Page 1 of 2
Re: Die herlaai "expert"
Posted: Tue Feb 10, 2015 10:02 am
by Capt. Yoda
Kyk net die primers
Re: Die herlaai "expert"
Posted: Tue Feb 10, 2015 10:04 am
by Rudie
Dan kry jy daai experts wat laai tot die primer uit pop en dan so 1gr terug. Ek het so twee weke terug met so man gesêls by die baan. Nodeloos om te sê ek het op die baan langsaan gaan skiet

Re: Die herlaai "expert"
Posted: Tue Feb 10, 2015 10:05 am
by VdWalt
As jy die slot met ligte tikkie van 'n hout mallet kan oop kry is jy nog reg.
Re: Die herlaai "expert"
Posted: Tue Feb 10, 2015 10:15 am
by Hein (Haan)
Ek doen dit maar gewoonlik met my KD as ek nie n chrony by die skietbaan het nie hoekom sal ek n mallet saam vat

Re: Die herlaai "expert"
Posted: Tue Feb 10, 2015 11:36 am
by FCLoretz
VdWalt wrote:As jy die slot met ligte tikkie van 'n hout mallet kan oop kry is jy nog reg.
Jus

, so ek is nie meer veilig nie. Ek moet myne hard mo3r om hom oop te kry

Re: Die herlaai "expert"
Posted: Tue Feb 10, 2015 11:38 am
by VdWalt
FCLoretz wrote:VdWalt wrote:As jy die slot met ligte tikkie van 'n hout mallet kan oop kry is jy nog reg.
Jus

, so ek is nie meer veilig nie. Ek moet myne hard mo3r om hom oop te kry

Half grein minder en jy is weer reg ...

Re: Die herlaai "expert"
Posted: Tue Feb 10, 2015 11:43 am
by FCLoretz
VdWalt wrote:FCLoretz wrote:VdWalt wrote:As jy die slot met ligte tikkie van 'n hout mallet kan oop kry is jy nog reg.
Jus

, so ek is nie meer veilig nie. Ek moet myne hard mo3r om hom oop te kry

Half grein minder en jy is weer reg ...

Dankie pel. Soek jy van my loads hulle is baie akkuraat.
Re: Die herlaai "expert"
Posted: Tue Feb 10, 2015 12:37 pm
by Riaan Kriel
Re: Die herlaai "expert"
Posted: Tue Feb 10, 2015 12:41 pm
by mossie
Tot die kruit by die bek van die dop uitkom dan "compress" jy hom met die punt!!!
MOSSIE
Re: Die herlaai "expert"
Posted: Tue Feb 10, 2015 1:04 pm
by phb
Kom ek laai n foto op om die grappe bietjie minder te maak..
Re: Die herlaai "expert"
Posted: Tue Feb 10, 2015 1:21 pm
by Carl
Dopvulling en kompressie is nie 'n probleem nie

Re: Die herlaai "expert"
Posted: Tue Feb 10, 2015 1:26 pm
by Eugene
Hierdie fotos is basies wat ek, in my herlaai onkunde, onlangs vir 'n plaaslike koeelvervaardiger probeer sê het toe hy verklaar dat hy net die doppe en die primers dophou vir druk..... Doppe en primers gaan jou wys daar is tekens van druk, maar nie hoeveel nie!
Spoed gaan vir jou alles sê! Ek sien ook op 'n ander draad dat Wouter genoem het dat die forum nie kan pa staan vir herlaai raad wat hier gegee is nie. Sommige manne gebruik 'n ander man se lading net so in hulle geweer, sonder om te toets of die max TPL darem ooreenstem.... Nie 2 gewere se kamers is dieselfde nie, dit weet ek nou uit dure ondervinding...
Re: Die herlaai "expert"
Posted: Tue Feb 10, 2015 1:28 pm
by Wouter Roets
Eugene
Jy is absoluut reg. Jaracal kan ook ongelukkig nie pa staan vir al die helaai experts hier nie, al wil ons.
Groetnis
Wout
Re: Die herlaai "expert"
Posted: Tue Feb 10, 2015 2:10 pm
by Hein M.
Veilige ladings is net vir ouens met Amerikaanse gewere. Ek het gehoor dat Mauser aksies nie oopskiet nie.
Ek het destyds my kortloop haelgeweer se spoed met nr.1 probeer toets, maar toe werk die storie nie lekker uit nie. Was die einde van my chrony-stories...
Re: Die herlaai "expert"
Posted: Tue Feb 10, 2015 2:54 pm
by Frikkie Coetzee
Hein M. wrote:Veilige ladings is net vir ouens met Amerikaanse gewere. Ek het gehoor dat Mauser aksies nie oopskiet nie.
Ek het destyds my kortloop haelgeweer se spoed met nr.1 probeer toets, maar toe werk die storie nie lekker uit nie. Was die einde van my chrony-stories...
Snaaks genoeg Hein. Al die gewere wat ek al gesien het wat "ontplof" het was Mausers. Twee K98 en een M95
Re: Die herlaai "expert"
Posted: Tue Feb 10, 2015 3:29 pm
by Hein M.
Gromit wrote:Hein M. wrote:Veilige ladings is net vir ouens met Amerikaanse gewere. Ek het gehoor dat Mauser aksies nie oopskiet nie.
Ek het destyds my kortloop haelgeweer se spoed met nr.1 probeer toets, maar toe werk die storie nie lekker uit nie. Was die einde van my chrony-stories...
Snaaks genoeg Hein. Al die gewere wat ek al gesien het wat "ontplof" het was Mausers. Twee K98 en een M95
Ja...
Die post is nou nie juis as feitelik korrek bedoel nie... As jy so tussen die lyne lees

Re: Die herlaai "expert"
Posted: Tue Feb 10, 2015 3:30 pm
by Hein M.
Hein M. wrote:Gromit wrote:Hein M. wrote:Veilige ladings is net vir ouens met Amerikaanse gewere. Ek het gehoor dat Mauser aksies nie oopskiet nie.
Ek het destyds my kortloop haelgeweer se spoed met nr.1 probeer toets, maar toe werk die storie nie lekker uit nie. Was die einde van my chrony-stories...
Snaaks genoeg Hein. Al die gewere wat ek al gesien het wat "ontplof" het was Mausers. Twee K98 en een M95
Ja...
Die post is nou nie juis as feitelik korrek bedoel nie... As jy so tussen die lyne lees

Elkeen van my sinne is 'n gruwelike versinsel
Dit is darem onder "Funnies"

Re: Die herlaai "expert"
Posted: Tue Feb 10, 2015 3:37 pm
by VdWalt
Hein M. wrote:
Elkeen van my sinne is 'n gruwelike versinsel

Ek slaan ook nie regtig my slot met 'n stuk hout oop nie...
Re: Die herlaai "expert"
Posted: Tue Feb 10, 2015 4:17 pm
by Wayne
Re: Die herlaai "expert"
Posted: Tue Feb 10, 2015 5:29 pm
by NicoSmit
Ek gooi die hele blik kruit in 'n tupper bak vat dan 'n dop druk hom in die kruit tot hy amper vol is skud hom sodat die kruit mooi gekompakteer is en daar so bietjie spasie is nog vir die koel en druk dan die koel in die dop as hy die mooi diep in wil gaan nie dan ek hom in met die 10 pond hammer en siedaar my patroon is reg om te skiet .Al hierdie af weeg en meet is sommer rubbish mors net ernstige drink tyd op die skiet baan
Re: Die herlaai "expert"
Posted: Tue Feb 10, 2015 5:35 pm
by pietbak
Been there, done that. Vinnig geleer.
Re: Die herlaai "expert"
Posted: Tue Feb 10, 2015 8:27 pm
by Frikkie Coetzee
Hein M. wrote:Hein M. wrote:Gromit wrote:
Ja...
Die post is nou nie juis as feitelik korrek bedoel nie... As jy so tussen die lyne lees

Nee. Ek het hom so.
Re: Die herlaai "expert"
Posted: Tue Feb 10, 2015 8:38 pm
by henning
Julle besef seker dat jy moet eers die koeel weeg nadat dit gelaai is
Ons praat nou baie nonsense, netnou glo iemand ons.
Groete
Henning
Re: Die herlaai "expert"
Posted: Tue Feb 10, 2015 8:52 pm
by Jake1
Jy moet jou tpl stel soos Somchem sê.........
Re: Die herlaai "expert"
Posted: Tue Feb 10, 2015 9:10 pm
by douw
Eugene wrote:Hierdie fotos is basies wat ek, in my herlaai onkunde, onlangs vir 'n plaaslike koeelvervaardiger probeer sê het toe hy verklaar dat hy net die doppe en die primers dophou vir druk..... Doppe en primers gaan jou wys daar is tekens van druk, maar nie hoeveel nie!
Spoed gaan vir jou alles sê! Ek sien ook op 'n ander draad dat Wouter genoem het dat die forum nie kan pa staan vir herlaai raad wat hier gegee is nie. Sommige manne gebruik 'n ander man se lading net so in hulle geweer, sonder om te toets of die max TPL darem ooreenstem.... Nie 2 gewere se kamers is dieselfde nie, dit weet ek nou uit dure ondervinding...
nou die dag vra iemand op Facebook uit oor 150gr GMX'e. Ek sê toe ek skiet hul met my 300wm en geniet hul baie. Die man vra toe wat is my lading. Ek antwoord hom dat ek nie vir hom kan gee nie omrede daar te veel veranderlikes is. Toe kom ek boonop agter die man skiet 30-06! en wil my lading op sy geweer probeer!
