Page 1 of 1
Skietstoel battery??
Posted: Tue Apr 12, 2011 8:33 pm
by Pvdw
Al weer ek
Manne ek wil ook net gou uitvind watse battery word vir lig gebruik. Is dit die voertuig se battery of gebruik julle extra battery?? Indien extra een, is dit 'n gewone voertuig battery of dalk een van daai vrek duur deep cycle batterye. Ek wil kyk of ek die battery bo die draai meganisme reg agter die stoel kan plaas want soos ek dink het ek dan nie drade wat gaan lol as ek draai in die stoel nie. Sal dit werk of kyk ek iets mis?
Peet
Re: Skietstoel battery??
Posted: Tue Apr 12, 2011 8:54 pm
by Gerhard
Gebruik die bakkie se batery.
Kry vir jou 2.5mm draad om die krag tot by die stoel te kry.
Re: Skietstoel battery??
Posted: Tue Apr 12, 2011 10:21 pm
by Ponkie
Pvdw
Ek is in die weer om vir my 'n bestaande stoel bietjie te modify. Ek het brackets agter my stoel se leuning vas geweld en gaan die battery ook so na as moontlik aan die grond op my stoel monteer. My dimmer se lig sal dan van hom af werk en sal ek hom net charge elke dag. Ek weet oom Louis se stoel werk ook op daardie patent. My soeklig gaan van die bakkie se battery af werk. Sy draad is lank genoeg van wild-oes nog af so sal sommer met hom soek en dan sit ek hom net neer as ek stop om te roep of skiet.
Sal ook graag wil hoor watter battery die manne aanbeveel, 'n student se sente is mos maar min, so moet kyk waar ek kan spaar!
Groetnis
Ponkie
Re: Skietstoel battery??
Posted: Wed Apr 13, 2011 4:39 am
by Gerhard
Ponkie wrote:
Pvdw
Ek is in die weer om vir my 'n bestaande stoel bietjie te modify. Ek het brackets agter my stoel se leuning vas geweld en gaan die battery ook so na as moontlik aan die grond op my stoel monteer. My dimmer se lig sal dan van hom af werk en sal ek hom net charge elke dag. Ek weet oom Louis se stoel werk ook op daardie patent. My soeklig gaan van die bakkie se battery af werk. Sy draad is lank genoeg van wild-oes nog af so sal sommer met hom soek en dan sit ek hom net neer as ek stop om te roep of skiet.
Sal ook graag wil hoor watter battery die manne aanbeveel, 'n student se sente is mos maar min, so moet kyk waar ek kan spaar!
Groetnis
Ponkie
Ponkie,
Hoekom gebruik jy twee ligte?
Soek en skiet met die selfde 170 op my scope al vir die laaste 7 jaar en het nog nooit behoefde gehaad om n ander lig te gebruik nie.
Met die dat die lig op die scope is wys my geweer altyd waar die lig is en kon so al n paar baie vinnige skote geskiet kry veral in die bosveld as jakkals hier naby uit die bos kom in die kruis pad in...
Ek vra maar vir interesantheid .
Re: Skietstoel battery??
Posted: Wed Apr 13, 2011 6:59 am
by Freek
Peet ek het 'n lyn wat sommer van die voertuig se battery af hardloop na die stoel toe, stoel werk met borsels en slip ringe en battery word gelaai as voertuig enjin loop. Jag al vir 'n paar jaar so en het nog nie probleme gehad nie, voltage drop met die slip ring sisteem = 0.8V. Nie te erg nie en jy sien nie eers die verskil met die oog raak op lig sterkte tussen 12v en 11.2v nie.
Re: Skietstoel battery??
Posted: Wed Apr 13, 2011 7:31 am
by 222
Ek het ook eers een battery gebruik (die bakkie sn) toe een aand wil hy nie weer start nie, nou om 'n diesel alleen in die veld in die winter te wil stoot-start is bietjie moeilik.
Ek het toe maar vir my 'n kas gebou agter in die hoek van die bakkie staangemaak, nog 'n battery daarin gesit en 6mm drade van die bakkie battery na die agterste-een gevat. Nou is daar twee wat moet pap en twee wat charge.
Pvdw
Ek het een van daai "vrek duur deep-cycle" batterye ook soos jy wil maak agterop gehad, die pyn is net dat 'n man soms "vergeet" om hom te charge of jy onthou net voor die jagtog dat jy hom moes charge

. Daai deep-cycles het in elke geval in my situasie nie soveel langer (jare) gehou as die gewone battery nie. Ek sommer die Hilux se battery se maat agterop.
Een van die manne wat by die battery-plekke werk het eendag vir my die volgende ges?: 'Jy moet nooit 'n battery net die hele tyd laat staan nie. As jy kan ruil hom met jou kar/bakkie/trekker sn. As hy lank staan en net die hele tyd laai van 'n laaier af pak die plate in die sel aan en dan kalf die battery.
Re: Skietstoel battery??
Posted: Wed Apr 13, 2011 8:08 am
by Robert
Ek het 'n gewone bakkie battery aan my stoel gesit en my skiet lig werk van hom af. As ek in die ry lig gebruik en 'n handhold van die bakkie se battery af.
Ek koppel die bakkie se battery aan die stoel sine as ek tussen die staan plekke beweeg net om hom weer by te laai terwyl die bakkie loop. Ek pluck hom net weer ut as ek staan en roep.
Niks meer bakkie stoot vir my nie. Ek ry mos nie 'n Land rover nie.

Re: Skietstoel battery??
Posted: Wed Apr 13, 2011 10:45 am
by Ponkie
Gerhard
Die rede vir twee ligte is soos Robert gese het. Ek gebruik die dimmer eers sodra ek stop en die lig op my scope monteer. As ek dan roep en soek, bly die lig op my geweer monteer, juis vir wanneer ek vinnig moet skiet. Dis ook dan al wanneer die battery op my stoel werk. Die ander lig is 'n gewone handlig wat se krag van die bakkie af sal kom. Hierdeur het ek nie die risiko van petrol Isuzu probeer running start nie.
Robert
Hoe gemaak as jy die stoel se battery tussen staanplekke charge? ek het daardie selle idee, weet net nog nie wat om te gebruik om die bakkie en stoel battery aan mekaar te koppel nie. Nou sal ek ook maar sommer net 'n bakkie battery gebruik, sal seker die goedkoopste ook wees.
Groetnis
Ponkie
Re: Skietstoel battery??
Posted: Wed Apr 13, 2011 12:51 pm
by foxripper
Pvdw,
Ek gebruik die sogenaamde "duur recycle battery" wat agter my stoel sit. Hy is nou wel duurder maar dis die moeite werd. As ek nie jag nie, gebruik ek hom op die trolling motor as ek gaan Bass vang. Hy is al 3 jaar oud en is nog so nuut soos gister. Die dimmer help natuurlik dat jy nie so baie van jou battery se krag gebruik nie. Het in die verlede al 3 aande (heel nag) gejag met hom sonder dat hy leeg loop, so ek weet nie wat is sy limit is nie. As ek ry en soek dan spaar ek hom en koppel die lig op die bakkie se battery.
Die geheim natuurlik is om hom nie met te groot charger te charge nie. Ek gebruik 'n 8Amp charger en hy vat so 72uur om vol te charge as hy leeg geloop het. En maak seker jou battery staan atyd op iets soos n kar se rubber vloermatjie of soortgelyks.
En laastens, die battery op die stoel werk soos n bom, as hy agter jou sit. Net nie langs jou nie. Jy sal ook ondervind waneer die bakkie skuins staan, gaan die stoel bietjie van belaans af wees.
Groete
Foxripper
Re: Skietstoel battery??
Posted: Wed Apr 13, 2011 1:56 pm
by Robert
Ponkie
Ek het 2 redelike vris krokkedil klampe op die bakkie se battery met 'n 2mm draad wat tot by die stoel kom met 'n female plug aan.
Op my stoel se battery het ek drade na n muurprop getrek en op my kassie vas gesit. As ek wil laai plug ek net die female in op die male en hy laai van die altenator af deur die battery. As ek stop unplug ek hom net en laat hom binne die bakkie le tot ek weer wil laai. As ek huis toe ry of elders gaan jg laai ek hom maar so.
Hoop dir maak sin. Om te doen is vir my makliker as om te verduidelik.
Skree as jy nie verstaan nie
Robert
Re: Skietstoel battery??
Posted: Wed Apr 13, 2011 2:25 pm
by Ponkie
Robert
Nee dit maak vir my sin. As ek vashaak, sal ek net dat Pa Ponkie of Tiny die post lees, hulle is die manne wat skeinat op skool gehad het en elektries verstaan! Ek het rek en ekonomie gehad, so van lektrieks weet ek net hoe om 'm plug aan te sit en 'n wat positief en negatief is!

Haha!
Kan nie wag om my stoel klaar te bou en in die veld te kom nie!
Groetnis
Ponkie
Re: Skietstoel battery??
Posted: Wed Apr 13, 2011 3:18 pm
by skaapwagter
Ek het sommer 'n ou vyf duim windpomp silinder mee sliprings gemaak, en 'n ou 24 volt starter se borsels. Die kabel na die borsels is wat ons vir sonpompe gebruik. Die voltage drop is 0.02 volt.
Skaapwagter
Re: Skietstoel battery??
Posted: Wed Apr 13, 2011 4:59 pm
by Pvdw
Dankie vir al die inligting manne. Ek het nie besef dat daar so baie eis om na te kyk as dit kom by batterye nie.
Ek dink vir eers gaan ek daai battery agter die stoel ding doen en dan soos Robert beskryf maar laai terwyl ek ry.
Peet
Re: Skietstoel battery??
Posted: Wed Apr 13, 2011 5:06 pm
by Gerhard
Peet,
Byt vas tot volgende maand dan wys ek jou my setup.
Ek glo aan
KISS ....
Veral wanneer dit kom met werk in die donker.
Re: Skietstoel battery??
Posted: Wed Apr 13, 2011 5:29 pm
by Pvdw