Page 1 of 2

Biggest Barnes Sale in History

Posted: Fri Jan 16, 2015 4:01 pm
by Safari Outdoor
Hi Manne

Vir die BARNES manne, nou kan julle koop teen OU OU OU pryse! Julle sal nie gou weer hierdie pryse sien nie.
Koop nou vir die jagseisoen. Geen verskoning om hierdie jaar te se "Ek kry nie Barnes nie"

Van ons aan julle, 8905 pakkies Barnes koeels.

Klik hier om die lys af te laai:
http://zaimages.gmimage3.com/za_members ... le%202.pdf

Groete

Re: Biggest Barnes Sale in History

Posted: Fri Jan 16, 2015 4:23 pm
by Riebeeker
Willem, klein foutjie op die pryslys - JHB is twee keer op en STB is nie daar nie.

Re: Biggest Barnes Sale in History

Posted: Fri Jan 16, 2015 4:30 pm
by Arnold
Nou is dit skep terwyl die pap val :)

Re: Biggest Barnes Sale in History

Posted: Fri Jan 16, 2015 5:04 pm
by Safari Outdoor
Die derde kolom is Stellenbosch

Re: Biggest Barnes Sale in History

Posted: Fri Jan 16, 2015 5:57 pm
by Stefan764
Willem, jy moet ons vertel voor jy sulke goed plaas, moet self nog koele kry vir die jagseisoen!!

Re: Biggest Barnes Sale in History

Posted: Fri Jan 16, 2015 6:05 pm
by ruaanb
Access denied as ek op daai link click

Re: Biggest Barnes Sale in History

Posted: Fri Jan 16, 2015 6:59 pm
by Tiny Hunter
Oom Ruan myne het ook so gemaak oor Tapatalk.. Toe ek hom deur die internet oop maak toe werk hy!

Re: Biggest Barnes Sale in History

Posted: Sat Jan 17, 2015 5:29 am
by sako 30-06
Dis baie goeie pryse en darem het hulle baie .308 150gr.
Primers,barnes en ?.Moet mos in drie's koop anders voel dit nie reg nie.

Is daar nog n special oppad,wil nou nie tweekeer ry nie :laugh:

Re: Biggest Barnes Sale in History

Posted: Sat Jan 17, 2015 7:09 am
by Safari Outdoor
Stefan764 wrote:Willem, jy moet ons vertel voor jy sulke goed plaas, moet self nog koele kry vir die jagseisoen!!
Stefaans. Ek het self eers my koeeltjies eenkant gesit!

Re: Biggest Barnes Sale in History

Posted: Sat Jan 17, 2015 11:54 am
by Capt. Yoda
Toe ek nou die B sien toe val ek amper van my stoel af :-\

Re: Biggest Barnes Sale in History

Posted: Sat Jan 17, 2015 12:41 pm
by Boomstomp
Die link werk nie meer nie, file is weg...

Re: Biggest Barnes Sale in History

Posted: Mon Jan 19, 2015 11:57 am
by Tollie
Hy sê vir my ook "Page not found".

Het iemand anders dalk die lys afgelaai?

Re: Biggest Barnes Sale in History

Posted: Mon Jan 19, 2015 3:29 pm
by Swede
Tollie wrote:Hy sê vir my ook "Page not found".

Het iemand anders dalk die lys afgelaai?
Kry hom ook nie afgelaai nie >:(

Re: Biggest Barnes Sale in History

Posted: Mon Jan 19, 2015 3:42 pm
by FCLoretz
Swede wrote:
Tollie wrote:Hy sê vir my ook "Page not found".

Het iemand anders dalk die lys afgelaai?
Kry hom ook nie afgelaai nie >:(
S&O se personeel het dalk alles klaar verkoop?

Re: Biggest Barnes Sale in History

Posted: Mon Jan 19, 2015 4:26 pm
by Wattlegrove
Sukkel al twee dae om dit oop te maak.

Re: Biggest Barnes Sale in History

Posted: Mon Jan 19, 2015 4:56 pm
by mva2912
Ek sou darem graag die .270 WSM wou sien daar!

Re: Biggest Barnes Sale in History

Posted: Mon Jan 19, 2015 7:08 pm
by Armand9
Loer onder 270. Hulle spoeg dieselfde pitte.

Re: Biggest Barnes Sale in History

Posted: Mon Jan 19, 2015 7:39 pm
by Wouter Roets
Willem

Ek kry ook geensins die link gelaai en hy se dieselfde as wat die ander manne hier se. Kry ook niks van die uitverkoping op julle webtuiste nie. Sal jy asb so gaaf wees om ons op die regte pad te sit nie.

Groetnis
Wouter

Re: Biggest Barnes Sale in History

Posted: Mon Jan 19, 2015 7:51 pm
by RudolphP
Ek het reggekom op hulle Facebook blad

Re: Biggest Barnes Sale in History

Posted: Tue Jan 20, 2015 7:24 am
by Geno
CLICK VIR GROTER

http://safari-and-outdoor.mabua.co.za/barnes_sale.jpg

Re: Biggest Barnes Sale in History

Posted: Tue Jan 20, 2015 7:30 am
by Stefan764
Dankie Geno

As Wouter nie so tegnologies gestrem was nie kon hy dit sommer reggestel het

Re: Biggest Barnes Sale in History

Posted: Tue Jan 20, 2015 9:00 am
by Capt. Yoda
Stefan764 wrote:Dankie Geno

As Wouter nie so tegnologies gestrem was nie kon hy dit sommer reggestel het

Hy was seker klaar oppad om al die Koels te gaan koop

Re: Biggest Barnes Sale in History

Posted: Tue Jan 20, 2015 9:19 am
by Geno
Stefan764 wrote:Dankie Geno

As Wouter nie so tegnologies gestrem was nie kon hy dit sommer reggestel het
As jy nie so besig was om self in die sale in te klim nie, kon jy die link Vrydag al reggemaak het. :D

Re: Biggest Barnes Sale in History

Posted: Tue Jan 20, 2015 10:08 am
by MichielC
Dankie S&O !!

Na Saterdag oggend is ek reg vir die seisoen, selfs op n geweer wat ek nog nie in my besit kon neem nie.

Re: Biggest Barnes Sale in History

Posted: Sat Jan 24, 2015 10:12 am
by Stefan764
My 375 Ruger staan ook reg, 60x pitte gelaai.

Nou moet ek net iewers n ou lotto'tjie wen dat ek 60x goeters kan platmaak die jaar. OK OK, so 54x goeters, moetseker bietjie iers die gun instel ook