Page 1 of 2

Wanneer laas was jy op die skietbaan?

Posted: Tue Feb 17, 2015 1:56 pm
by NetEk
Net nuuskierig. Die Wesrand tak skiet die nawwek en ek gaan daar wees. Maar het gewonder hoe gereeld kom die mense op die skietbaan. Ek voel skuldig as ek nie elke maand die skietdag by woon die maar dis dalk net ek.

Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?

Posted: Tue Feb 17, 2015 2:03 pm
by tripodmvr
Die Vaaldriehoektak het skiete op die eerste 2 naweke van die meeste maande van die jaar. Ons gebruik 2 verskillende bane. Ek help met die registrasie van die skuts en is daarom lankal reg met beide my toegewyde sport en jag status.

Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?

Posted: Tue Feb 17, 2015 2:20 pm
by Baasvark
Ek probeer om elke maand by te woon.

Dan skiet ek nog op my baan op die plaas ook.

Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?

Posted: Tue Feb 17, 2015 2:46 pm
by Spanner
Ek was die naweek by die takskiet op Holfonteinbaan, naby Secunda - die wind het ons lekker rondgewaai, en dit het duidelik op my scores gewys ! Ek probeer ook elke skiet bywoon.

Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?

Posted: Tue Feb 17, 2015 3:31 pm
by FCLoretz
Ek was Saterdag op die baan, maar gaan die naweek se skiet ongelukkig mis.

Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?

Posted: Tue Feb 17, 2015 3:35 pm
by NetEk
Ag nee man ek sou nou graag wou 'n gesig by die naam gesit het.

Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?

Posted: Tue Feb 17, 2015 4:13 pm
by FCLoretz
NetEk wrote:Ag nee man ek sou nou graag wou 'n gesig by die naam gesit het.
Sal dit wel binnekort doen.

Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?

Posted: Tue Feb 17, 2015 4:43 pm
by Fanta300
Ek ook al my Toegewyde Status verpligtinge vir die jaar nagekom ++>:

Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?

Posted: Tue Feb 17, 2015 5:22 pm
by Jacquesb
Te lank laas.

Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?

Posted: Tue Feb 17, 2015 5:41 pm
by Beer (Christo)
Ek is Saterdag daar. Probeer sover ek kan elke skiet maak

Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?

Posted: Tue Feb 17, 2015 7:51 pm
by Giepie
Was week en 'n half gelede daar. Beplan om Saterdag weer te gaan. Centurion tak van SAJWV sien ek het Saterdag 'n skiet by Necsa.

Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?

Posted: Tue Feb 17, 2015 9:11 pm
by NEGE3
Skiet gereeld een keer per week maar die afgelope maand was ek te besig. Het darem amper 500 rondtes uitgeskiet met die Instrukteurs en Assessor kurses die afgelope week. ;D

Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?

Posted: Wed Feb 18, 2015 11:42 am
by 243Songdaug
Ek kom 'n minimum van 1 tot 2 keer 'n week op die skietbaan. Ek dien op die skietbaan sowel as die SA Jagters tak se komitee, so ek sien nogal die baan heel gereeld.

Oefen lekker baie en het sommer lekker baie stil tyd by myself op die baan, gewoonlik net ek my kleinman van 5.

Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?

Posted: Wed Feb 18, 2015 5:15 pm
by BRNO (Pierre)
NetEk wrote:Ag nee man ek sou nou graag wou 'n gesig by die naam gesit het.
Daai is sy gesig.

Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?

Posted: Thu Feb 19, 2015 8:13 am
by FCLoretz
BRNO (Pierre) wrote:
NetEk wrote:Ag nee man ek sou nou graag wou 'n gesig by die naam gesit het.
Daai is sy gesig.
Ja daai is my mooi kant. :laugh:

Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?

Posted: Thu Feb 19, 2015 12:41 pm
by NetEk
O ja nou onthou ek jou jy's die een wat van Mars af kom of was dit Venus... ;)

Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?

Posted: Thu Feb 19, 2015 12:43 pm
by VdWalt
Ek sal ook Saterdag daar wees. Ek sal eers kyk hoe die skiet gaan voor ek groet. As dit
slegs is sal ek net weg sluip.....

Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?

Posted: Thu Feb 19, 2015 12:45 pm
by Geno
Ek was baie lanklaas op die skietbaan, maar ek het wel gister 5 vlakvarke en 3 jakkalse geskiet.
Dit tel seker as 'n vlakvark tabel en jakkals tabel?

Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?

Posted: Thu Feb 19, 2015 12:59 pm
by Beer (Christo)
Geno wrote:Ek was baie lanklaas op die skietbaan, maar ek het wel gister 5 vlakvarke en 3 jakkalse geskiet.
Dit tel seker as 'n vlakvark tabel en jakkals tabel?

Nope. Dit is nou een van die nuwe debatte wat die manne aan die gang het. Om toegewyde sport skiet status te behou, moet jy twee skietdae bywoon EN die tabelle skiet. So as jy net opdaag en jou eie teiken skiet tel die nie.

Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?

Posted: Thu Feb 19, 2015 1:00 pm
by toelie
Haha lekker man Geno ekt self laas naweek paar jakkies en varke om gedop dit is hoekom ek die maand se tak skiet gemis het

Groete

Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?

Posted: Thu Feb 19, 2015 1:01 pm
by VdWalt
Geno wrote:Ek was baie lanklaas op die skietbaan, maar ek het wel gister 5 vlakvarke en 3 jakkalse geskiet.
Dit tel seker as 'n vlakvark tabel en jakkals tabel?

Altyd een ou wat die ander manne se fun kom spoil met feite - of regte
varke in die geval. :'(

Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?

Posted: Thu Feb 19, 2015 1:02 pm
by Geno
Beer (Christo) wrote:
Geno wrote:Ek was baie lanklaas op die skietbaan, maar ek het wel gister 5 vlakvarke en 3 jakkalse geskiet.
Dit tel seker as 'n vlakvark tabel en jakkals tabel?

Nope. Dit is nou een van die nuwe debatte wat die manne aan die gang het. Om toegewyde sport skiet status te behou, moet jy twee skietdae bywoon EN die tabelle skiet. So as jy net opdaag en jou eie teiken skiet tel die nie.

Ek praat meer van hierdie tipe teikens...

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/AmCAjeUUIamJHpKz5BI11qeYYf_jrTAb92SHbCm1AWY5.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/AjN1vnePoCQUGF2rodr9fqxcWbW8rilVAwxxJ9tUabT4.jpg

Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?

Posted: Thu Feb 19, 2015 1:03 pm
by VdWalt
.... en dan skop hy jou terwyl jy lê.....

Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?

Posted: Thu Feb 19, 2015 1:05 pm
by Geno
VdWalt wrote:.... en dan skop hy jou terwyl jy lê.....
Ag sorry man! ^-^

Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?

Posted: Thu Feb 19, 2015 1:05 pm
by FCLoretz
VdWalt wrote:.... en dan skop hy jou terwyl jy lê.....
Daai is Geno se styl. :laugh: