Page 1 of 1

Donkerhoek gaste plaas Koes?

Posted: Fri Jan 23, 2015 12:19 pm
by M98mauser
Manne ek wil net weet of iemand van julle al hier gejag het?
Namibia is ver en n mens moet weet waarvoor jy jou inlaat,

Dankie byvoorbaat.

Re: Donkerhoek gaste plaas Koes?

Posted: Fri Jan 23, 2015 12:54 pm
by Kalahari
Ek ken die mense redelik goed, maar nie hoe die opset ens is nie. Wat ek wel kan sê: ek glo nie jy sal teleurgesteld terugkom by jou huis nie. Pragtige mense met die normale dosis Suid-wes gasvryheid wat jy sal ervaar.

Ek het al iewers gelees (ek kan nie onthou waar nie) dat die mense wat daar gejag het heeltemal tevrede was.

Voorspoed

Re: Donkerhoek gaste plaas Koes?

Posted: Thu Feb 05, 2015 10:55 am
by Rolf
Die Namibia jagte is steeds soos dit by ons baie jare terug was - jy kan maar net bespreek en ry, teleurstelling is nie eers n faktor nie, daar is gewoonlik baie wild en die manne doen moeite vir jou.

Re: Donkerhoek gaste plaas Koes?

Posted: Fri Feb 06, 2015 8:01 am
by Carl
Johan ek is nou nie meer seker nie is dit nie tannie Gerrie hulle se plaas nie? As dit is kan jy maar ry sy en oom Piet het 'n baie mooi plek en daar is verseker wild! Die besigheid loop ook mooi.

As dit nie hulle plaas is nie, dan weet ek nie ;)

Re: Donkerhoek gaste plaas Koes?

Posted: Fri Feb 06, 2015 8:06 am
by win270
Lees bietjie verder oor Donkerhoek hier . . .

http://jaracal.com/viewtopic.php?f=62&t ... ek#p161097

Re: Donkerhoek gaste plaas Koes?

Posted: Fri Feb 06, 2015 1:04 pm
by Kalahari
Carl wrote:Johan ek is nou nie meer seker nie is dit nie tannie Gerrie hulle se plaas nie? As dit is kan jy maar ry sy en oom Piet het 'n baie mooi plek en daar is verseker wild! Die besigheid loop ook mooi.

As dit nie hulle plaas is nie, dan weet ek nie
Heeltemal reg Carl, dit is hulle plaas. Hoekom ek sê wat ek sê...... ;)

Re: Donkerhoek gaste plaas Koes?

Posted: Mon Feb 09, 2015 7:54 am
by Carl
Nou ja daar het jy dit juweel mense en toe ons daar was, was daar baie baie bokke en genoeg jag plek.

Re: Donkerhoek gaste plaas Koes?

Posted: Sat May 02, 2015 2:34 pm
by Jurie
Donkerhoek is ons plaas, my Pa en Ma boer daar. dis waar ek die eerste my voete in die Kalaharie sand gedruk het en oor 4 weke maak ek weer so.
;D