZN OPE 2015

Posted: Fri Jan 09, 2015 9:50 am
by Wattlegrove
Goeiedag Reggie

Is dit oop vir toeskouers? Ek sal graag bietjie meer wil sien van die jaggeweerskiet en aangesien dit nou hier op my voorstoep is, dink ek dis die ideale geleentheid. Ek het probeer kyk op die website maar inligting is maar min.

Groete

Re: KZN OPE 2015

Posted: Fri Jan 09, 2015 2:17 pm
by Reggie Gerber
Wattlegrove

Dit is oop vir toeskouers ja. Ek sou voorstel jy bring n stel oormowwe en n hoed en kom geniet die dag saam.

Re: KZN OPE 2015

Posted: Fri Jan 09, 2015 2:20 pm
by Kalahari
Julle moet dit geniet Reggie en kom vertel asb vir ons hoe dit gegaan het.

Voorspoed

Re: KZN OPE 2015

Posted: Fri Jan 09, 2015 3:19 pm
by Reggie Gerber
Dankie Maat Ons maak so

Re: KZN OPE 2015

Posted: Fri Feb 06, 2015 5:50 am
by Flip Fouche
Ons vertrek nou uit die Noord wes.Sien julle daar.

Groete

Flip

Re: KZN OPE 2015

Posted: Fri Feb 06, 2015 9:21 am
by Reggie Gerber
Manne ek gaan ongelukkig nie die skiet kan bywoon nie agv Beurt krag en n paar ander dinge buite my beheer.

Mag julle dit geniet en lekker skiet

Groete

Re: KZN OPE 2015

Posted: Fri Feb 06, 2015 9:44 am
by BennieO
Ai, ek het so uitgesien na nog 'n skiet maar gaan dit ook nie maak nie. Sal probeer om by Tophok se skiet te wees.

Re: KZN OPE 2015

Posted: Fri Feb 06, 2015 11:51 am
by Umshwati Boy
KZN ope wat in die Vrystaat plaasvind :o

Re: KZN OPE 2015

Posted: Fri Feb 06, 2015 12:18 pm
by Hein22
Reggie Gerber wrote:Manne ek gaan ongelukkig nie die skiet kan bywoon nie agv Beurt krag en n paar ander dinge buite my beheer.

Mag julle dit geniet en lekker skiet

Groete
Reggie, werk jou roer dan met krag? Of jou kar?

Re: KZN OPE 2015

Posted: Fri Feb 06, 2015 2:39 pm
by Reggie Gerber
Ongelukkig as die oonde nie draai nie is daar nie kos vir die roer of motor nie ;D

Re: KZN OPE 2015

Posted: Sun Feb 08, 2015 8:16 pm
by Kalahari
Naand manne.

Enige terugvoering oor die twee kompetisies van die naweek miskien.....? Ek is dalk te vroeg, die manne arriveer seker ook nog by hulle bestemmings.
Net nuuskierig om te hoor hoe die nuwe teikens ervaar is en die "scores" was.

Voorspoed

Re: KZN OPE 2015

Posted: Sun Feb 08, 2015 9:27 pm
by Hein22
Naandsê,

Die skiet was baie lekker, die dag warm en met tye bietjie winderig.

Baan 1 - naby gong baan wat die verste gong seker so 280m. Die rus was sout sakke waaroor jy kon kniel of sit as jy lank genoeg was.
Baan 2 - gong baan waar die verste gong so 310m was. Die rus was aluminium driepoot waar jy kon sit kniel of staan.
Baan 3 - vêr gong baan met meeste rondom 300m en die verste so 350m. Moeilikke en bedrieglikke wind in die middel van die dag en baie skut baie punte verloor op hierdie baan.
Baan 4 - blesbok op so 275m. Lê oor sand wal. Niks snaaks hier nie.
Baan 5 - jakkals op so 230m sou ek skat. Skiet oor bale met 60sek vir 5 skote. Bale het baie beweeg soos die ander skut oorhaal en beweeg en ek het dit maar mooi moes time om my skote te breek.
Baan 6 - vlakvark op so 175m. Staan en skiet met daai snaakse stokke wat die geweer voor en agter op rus.

Wen score was 835 as ek reg onthou. Baie van die kop skoot tellings was die 25 na 30.1 verander. Res van die lyf skoot tel areas het gebly soos op die nuwe teikens.

Baie lekker maar vir my was dit maar 'n slegte begin vir die jaar wat scores aanbetref. Hoop maar NW gaan beter.

Re: KZN OPE 2015

Posted: Sun Feb 08, 2015 10:43 pm
by Kalahari
Dankie Hein, klink vir my heel lekker en die wen score is ook baie goed.

Interessant vir my is die skiet posisies en tipe stokke wat gebruik is, iets wat jy vorentoe weer in 'n oefening kan gebruik.

Voorspoed

Re: KZN OPE 2015

Posted: Mon Feb 09, 2015 6:24 am
by Nico Harris
Wie het die wen score geskiet?

Re: KZN OPE 2015

Posted: Mon Feb 09, 2015 7:59 am
by Hein22
Jacques Obermeyer

Re: KZN OPE 2015

Posted: Mon Feb 09, 2015 8:27 am
by Geno
Het Stefaans daar uitgekom, of sit hy nog?

https://scontent-a-ams.xx.fbcdn.net/hphotos-xfa1/v/t1.0-9/1907461_10152612926716994_2516570879167419496_n.jpg?oh=9dbbe6dca183846f9fbc01bfe1c9b867&oe=5549A342

Re: KZN OPE 2015

Posted: Mon Feb 09, 2015 8:28 am
by Eugene
Swaar dag as 'n Ford 'n CRUISER uit die moeilikheid uit moet sleep..... >:D

Re: KZN OPE 2015

Posted: Mon Feb 09, 2015 8:29 am
by Geno
Eugene wrote:Swaar dag as 'n Ford 'n CRUISER uit die moeilikheid uit moet sleep..... >:D

Ek dog die Cruiser stoot die Ford...

Re: KZN OPE 2015

Posted: Mon Feb 09, 2015 8:33 am
by DWB
Hahahahaha Stefaans se gesig sê alles..... En natuurlik die smile op die ou by die Ford sin ook :D

Re: KZN OPE 2015

Posted: Mon Feb 09, 2015 8:34 am
by Eugene
Ek het gehoor Stefaans het vir 'n engelse dame 'n geleentheid terug stad toe gegee en by daai T-aansluiting regs gekyk en in sy beste Wes-Transvaalse engels vir haar gevra: "Is your kant clean?"....

Toe klap sy vir Stefaans tot in die sloot, maar ongelukkig het hy nog sy sitplekgordel aangehad....

Re: KZN OPE 2015

Posted: Mon Feb 09, 2015 8:35 am
by BRNO (Pierre)
Eugene wrote:Ek het gehoor Stefaans het vir 'n engelse dame 'n geleentheid terug stad toe gegee en by daai T-aansluiting regs gekyk en in sy beste Wes-Transvaalse engels vir haar gevra: "Is your kant clean?"....

Toe klap sy vir Stefaans tot in die sloot, maar ongelukkig het hy nog sy sitplekgordel aangehad....
++>: ++>: ++>: ++>: ++>:
Arme ford man. Daai Ranger was nog nooit so vinnig nie.