Page 1 of 1

HEINRICH VOL.6 ROEP CD EN GEVORDERDE KURSUS ROEP CD.

Posted: Sun Mar 01, 2015 2:52 am
by naghond
Ek het die omslae waarop die name van die klanke wat op betrokke cds verskyn verloor en sal bly wees as iemand my kan help om die lys van 43 klankname van die gevorderde roepkurses cd en die 19 klankname wat op Heinrich se vol.6 roep roep verskyn kan deurgee.
Dankie

Re: HEINRICH VOL.6 ROEP CD EN GEVORDERDE KURSUS ROEP CD.

Posted: Sun Mar 01, 2015 8:13 am
by cassie_calvinia
laai dit op rekenaar. hul name is by

Re: HEINRICH VOL.6 ROEP CD EN GEVORDERDE KURSUS ROEP CD.

Posted: Sun Mar 01, 2015 2:03 pm
by naghond
Hallo Cassie

Dankie nooit daaraan gedink nie, seker ook droog by jou daar in Calvinia,hier op Vic - Wes onmoontlik droog en nagte raak koud en weer wil nie lekker warm broei vir reen nie.Die reenseisoen is einde Maart verby en dit sal skielik moet kom reen anders sal mens jou grond afstaan en vir die regering hul moeite spaar om dit on-billik af te vat.
Groete Naghond ;D

Re: HEINRICH VOL.6 ROEP CD EN GEVORDERDE KURSUS ROEP CD.

Posted: Sun Mar 01, 2015 3:35 pm
by naghond
Hallo Cassie

As ek die cd op die rekenaar laai wys dit Track1 ,2,3 ens.As ek op die properties ingaan van track staan daar net track1 bv. en nie vlekkie 3A nie.Verduidelik asb. vir my hoe kry mens dit reg om die track te kry dat dit die klank se naam wys.Ek verstaan nie wat jy bedoel om dit op die rekenaar te laai en dan wys dit die klanknaam nie,dit wys track.Op die agterkant van die oorspronklike cd covers het die naam van die klanke verskyn en myne wys net track wanneer ek die cd in rekenaar druk en nie die klanknaam nie.Help asb.
Groete Naghond

Re: HEINRICH VOL.6 ROEP CD EN GEVORDERDE KURSUS ROEP CD.

Posted: Sun Mar 01, 2015 6:03 pm
by Francois Marais
Naghond.....kyk my nommer op die forum.....stuur my n WA dan sal ek dit afneem en aanstuur....

Mooi loop
Francois

Re: HEINRICH VOL.6 ROEP CD EN GEVORDERDE KURSUS ROEP CD.

Posted: Mon Mar 02, 2015 11:53 am
by Willie
Naghond

As jy bevestig dat die 'n wettig gekoopte cd is sal ek jou die name vir Vol 6 stuur

Re: HEINRICH VOL.6 ROEP CD EN GEVORDERDE KURSUS ROEP CD.

Posted: Sat Mar 07, 2015 12:40 pm
by cg rossouw
As jy op die rekenaar trak speel dan kom die naam op
myne wys so