Page 1 of 1
Amie Venter - Hopetown
Posted: Tue Jan 20, 2015 5:18 pm
by win270
Wie van julle het al gaan jag by Amie Venter naby Hopetown? Wat is sy kontakbesonderhede en hoe was die ondervinding?
Hoop julle kan my help.
Baie dankie.
Re: Amie Venter - Hopetown
Posted: Tue Jan 20, 2015 5:21 pm
by tripodmvr
Dit is lekker jagwereld daar teen die Groot Rivier. Ons jagte by Peter Roux naby Witput was uitstappies wat ek nou nog onthou en koester. Springbokjag op die voet.
Re: Amie Venter - Hopetown
Posted: Wed Jan 21, 2015 7:00 am
by win270
Ja, dis 'n wye wêreld daardie en het sy unieke bekoring in die jagveld. Terloops, hoe ver is Peter Roux se plek van Amie Venter af? Ek praat onder korreksie, maar ek dink Amie se plaas staan bekend as Egerton Lodge. Sal graag wil hoor van die manne wat reeds daar gaan jag het.
Re: Amie Venter - Hopetown
Posted: Wed Jan 21, 2015 7:10 am
by tripodmvr
Weet nie of Peter nog die plaas het nie, maar die naam klink bekend. Gaan loer op Google. Plaas is 19km reg oos van Hopetown teen die rivier. Afdraai uit Witput - Orania pad is by Hello Koppie wat op Google aangebring is. Kamp plek is op die walle van die Oranje.
Re: Amie Venter - Hopetown
Posted: Thu Jan 22, 2015 9:00 am
by DRFS
tripodmvr wrote:Dit is lekker jagwereld daar teen die Groot Rivier. Ons jagte by Peter Roux naby Witput was uitstappies wat ek nou nog onthou en koester. Springbokjag op die voet.
Ek het self daar gejag vir amper tien jaar - fantasties
Jag Amie op dieselfde plaas ?
Ek sal graag weer wil gaan, het iemand dalk kontakbesonderhede/website of iets ?
Re: Amie Venter - Hopetown
Posted: Thu Jan 22, 2015 1:35 pm
by win270
Komaan manne, help ons asb met Amie Venter se kontakbesonderhede daar naby Hopetown.
Dankie by voorbaat.
Re: Amie Venter - Hopetown
Posted: Thu Jan 22, 2015 8:17 pm
by kopskoot
Amie Venter (nul83) 379333sewe
Re: Amie Venter - Hopetown
Posted: Fri Jan 23, 2015 5:27 am
by win270
Baie dankie vir die nommer, Kopskoot.
Groete