Page 1 of 1
Musgrave RSA uitwerper
Posted: Mon Jan 26, 2015 7:52 pm
by hermaans
Dag manne ek wil graag hoor waar kan ek n uitwerper kry vir n plankgeweer nog std net scope op. Myne het n stukkie afgebreek. Lyk my jy moet die hele slotstop vervang.

Re: Musgrave RSA uitwerper
Posted: Mon Jan 26, 2015 9:08 pm
by NEGE3
Hermaans ek het gehoor dat Thor Engineering onderdele vir hierdie aksies aanhou. 0128020294
Re: Musgrave RSA uitwerper
Posted: Mon Jan 26, 2015 9:22 pm
by hermaans
Dankie NEGE3 ek sal hoor en dan moet ek iemand soek wat dit kan optel en saambring Namibia toe.Het darem pelle daar onder wat kom jag.
Re: Musgrave RSA uitwerper
Posted: Mon Jan 26, 2015 10:11 pm
by Giepie
As ek jag geleentheid daar kan kry sal ek dit vir jou bring.

Re: Musgrave RSA uitwerper
Posted: Tue Jan 27, 2015 1:06 am
by Finfan
Hoor by Kevin Healy van Bloem Custom Rifles, eks seker hy sal kan help daarmee.
Re: Musgrave RSA uitwerper
Posted: Wed Jan 28, 2015 2:09 pm
by Francois Marais
Ek het moed opgegee met Thor...vir 3 jaar hulle elke twee maande gebel......beloftes....beloftes....verder niks....ek het 3 aksies wat ek voor soek en weet seker van nog 10 wat ook stukkend is.....maar nou ja....
Ralph Badenhorst het belowe om vir my n paar volledige boltstops, met uitwerper, te maak en te stuur maar dit lyk my julle poskantoor stakings het my van my pakkie ook ontneem......
Mooi loop
Francois
Re: Musgrave RSA uitwerper
Posted: Wed Jan 28, 2015 4:22 pm
by Dries101
Laat maar weet as julle opspoor , dalk moet ek vir my n spare koop....
Re: Musgrave RSA uitwerper
Posted: Fri Jan 30, 2015 8:51 pm
by Ralph Badenhorst
Francois Marais wrote:Ek het moed opgegee met Thor...vir 3 jaar hulle elke twee maande gebel......beloftes....beloftes....verder niks....ek het 3 aksies wat ek voor soek en weet seker van nog 10 wat ook stukkend is.....maar nou ja....
Ralph Badenhorst het belowe om vir my n paar volledige boltstops, met uitwerper, te maak en te stuur maar dit lyk my julle poskantoor stakings het my van my pakkie ook ontneem......
Mooi loop
Francois
Goeie naand Francois
Ek will graag om verskooning vra omdat ek jou nog nie geantwoord het nie - was besig gewees in die buiteland met opleiding vir nuwe CNC toeristing wat ons binnekort kry - Ek is werklikwaar jammer dat jy dit nognie gekry het - as dit eendag opdaag is jy meer as welkom om dit vir ander manne uit te deel.
Manne ekt heelwat eposte gekry rakende hierdie uitwerpers - soos ek vir van julle gese het gaan ek net vir Francois se bestelling nuwes maak en courier - ek is dit hom verskuldig - ons huidige bestellings op ander wapens laat my skedule nie toe om julle te kan help nie al wil ek regtig graag.
Francois ek laatweet jou binnekort wanneer hulle voltooi is - ek't gou vandag veerstaal draad bestel om daardie klein veertjie te buig wat in die uitwerper werk. al myne op jou vermiste pakkie gebruik
So gepraat van pakkies weg - ekt laasjaar n nuwe kolf vir my bestel en is vandag na n baie lank gesukkel met USPS gese dat my pakkie amptelik na 8 weke vermis is en dat ek nou eers mag aansoek doen om n "claim"te le
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/pakkie_zpscqxjvbsu.jpg[/image]
Groete
Ralph
Re: Musgrave RSA uitwerper
Posted: Sat Jan 31, 2015 12:03 am
by Francois Marais
Ralph
Duisend dankies my maat.....ek waardeer opreg....
Mooi loop
Francois
Re: Musgrave RSA uitwerper
Posted: Sat May 07, 2016 8:27 pm
by hermaans
wel na n lang gespook het ek reggekom met die uitwerper . Custom Rifles in bloem het vir my een gemaak en nog en vir n Musgrave .270 uit dieselfde era . DIE PLANK HET R800 GEKOS EN DIE ANDER EEN 650
Re: Musgrave RSA uitwerper
Posted: Sat May 07, 2016 10:30 pm
by Hein M.
hermaans wrote: Custom Rifles in bloem het vir my een gemaak
Hermaans
So hulle maak parte vir die ou Musgrave gewere en die diens en kwaliteit is goed?
Daar is so baie van ons wat nog skiet met die ou era gunne, ons sal wil weet waar daar nog IEMAND is wat bereid is om parte te vervaardig... Lyk my Thor is te besig daarvoor... Baie jammer, want my Thor snellers en basisse loop mooi. Sou ook graag wou sien dat hulle tyd sou inruim om met hulle kundigheid ander produkte vir die plaaslike mark te vervaardig...
Hoor graag!