Goeie dag Foromlede
Uit die aard van die ontsaglike komplekse en vanselfsprekende gevaarlike aard van herlaai kan Jaracal en sy bestuur geen verantwoordelikheid aanvaar vir persone wat hierdie informasie hier gebruik nie. Dit word absoluut op eie risko gedoen deur ieder en elk wat daarvan gebruik maak. Die bestuur poog wel om informasie hier na te gaan na die beste van hul vermoe en sal of vermanings plaas of behou die reg om enige gevaarlike informasie sumier te verwyder. Die bestuur vra ook dat daar met die nodige omslagtigheid informasie hier gedeel word en dat lede asb gebruik maak van goeie oorleg in die verband.
Indien onsekerheid bestaan maak asb van die "Search" funksie gebruik of kontak die bestuur. Laat asb die leuse van veiligheid eerste hier heers.
By Voorbaat Dank
Jaracal Bestuur
Jaracal se aanspreeklikheid op herlaaidata
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Jaracal se aanspreeklikheid op herlaaidata
Wout,
Dankie hiervoor.
Net gister kry ek uit die bloute 'n boodskap.
Kry iemand seer met gedupliseerde ladings, wat dan?
Dankie hiervoor.
Net gister kry ek uit die bloute 'n boodskap.
Kry iemand seer met gedupliseerde ladings, wat dan?
Res van die gesprek loop so:Se gou vir my hoe ver van die lands af skiet jy jou Dasher
[2015/02/09 11:37:52 AM] Eugene van Niekerk: More. Dit hang af wat ek maak. Tydens fireforming skiet ek 0.2mm in die lands in. Vir kompetisies skiet ek teenaan die lands, en vir jakkalse skiet ek 0.2mm weg
[2015/02/09 11:38:33 AM] XXX: Wats jou tpl
[2015/02/09 11:38:55 AM] XXX: En hoeveel kruit gooi jy
[2015/02/09 11:40:04 AM] Eugene van Niekerk: Hang af. Ek skiet 6 verskillende koeels en 2 verskillende kruite. Ek voel nie gemaklik om ladings wat in my geweer 64,000psi kamerdruk genereer sommer net uit te deel nie. Elke geweer verskil en sy ladings moet opgewerk word.
[2015/02/09 11:40:13 AM] XXX: Ek skiet myne 65grVmaxe
[2015/02/09 11:40:34 AM] Eugene van Niekerk: 65gr Vmax skiet ek teen 3750fps op 'n node.
[2015/02/09 11:40:51 AM] XXX: Wats jou lengte op hulle
[2015/02/09 11:41:31 AM] XXX: Myne 3890 fps
[2015/02/09 11:42:43 AM] Eugene van Niekerk: 3890 is max spoed op n 30" loop
[2015/02/09 11:43:20 AM] Eugene van Niekerk: 53.95mm
[2015/02/09 11:43:44 AM] XXX: My loop is 27 en n half my Tpl is 53,90
[2015/02/09 11:44:35 AM] XXX: Is dit nou sonder daai 0.2
[2015/02/09 11:44:59 AM] Eugene van Niekerk: Sterkte. Jy is ver oor maks druk vir die kaliber. Jy is op 73,000psi.
[2015/02/09 11:45:26 AM] XXX: Hoeveel kruit moet ek gooi dan
[2015/02/09 11:47:10 AM] XXX: Almal se ek moet 36,5gr gooi
[2015/02/09 11:48:33 AM] Eugene van Niekerk: Kom af na 3740fps toe. Hy sal baie akkurater skiet
[2015/02/09 11:49:11 AM] XXX: Hoeveel kruit gooi ek dan
[2015/02/09 11:49:37 AM] Eugene van Niekerk: hang af van jou eie geweer. Gebruik 'n chrony en meet jou spoed tot jy daar is
[2015/02/09 11:50:07 AM] XXX: Eks in die veld het ni nou een by my ni
[2015/02/09 11:50:34 AM] Eugene van Niekerk: Ek kan jou ongelukkig nie 'n akkurate antwoord gee nie. Jammer.
[2015/02/09 11:50:49 AM] XXX: My geweer is deur di selfde ou as joune gebou
[2015/02/09 11:51:41 AM] XXX: Sal maar sak met di kruit
[2015/02/09 11:51:42 AM] Eugene van Niekerk: Nogsteeds sal dit verskil. Ek het bv 'n 4 groef loop wat gelap is.
[2015/02/09 11:51:58 AM] Eugene van Niekerk: En nie alle reamers is dieselfde nie
[2015/02/09 11:52:15 AM] XXX: Selfde reamer ook
[2015/02/09 11:53:03 AM] Eugene van Niekerk: Het jy dan Jaco Bezuidenhout se reamer geleen om jou kamer te laat sny?
[2015/02/09 11:53:47 AM] XXX: Sal maar kyk as ek by my huis kom en bietjie speel met hom
[2015/02/09 11:54:19 AM] XXX: RB hom gesny
[2015/02/09 11:54:54 AM] XXX: Dankie eers vir jou eerlikheid
[2015/02/09 11:56:16 AM] Eugene van Niekerk: Probeer rondom 36.2 - 36.8gr S321 met 'n CCI450 primer. Dalk, net dalk, groep hy. Probeer tog kyk vir die spoed wat ek genoem het.
[2015/02/09 11:58:01 AM] XXX: Ek het myne 36,5gr gelaai is dit ok vir eers en dan ook 0.2mm weg van die lands af
[2015/02/09 11:58:16 AM] Eugene van Niekerk: Hy behoort te werk
[2015/02/09 11:59:05 AM] XXX: Schalk het gese n 1mm weg van die lands af
[2015/02/09 11:59:45 AM] Eugene van Niekerk: Hoor maar by Taffie ook. Hy ken 'n Dasher
[2015/02/09 12:00:13 PM] XXX: Hy ook gese 36,5 is reg
[2015/02/09 12:00:59 PM] XXX: Maar een se 0.20mm weg ander een se weer n 1mm weg
Goed, beter, 6millimeter!