Page 1 of 1

Hond se pie brand gras

Posted: Mon Feb 23, 2015 7:44 am
by EtienneAllers
Het iemand raad? Die gras vrek kol-kol waar die hond pie.

Re: Hond se pie brand gras

Posted: Mon Feb 23, 2015 7:48 am
by Beretta
Ja hy moet defnetief nie naby n kar tyer kom nie ;D ;D ;D die tyers en rims gaan brand

Re: Hond se pie brand gras

Posted: Mon Feb 23, 2015 8:03 am
by andre007
My boerboel het al die ''clearcoat'' van my mags af ge''pie''

Re: Hond se pie brand gras

Posted: Mon Feb 23, 2015 8:09 am
by pietbak
Selfde probleem met die gras. Nooit gebeur nie, nou ewe skielik maak die gras kolle en sy eet Veearts pulle. Labrador.

Re: Hond se pie brand gras

Posted: Mon Feb 23, 2015 8:18 am
by Smirre
daar moet te veel amoniak in die uriene wees.
Ek bedoel die uriene moet baie gekonsetreed wees, laat hulle meer water drink,en vir hiushonde meer gereeld pie of na hul nierfunksie kyk

Smirre

Re: Hond se pie brand gras

Posted: Mon Feb 23, 2015 9:22 am
by Johan Nel
Sal ook plaasvind omdat dit baie droog is en waar gras nie bv outomatiese besproeiing het nie. Die urine is lank genoeg daar om die gras chemies te brand. Grondvog help ook om die urine te verdun.

Re: Hond se pie brand gras

Posted: Mon Feb 23, 2015 9:32 am
by EtienneAllers
Die hond eet Royal Canin wat ek reken 'n goeie samestelling het en my gras word 2 keer per week besproei. Sal haar maar moet veearts toe neem vir toetse.

Re: Hond se pie brand gras

Posted: Mon Feb 23, 2015 9:55 am
by Heinz Petersen
Dan moet jy maar vir die hond n doek aansit.

Re: Hond se pie brand gras

Posted: Mon Feb 23, 2015 11:02 am
by Chris (vdB)
My foxterier het dieselde probleem, het al gedink ek moet minder asyn in die droewors gooi wat ek haar voer

Re: Hond se pie brand gras

Posted: Mon Feb 23, 2015 2:48 pm
by Dries101
Man my niere is fine en ek pee ook my gras dood

Re: Hond se pie brand gras

Posted: Mon Feb 23, 2015 2:53 pm
by Flip Nel
Dries101 wrote:Man my niere is fine en ek pee ook my gras dood

Die geheim is om nie elke slag op die selfde plek te staan nie >:D

Re: Hond se pie brand gras

Posted: Mon Feb 23, 2015 3:27 pm
by Dries101
Een van die lewe se min plesiere (-,

Re: Hond se pie brand gras

Posted: Mon Feb 23, 2015 4:30 pm
by EtienneAllers
Ludwig wrote:
Smirre wrote:daar moet te veel amoniak in die uriene wees.
Smirre is heeltemal reg. Veearts het vir my ook gesê dit gebeur gewoonlik as die hond se urine se pH te hoog is, wat gebeur as die hond te veel koolhidrate in sy dieet kry, veral deur droeë hondepille wat ammoniak afskeiding verhoog. Omdat honde karnivore is, moet hulle urine gewoonlik aan die suurkant van die pH skaal wees as hulle dieet reg is, maar met die baie stysel wat honde met droee hondepille inkry word hule urine te alkalies met 'n hoë ammoniak persentasie. Dis nie net sleg vir jou gras nie, maar vir die gesondheid van jou hond ook. Duur, groot naam hondepille is nie gevrywaar van hierdie probleem nie. Gaan kyk maar na die groot hoeveelheid stysels wat daarin bevat word. Die antwoord wat die veearts vir my gegee het, was om nat blikkies kos met lae stysel inhoud, met sy droee kos te meng en hom dus minder droee pille te gee en ja dit help baie.

Terloops. Hondepille wat deur 'n verpil masjien gaan, moet met 'n olie gemeng word sodat die voer kan bind en 'n pil vorm. Raai waar kry 99% van alle hondekos vervaardigers hulle olie wat hulle hiervoor gebruik vandaan? Take Away plekke soos KFC en resturante wat die olie wat gebruik is vir deep frying, uitgooi. Hierdie het ek direk gehoor by 'n persoon wat in die voer industrie werk. As ek dit kon bekostig, sou ek glad nie my honde enige droee pille meer gevoer het nie.
Ek gaan beslis die blikkieskos probeer.

Re: Hond se pie brand gras

Posted: Mon Feb 23, 2015 4:39 pm
by cassie_calvinia
EtienneAllers wrote:

dit is reg, maar pasop vir niks pille, help om hul tande skoon te hou. daai blikkies kos sit tussen hul tande, en dan vrot dit

Re: Hond se pie brand gras

Posted: Tue Feb 24, 2015 8:11 am
by EtienneAllers
Sal dit 50-50 meng.

Re: Hond se pie brand gras

Posted: Tue Feb 24, 2015 8:17 am
by Smirre
Ek dink die antwoord is goeie kwaliteit pille.....en nie mieliepap daarby nie.
Ek gebruik Montego en het geen probleem
Vets Choice is ook goed net bietjie duurder

Die babas eet eukanuba tot hulle ses maande oud is

SMirre

Re: Hond se pie brand gras

Posted: Tue Feb 24, 2015 9:43 am
by tripodmvr
Manne ek lees nou eers hierdie vir die eerste keer. Die opskrif het ek gelees as Engelse "pie" soos in "cafe pie" synde dit so gespel is. Groot verskil tussen 'n honde kittel en sy urine.

Re: Hond se pie brand gras

Posted: Wed Feb 25, 2015 6:08 am
by EtienneAllers
Smirre wrote:Ek dink die antwoord is goeie kwaliteit pille.....en nie mieliepap daarby nie.
Ek gebruik Montego en het geen probleem
Vets Choice is ook goed net bietjie duurder

Die babas eet eukanuba tot hulle ses maande oud is

SMirre
Dankie Smirre. Ek gaan Montego probeer aangesien Royal Canin nie die ding doen nie. Groetnis

Re: Hond se pie brand gras

Posted: Wed Feb 25, 2015 6:21 am
by ruaanb
Net nie gewone Montego nie probeer die Karoo version dit is baie beter

Re: Hond se pie brand gras

Posted: Wed Feb 25, 2015 6:22 am
by ruaanb
N ander alternatief is Omegavet Premium maar jy sal hulle moet kontak vir afsetpunte

Re: Hond se pie brand gras

Posted: Wed Feb 25, 2015 8:42 am
by EtienneAllers
Dankie Ruaan. Ek sien die Karoo het die hoogste proteien inhoud. Ander alternatief is om meer te jag en die hond net biltong te voer!

Re: Hond se pie brand gras

Posted: Wed Feb 25, 2015 8:53 am
by Ferdi Bam
Smirre,

OK ek weet die onderwerp hier gaan oor honde piepie op die gras maar help n bietjie asb.

My veearts sê ook vir my bly weg van mieliepap en melk. Sy wetenskaplike verduideliking het ek egter langs die pad verloor, en nou sien ek jy verwys ook na mieleipap as n nee! Help n bietjie met die een asb want ek voer my honde nog altyd mieliepap en melk saam met die pille.

Groete

Ferdi Bam

Re: Hond se pie brand gras

Posted: Wed Feb 25, 2015 11:42 am
by Ferdi Bam
Ludwig,

Dankie vir die verduideliking, dit maak nou vir my baie meer sin.

Groete

Ferdi Bam

Re: Hond se pie brand gras

Posted: Wed Feb 25, 2015 12:20 pm
by Smirre
Net soos Ludwig se
Kyk as jy hondekos koop, en jy sien die gebreekte geelmielie in die kos......BLY WEG
Ja die beter kosse is duurder , maar woef lewe lekkerder en langer, eet minder en BOL ook minder

Smirre