Page 1 of 1

Watse Musgrave?

Posted: Sun Feb 01, 2015 10:13 pm
by Rob N
Hello aan almal,

Ek is n nuwe lid op die forum en het gewonder of iemand vir my n paar vra kan antwoord rakende n musgrave wat ek graag wil koop. Ongelukkig het die persoon by wie ek hom wil koop nie veel inligting vir my nie behalwe dat dit n 308 is.

Ek probeer vas stel watse model en aksie dit is. Ek kan ongelukkig nie die serial nommer onthou nie maar weet hy begin met n "W". Dit is ongelukkig al informasie wat ek het. Ek sal n paar fotos probeer kry en opsit as dit kan help?

Groetnis

Re: Watse Musgrave?

Posted: Sun Feb 01, 2015 10:17 pm
by tripodmvr
Rob N, plaas die fotos asb.

Welkom as nuweling. Gaan stel jou ook voor by nuwe aansluitings en vertel ons meer van jou en jou belangstellings.

http://www.jaracal.com/viewforum.php?f=126

Re: Watse Musgrave?

Posted: Mon Feb 02, 2015 7:02 am
by Rob N
More Tripodmvr,

Baie dankie. Ek sal myself gaan voorstel. Ek sal probeer n paar fotos kry en op die forum sit.

Groete.

Re: Watse Musgrave?

Posted: Mon Feb 02, 2015 7:03 am
by Frikkie Coetzee
Dis bietjie soos om te vra watter maak kar was dit. Sy lisensie nommer eindig op GP.

Sal fotos moet opsit. Selfs hele reeks nommer gaan nie altyd help nie

Re: Watse Musgrave?

Posted: Mon Feb 02, 2015 9:50 am
by Rob N
Hier is n paar fotos.

Re: Watse Musgrave?

Posted: Mon Feb 02, 2015 9:51 am
by Rob N
Nog 3. Hoop dit help.

Re: Watse Musgrave?

Posted: Mon Feb 02, 2015 9:53 am
by OupaZA
Dis n baie mooi roer!!!

Re: Watse Musgrave?

Posted: Mon Feb 02, 2015 9:57 am
by Rob N
Ek stem 100% saam.

Re: Watse Musgrave?

Posted: Mon Feb 02, 2015 10:03 am
by DawieKotze
Rob - wat staan op sy loop? Musgrave of Lyttleton?

Re: Watse Musgrave?

Posted: Mon Feb 02, 2015 10:04 am
by Geno
Dis 'n P14 aksie.
Oulike werksgeweer.

Re: Watse Musgrave?

Posted: Mon Feb 02, 2015 10:11 am
by Rob N
Hi Madako,

Daar staan slegs Musgrave op.

Dankie vir die inligting Geno.

Re: Watse Musgrave?

Posted: Mon Feb 02, 2015 10:20 am
by Frederik
Is dit nie net 'n gewone P14 aksie met 'n 308 loop nie of het Musgrave ook gewere gebou op P14 aksies?

Re: Watse Musgrave?

Posted: Mon Feb 02, 2015 1:12 pm
by mossie
Ek wilwaag om te dink dit was n P14 303 wat herloop is met n Musgrave loop - dalk nog deur Musgrave self
MOSSIE

Re: Watse Musgrave?

Posted: Mon Feb 02, 2015 1:33 pm
by savage(P Coetzer)
Twyfel of hy herloop is want daars net een proef merk op die aksie

Re: Watse Musgrave?

Posted: Mon Feb 02, 2015 1:37 pm
by Frikkie Coetzee
Ok. Dit is n p14 of p17'aksie. Is verseker herloop hulle was oorspronklik 303 of 30-06 en is nou 308.

Re: Watse Musgrave?

Posted: Mon Feb 02, 2015 2:47 pm
by Rob N
Dankie vir al die inligting sover. Die wat nog inlighting het moet asb dit deel.

Is dit die moeite werd om hom te koop? Koop prys is R7500.

Re: Watse Musgrave?

Posted: Mon Feb 02, 2015 3:03 pm
by Geno
Teen daardie prys sal ek eerder paar rand by las en 'n Howa Varmint koop.

Re: Watse Musgrave?

Posted: Mon Feb 02, 2015 4:24 pm
by Pappabeer
Hier kom ek nou weer en Piepie op die draad se batterye, maar R7500 vir daai geweer is die rip off van die jaar.

Jy weet nie of hy kopspasie probleme, boltface probleme etc met die verandering het nie. Jy kan n nuwe Howa, Savage, Marlin etc etc koop wat vir jou konstante akkuraatheid gaan waarborg.

Re: Watse Musgrave?

Posted: Mon Feb 02, 2015 4:43 pm
by Rob N
Hi Dewald,

Soos ek verstaan het hy geen probleme nie. Blykbaar akuraat ook.

Re: Watse Musgrave?

Posted: Mon Feb 02, 2015 4:46 pm
by junglejulian
As die teleskoop bykom kan dit n goeie koop wees.Die Hout en metaal lyk nog baie mooi.Beste sal wees om n paar skote te kan skiet voor jy koop.

Re: Watse Musgrave?

Posted: Mon Feb 02, 2015 4:47 pm
by Rob N
Wat sou jul se is n goeie prys? Die prys sluit natuurlik die scope ook in.

Re: Watse Musgrave?

Posted: Mon Feb 02, 2015 4:50 pm
by Pvdw
Soos ek verstaan het hy geen probleme nie. Blykbaar akuraat ook.
Steeds teveel.


Dis waar wat Geno en Pappabeer sĂȘ, sit paar rand by en koop 'n splinternuwe geweer uit die boks vir so 8-9k.

Persoonlik dink ek 4.5-5k is 'n beter prys as die eienaar kan bewys hy skiet mooi en geweersmid bevestig daar is geen ander probleme nie.

Re: Watse Musgrave?

Posted: Mon Feb 02, 2015 4:55 pm
by Rob N
100%. Baie dankie. Ek glo ek het my antwoord.

Re: Watse Musgrave?

Posted: Mon Feb 02, 2015 5:39 pm
by Pappabeer
Hang seker af watse Leupold is op. Dan kan dit sin maak.

Die aksie en loop is afsonderlik geproef. Dit tesame met die W nommer is n aanduiding op n aftermarket musgrave loop, gefit deur enige wapensmid.

Ek dink nogtans mens kan beter doen vir n eetste geweer.