Page 1 of 1

Lodge tipe plek waar ek mamma en kleinding heen kan vat

Posted: Mon Jan 19, 2015 6:46 pm
by Dries101
Hi ouens enige voorstelle vir n mooi plek waar ek die familie heen kan vat. Dit Is krities dat mamma daarvan hou aangesien sy helfte van my skietgoed finansier. Ek will graag n paar sessies insit en iets roer maar dan ook lekker saam met hulle kan kuier. Its met n bergfiets roete sal vir my mooi admin punte wen. Kom ons se 3 ure maksimum van Jhb

Groete

Re: Lodge tipe plek waar ek mamma en kleinding heen kan vat

Posted: Tue Jan 20, 2015 10:13 am
by Swede
Dries101 wrote: Ek will graag n paar sessies insit en iets roer maar dan ook lekker saam met hulle kan kuier.

Groete
Wat het jy in gedagte, dan kan ons beter advies voorsien

Re: Lodge tipe plek waar ek mamma en kleinding heen kan vat

Posted: Tue Jan 20, 2015 10:18 am
by Dries101
Saak nie maak nie- bos of vlakte. eks net nie lus vir n 8 dae te perd ry nie. En waar ek daai magiese balans van jag en familietyd kan vind..... moeilik glo ek

Re: Lodge tipe plek waar ek mamma en kleinding heen kan vat

Posted: Tue Jan 20, 2015 11:31 am
by Riaan Kriel
Ons het laas jaar net anderkant Nietverdiend gejag. Baie mooi bosveld plaas met vrystelling. Great chalets met swambad en 'n groot "kombuis" Charlet met sitkamer/eetkamer met een-rigting glas wat op dam uitkyk.

Daar is 3 verblyf kampe op die plaas, elkeen met ander vlak van gerief ens. Pryse was redelik billik. Ons was 3 jagters wat gesinne saamgevat het. Mamma en 3 dogters het redelik "aangedring" daarop dat hulle die jaar weer soontoe wil gaan ;)

Re: Lodge tipe plek waar ek mamma en kleinding heen kan vat

Posted: Tue Jan 20, 2015 12:06 pm
by Riaan Kriel
Mail gestuur vir jou Dries

Re: Lodge tipe plek waar ek mamma en kleinding heen kan vat

Posted: Tue Jan 20, 2015 12:12 pm
by Dries101
Dankie !

Re: Lodge tipe plek waar ek mamma en kleinding heen kan vat

Posted: Tue Jan 20, 2015 2:03 pm
by japievan
Duracell
As jy nie omgeen nie. Stuur die pryslys vir my ook asb. Japie@dlvafrica.co.za
Dankie

Re: Lodge tipe plek waar ek mamma en kleinding heen kan vat

Posted: Tue Jan 20, 2015 2:41 pm
by Riaan Kriel
japievan wrote:Duracell
As jy nie omgeen nie. Stuur die pryslys vir my ook asb. Japie@dlvafrica.co.za
Dankie
Mail gestuur vir jou ;)

Re: Lodge tipe plek waar ek mamma en kleinding heen kan vat

Posted: Tue Jan 20, 2015 3:14 pm
by gillie
na n vinnige google search...

http://www.mygrootfontein.com/#!activities/c4tz

sommer om die draai in Thabazimbi

Dink dit raak net moeilik as daar MTB'ers in die veld rondry wat gejag word... weet nie hoe werk die ouens in die link met hulle goed nie

Re: Lodge tipe plek waar ek mamma en kleinding heen kan vat

Posted: Fri Jan 23, 2015 10:51 am
by hendrikm
Duracell, kan ek dalk ook vra vir daai details asb. hendrikdm@gmail.com?

Re: Lodge tipe plek waar ek mamma en kleinding heen kan vat

Posted: Wed Feb 18, 2015 7:09 am
by vratvark
Duracell,

Ek sal dit hoog op prys stel as jy die inligting aan my ook kan aanstuur: jancodk@gmail.com

Velen Dank!

Re: Lodge tipe plek waar ek mamma en kleinding heen kan vat

Posted: Wed Feb 18, 2015 4:38 pm
by Giepie
Ek is ook opsoek na so tipe plek net vir my en Mamma vir die naweek 27-29 Maart, met dalk nog die volgende twee dae. Jag is nie nodig nie, maar sal graag bietjie wil rond ry met kar en/of mtb. Stuur maar vir my ook daardie inligting. Baie dankie.

Re: Lodge tipe plek waar ek mamma en kleinding heen kan vat

Posted: Thu Feb 19, 2015 8:43 am
by Riaan Kriel
Kerels jammer ek gaan julle teleur stel. Klink my die plek is reeds vol bespreek vir die jaar. Hulle wil reeds minder laat jag om meer aanteel te verseker. Ek hoor ook daar is reeds 'n waglys wat gekontak moet word as daar kansellasies is.

Groete

Re: Lodge tipe plek waar ek mamma en kleinding heen kan vat

Posted: Sun Jan 10, 2016 10:30 pm
by Ryperd
Duracell, kan jy asb jou pryse vir 2016 email na ryperd@gmail.com

Baie dankie

Herman

Re: Lodge tipe plek waar ek mamma en kleinding heen kan vat

Posted: Mon Jan 11, 2016 3:24 am
by tripodmvr
Dries, weet nie hoe die bergwereld jou aangryp nie. Holiday Club het 2 oorde - een by Sterkfontein (Kwantani) en een by Golden Gate (Kiara). Pragtige uitsigte en die rit vanaf Harrismith in daardie rigting is ook baie mooi. Winter of somer het sy bekoring. Vol,midweek breek of naweek is moontlik.

Re: Lodge tipe plek waar ek mamma en kleinding heen kan vat

Posted: Mon Jan 11, 2016 11:11 am
by RUPERT
Dries

Gaan kyk na SONDELA naby Bela Bela. Ek was gister daar en hel ek sal weer gaan. Baie om tedoen.

Groete