Page 1 of 1

Rooikat Gewoontes

Posted: Wed Feb 11, 2015 3:32 pm
by Pieter
'Lo manne

Ek soek hulp met die gewoontes of wat ookal van 'n rooikat, hier in my omgewing het hulle nou begin oorvat, en doen meer skade as jakkalse op sommige plekke, al wat ek van die dier weet is hoe hy sy prooi doodbyt, hoe hy vreet, hoe lyk sy spoor, en as hy sy prooi probeer begrawe of onder 'n bos insleep kan ek maar die volgende aand daarheen gaan, en ek sal hom daar naby kry, die laaste tyd op verskillende plase, vang hulle net, so elke 3de na 4de aand, vreet, los die karkas net so, ek het hier by my al vir 8 dae namekaar van sononder tot sonopkoms die gebied "beskerm" waar hulle vang, sonder sukses, ek het uitgekring tot 5km rondom 'n vangplek sonder sukses.

Hoe ver sal so 'n dier loop as hy gevreet het, 'n boer in die Kalahari het my eendag vertel, hy vat die spoor en het al tot 30km op die spoor gegaan voor hy die kat gekry het, ek het klipgrond, daar's nie 'n manier om sy spore te volg nie, al wil ek, enige inlig sal help asb.

(kyk ek het al 'n klomp geskiet, ingeroep nogal, maw heel toevallig, en dan so 'n paar wat ek op die 1 hand kan tel wat ek gaan soek het, nadat hy sy prooi wou toemaak tot moreaand)

Groetnis

Re: Rooikat Gewoontes

Posted: Wed Feb 11, 2015 8:36 pm
by 222 Sako
Weet nie of jy dit dalk reeds gebruik, maar moenie slagysters en hokke vergeet nie.

Re: Rooikat Gewoontes

Posted: Thu Feb 12, 2015 9:41 am
by Pieter
Ek doen, 1 sover in yster gevang, hokke nog geen sukses gehad nie, hulle gaan net nie in nie, en dis nie net by my nie, die hele omgewing kla hieroor.

Re: Rooikat Gewoontes

Posted: Thu Feb 12, 2015 9:50 am
by Riaan Kriel
Kry die hele omgewing se boere bemekaar en maak 'n voorstel dat almal hulle plase beskikbaar moet stel vir 'n roep-en-skiet naweek. Reel 'n GROOT Jaracal ops vir 'n naweek. Genoeg manne sal dalk opdaag en die hele omgewing se plaag in 'n naweek help oplos ;)

Re: Rooikat Gewoontes

Posted: Thu Feb 12, 2015 11:03 am
by Louis102
Deurloop hok wat op die regte plek gestel is, vang katte soos soetkoek. Hokke moet groot wees, ingang en uitgang sommer so 90cm x 90 cm. Lokaas by hokke werk goed, bv K9-call of maak sommer self met bloederigheid, vet, harsings en lewer. Maar die bo-baas lokaas vir 'n kat bly maar urine. As jy daai eerste kat gevang het en die pis-reuk hang in die hok, vang jy katte lekker...

Re: Rooikat Gewoontes

Posted: Fri Feb 13, 2015 8:33 am
by Pieter
Duracell, ek wens dit was so maklik, die samewerking is ma eina.

Louis, dis klipgrond (harde grond) jy tel nie spore op nie, so nou en dan in 'n laagte, ek het gehoor 'n kat loop op 'n bult (randjie) en bekyk die wereld en wag dan daar vir sy prooi, die kat vang in 'n raduis van 500m teen die randjie by my, kyk jy sal hom nie mis as hy die aand daar is nie.

Kan 'n mens nou die hok stel waar die kat vang ? (dis wat ek doen)

Re: Rooikat Gewoontes

Posted: Fri Feb 13, 2015 11:11 pm
by Louis102
Pieter, jy kan 'n hok by die vangplek stel, veral by baie vars vangste.

Ek stel egter my hokke op hul roetes. Klofies, laagtes, nekkies wat hul gereelg sal gebruik. Daai randjie waarvan jy praat is ideaal. Verbeel jou jy's 'n rooikat, wat is die roetes wat jy daarlangs sal gebruik? Daar waar die roetes 'n "nou"-plek maak, daar sal ek my hok stel. By merkplekke is ideaal.

Dis die plekke waar jou hokke die meeste sukses gaan behaal. As jy een kat vang, moet daardie hok daar bly, jy gaan waarskynlik gereeld katte daar vang. Bou eerder 'n nuwe hok, voor jy 'n suksesvolle hok skuif.

Re: Rooikat Gewoontes

Posted: Sat Feb 14, 2015 9:26 am
by Stefan764
Pieter, oom Lewies gee goeie raad hier.

Nog n man wat jy kan nader (hy is ook n betalende adverteerder op Jaracal) is Antoon Roets van TOPHOK. Ek het by die KZN Ope laasnaweek gestaan en luister toe hy paar manne vertel het van die moets en moenies by hokke stel vir katte. Jy kan maar loop kers opsteek daar by hom.

Groete
Stefan

Re: Rooikat Gewoontes

Posted: Sat Feb 14, 2015 6:36 pm
by Pieter
Danki, Louis en Stefan, ek neem notas!!!

Re: Rooikat Gewoontes

Posted: Thu Feb 19, 2015 2:17 pm
by Ian
Pieter

Ek het dieselfde probleem by my gehad. Twee groot Rooibokramme is 'n paar dae uitmekaar gevang. Met die laaste een het ek die karkas opgetel en 'n hok met twee valdeure op dieselfde plek gestel met Sardines in olie en Catnip onder die trapplaat . Volgende oggend toe sit die katjie daar. Ek het dit nou al met baie karkasse gedoen met baie sukses. Ryno Kruger het dieselfde probleem gehad en hy het vyf in 'n week op die manier gevang.

Hier is 'n foto van die rooikat wat die rooibokke gevang het en dan ook 'n foto van my hokke. Soos Louis sĂȘ die hok moet lekker groot wees met twee deure. Hierdei hokke is 800*800*1600mm.

Sterkte

Re: Rooikat Gewoontes

Posted: Thu Feb 19, 2015 2:22 pm
by Riaan Kriel
Ian jy sal jou pa se afdak ook moet begin gebruik vir al daai hokke. Joune raak nou al vol mater..... Ek sien jy moes tot al die VW Kewer daar wegvat ;)

Re: Rooikat Gewoontes

Posted: Fri Feb 20, 2015 6:28 pm
by Pieter
Danki Ian, is dit die gedroogte of sproeibotteljie ?

Re: Rooikat Gewoontes

Posted: Sun Mar 22, 2015 6:07 pm
by Eduard Venter
Middag manne.
Wat sou julle se is die beste manier om n rooikat in te roep in n gebied waar mens nie verder as 50m kan sien nie? Klanke ens.

Groete

Re: Rooikat Gewoontes

Posted: Sun Mar 22, 2015 6:22 pm
by Jackalsniper
ons het al met vlakhasie 3 meeste sukses gehad en selfs met steenbok 3. 50m is maar dodgy. probeer op hoogste deel sit tensy dit plat is moet mens mar n stoel op n paal prakseer dat mens se reuk bo oor die dier waai. windstil aande is maar skaars hier by ons.

Re: Rooikat Gewoontes

Posted: Sun Mar 22, 2015 6:28 pm
by Eduard Venter
Dankie jackalsniper. Het nog nie hom probeer roep nie ek stel maar net partykeer die hok. Ek vra eintlik net vir interessantheid. Is rooikatte teritoriaal? Hoe groot is hulle gebiede. Die hond op die plaas het n rooikat doodgemaak so ruk terug so 2km van waar ons n rooibokram gekry het wat deur n rooikat gevang is. Kan dit moontlik dieselfde kat wees?

Re: Rooikat Gewoontes

Posted: Sun Mar 22, 2015 7:16 pm
by Jackalsniper
Mens sal nie verseker weet nie, rooikatte is teritoriaal, hulle merk hul gebied, skuur en krap teen boom stompe en mis daar ens, maar hul gebiede kan groot wees. Julle sal maar van n kant of moet roep plekke uitsoek en afhangende van die wind die plaas van n kant af roep. Ek het iets gelees wat n ou doen, hy sit n hele paar hokke uit wat netjies gestel is soos normaal, en begin van die een hok na die ander roep. roep n klein rukkie en beweeg na volgende hok toe. praat van 10 hokke of iets. hy beweer as daar n kat is wat inkom op die roep ontdek hy die hok en word gevang. Ek twyfel of ek so iets sal probeer veral omdat ek nie in stilte van een plek na n ander kan skuif nie. as mens n elektries 4x4 golf kar het wat saggies loop kan dit seker werk haha

Re: Rooikat Gewoontes

Posted: Sun Mar 22, 2015 7:22 pm
by Eduard Venter
Jackalsniper wrote:10 hokke
Sal nog 9 hokke moet kry voor ek so iets kan probeer haha