Page 1 of 1

Aimpod te wen in fondsinsameling

Posted: Wed Mar 04, 2015 8:30 am
by Eugene
Nico Harris het goedgunstiglik vir ALRHA ’n Aimpod geskenk vir uitloting om fondse vir ALRHA bymekaar te maak.

Dit gaan soos volg werk, elke lootjie kos R50 en na dat die POP na my gestuur is by eugene@africanlrhunters.co.za, sal ek aan jou ’n nommer toeken en vir jou terugstuur. Vir elke kaartjie van R50 wat jy koop, kry jy 'n nommer.

Inbetalings kan in die volgende bankrekening gedoen word:

ALRHA
Nedbank
Rekeningnommer: 1083771760
Takkode: 101267 (00 moet bykom vir party banke)

Die trekking sal plaasvind op 11 April 2015 tydens ALRHA se AGM en elke ALRHA lid wat ’n kaartjie gekoop het en die AGM bywoon, sal ’n addisionele gratis kaartjie ontvang wat sal deel vorm van die trekking.

Enige iemand is welkom om deel te neem, nie net ALRHA lede nie.

Hier is fotos van die Aimpod:

http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/Aimpod%20002_zpswvtcrozf.jpg

http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/Aimpod%20003_zpsakbkfhap.jpg

http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/Aimpod%20004_zpswzg4qpky.jpg

http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/Aimpod%20005_zpskdlhx6nh.jpg

Re: Aimpod te wen in fondsinsameling

Posted: Wed Mar 11, 2015 7:54 am
by Eugene
Is daar niemand wat belangstel om vir R50 'n Aimpod wil wen nie?

Re: Aimpod te wen in fondsinsameling

Posted: Wed Mar 11, 2015 7:55 am
by FCLoretz
Eugene wrote:Is daar niemand wat belangstel om vir R50 'n Aimpod wil wen nie?
Eugene,

Wat kos die aimpod as jy dit nuut wil koop?

Re: Aimpod te wen in fondsinsameling

Posted: Wed Mar 11, 2015 8:01 am
by Eugene
FCLoretz wrote:
Eugene wrote:Is daar niemand wat belangstel om vir R50 'n Aimpod wil wen nie?
Eugene,

Wat kos die aimpod as jy dit nuut wil koop?
FC, eks nie seker nie, meer as R50! Ek dink hier by R900 rond? G&G versprei hulle.

Re: Aimpod te wen in fondsinsameling

Posted: Wed Mar 11, 2015 8:07 am
by Geno
Ons verkoop hulle teen R800.00

Re: Aimpod te wen in fondsinsameling

Posted: Wed Mar 11, 2015 8:25 am
by Hugo
Ek sal verseker n kaartjie of 2-3 koop einde van die maand!

Re: Aimpod te wen in fondsinsameling

Posted: Wed Mar 11, 2015 10:17 am
by Alwyn
Eugene wrote:Is daar niemand wat belangstel om vir R50 'n Aimpod wil wen nie?

Dis soos ons Jag Kompitisie vir LERS SA waar niemand R100 wil betaal om n dag jag tewen vir n SWB.... :):

viewtopic.php?f=135&t=39098

Re: Aimpod te wen in fondsinsameling

Posted: Wed Mar 11, 2015 12:50 pm
by Riaan Kriel
Lyk my geld is maar skaars die tyd van die maand en die skoolvakansie lê voor ++>:

Re: Aimpod te wen in fondsinsameling

Posted: Tue Mar 17, 2015 3:34 pm
by Klopper
Bump!! Dis nie meer lank voor die trekking nie!

Re: Aimpod te wen in fondsinsameling

Posted: Thu Mar 26, 2015 11:22 am
by Eugene
Bump!!!

Nog net 2 weke oor!

Re: Aimpod te wen in fondsinsameling

Posted: Thu Mar 26, 2015 11:48 am
by Fonsie
Eugene, ek sal 2 x neem, POP oppad na jou toe.

Re: Aimpod te wen in fondsinsameling

Posted: Mon Apr 13, 2015 11:20 am
by Eugene
Eerstens, baie dankie aan Nico Harris vir die skenk van die Aimpod vir hierdie loting.

Tweedens, baie dankie aan almal wat hierdie kompetisie ondersteun het. Daar is in totaal 31 kaartjies verkoop.

Die Aimpod is gewen deur Jacus Visagie, kaartjie nommer 23.

Re: Aimpod te wen in fondsinsameling

Posted: Mon Apr 13, 2015 11:35 am
by Klopper
Damn ek het duim vas gehou vir daai een :laugh: Geluk Jacus geniet hom!