Page 1 of 1

Demper vs.Tromprem

Posted: Sat Mar 07, 2015 9:14 pm
by Gawie(13mm)
Dagsê.

Soos julle op die video's sal sien is daar maar min vleis aan my lyf en is ek maar bra kleinserig op die koop toe. ;D

Ek skiet vir die laaste drie jaar met 'n ERC demper op my .243 en die terugskop is werklik bitter min . Uit die vuis tydens die veldskiete is die geweer baie lomp(ek is eintlik te lig in die broek). Ek swaai daai roer rond asof ek verkeer beheer.

Corné en MJK skiet die laaste jaar baie suksesvol met trompremme tydens kompetisies en ek het maar die geldjies afgeknyp en een van Steven Bezuidenhout se Titanium trompremme aangeskaf. Teen R2500.00 is hul nie goedkoop nie maar weeg werklik bitter min in vergelyking met staal trompremme.

Die "voelbare" terugskop is dieselfde as die ERC demper, maar behalwe vir die skokgolf met die tromprem is die klank iets om aan gewoond te raak. Die geweer se terugskop met die demper oor die x-bag is effens opwaarts terwyl die tromprem s'n reguit terug is.

Vandag by die Chasa baanskiet was daar 'n paar man wat my baie erenstig aangegleur het na my eerste aflos. Die klank was nie vir die manne 'n probleem nie, maar die stofwolk agv. die skokgolf was "spaktakilêr" ;D .

Ons sal maar swyg oor die uitslae. :'( .

Hier is die tromprem met die ERC demper vir vergelyking.
IMG-20150306-WA0013.jpg
Die besigheids kant.
IMG-20150306-WA0015.jpg





Re: Demper vs.Tromprem

Posted: Sat Mar 07, 2015 9:58 pm
by PWV
Sal jy nou eerder die tromprem as die demper in die jagveld verkies? Ek glo nie.
Ja ek dink nie almal is dik van die lag as jy langs hulle skiet nie!

Hoe verskil die inpakpunt oor 100 meter tussen die twee? Jy het ook seker nog nie die spoed met die twee gemeet nie?

Groetnis

Re: Demper vs.Tromprem

Posted: Sat Mar 07, 2015 10:24 pm
by Gian_dP
Hoe voel dit as jy uit die vuis uit skiet met die tromprem?

Re: Demper vs.Tromprem

Posted: Sun Mar 08, 2015 7:26 am
by tripodmvr
Uit beide opnames lyk dit asof die terugslag baie mooi linêer is. Die loop se punt lig baie min op. Kyk hulle mooi deur. Jy ervaar dit miskien anders.

Re: Demper vs.Tromprem

Posted: Sun Mar 08, 2015 7:27 am
by Gawie(13mm)
Ek het op die onderste punt van die diamant gemik soos met die demper.

http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20150306_151312.jpg

Drie skote op 35 m. 1 en 3 sny. Met skoot twee het ek droog gemaak.

http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20150306_154702.jpg

Oom Pieter, jag met hom, nooit!!!

Re: Demper vs.Tromprem

Posted: Sun Mar 08, 2015 1:01 pm
by Boesman10
Ek skiet glad nie langs iemand met 'n Trompren nie en vind dit onbedgsaam aan mede skuts weens die skokgolf elke keer as jy skiet. In die jagveld staan ek so 'n paar tree agtertoe en dan pla dit nie maar op 'n baan met mense langs jou is dit nie lekker nie.

Re: Demper vs.Tromprem

Posted: Sun Mar 08, 2015 1:50 pm
by Alliwyn
Behalwe vir die voor die hand liggende minder skop met 'n tromprem... Het iemand al 'n vergelyking in akkuraatheid gedoen tussen 'n tromprem en 'n knaldemper of nie een van beide?

Re: Demper vs.Tromprem

Posted: Sun Mar 08, 2015 2:14 pm
by Gawie(13mm)
Boesman, jy tree nie met 'n donkie aan in 'n perde resies nie. ;D

Ek het die tromprem uitsluitlik vir veldskiete aangeskaf waar dit 'n aanvaarde gebruik is. Almal dra die nodige oorbeskerming en is bewus van die newe effekte nl. die stof agv. die "skokgolf".

Ek sal nooit die tromprem op 'n baan met 'n staal afdak gebruik of waar dit nadelig vir my mede skuts sal wees nie.
Jag sal ek ook nooit met een nie.

Wat die akkuraatheid aanbetref loop albei dieselfde met my 243. Net die tromprem se klank is iets om aan gewoond te raak.

Re: Demper vs.Tromprem

Posted: Sun Mar 08, 2015 5:03 pm
by Johan JvR
Gehoorbeskerming teen tromprem help absoluut niks.
Die klankgolf beweeg deur jou skedel en maak skade. Die oormowwe keer net dat die golf gedemp deur oorkanaal beweeg, maar die skokgolf is so erg hy maak steeds skade deur skedelbeen.

Ek het een van Baboonstalker se remme gebruik met proppe in my ore en mowwe bo-oor gedra en steeds hoofpyn na 'n paar skote met die tromprem gekry. Ek is maar kleinserig en skiet nou net met knaldemper.

Daar was geen verskil in akuraatheid tussen die rem of demper nie. Die tromprem maak net moeilik skoon met al die gaatjies. Die stofwolk wat die rem veroorsaak terwyl mens le en skiet het my ook grensloos gepla. Voel naderhand jy kry sand tussen jou tande.
Vir my is dit 'n nuttelose ding.

Re: Demper vs.Tromprem

Posted: Sun Mar 08, 2015 8:59 pm
by Hercules Louw
Gawie, ons het trompremme van hierdie jaar af verbied by SA Jagters se intertak en nasionale skietkompetisies. By hierdie tipe skietkompetisies lê die skuts na aan mekaar in groot aflossings en soos die manne hierbo gesê het, niemand wil langs iemand deelneem wat met 'n tromprem skiet nie.

Die beginsel wat ons gebruik het vir die besluit is dat daar nie toegelaat kan word dat die aksies of toerusting van een deelnemer 'n ander deelnemer nadelig beïnvloed nie. Ongelukkig werk die stof, harder knal en blast nadelig in op die skuts wat naby iemand met 'n tromprem deelneem. Een van my vriende se wang is verlede jaar stukkend geslaan deur onverbrande kruit of stukkies koolstof afkomstig van die skut langsaan se tromprem.

Re: Demper vs.Tromprem

Posted: Mon Mar 09, 2015 6:48 am
by swc-tr
By Bisley-skiet word trompremme ook verbied, juis oor die redes wat Hercules noem.

Re: Demper vs.Tromprem

Posted: Mon Mar 09, 2015 7:12 am
by Gawie(13mm)
Manne en dames.

Dankie vir almal se skrywes en bydraes.

Die opskrif lui immers Dempers vs. Tromprem.

Ek het nie die plasing onder algemeen gesit nie maar wel onder die toerusting oorsig. Die doel daarmee is om my objektiewe mening oor 'n spesifieke stuk toerusting te gee.
Objektief beteken tog 'n gebalanseerde uitkyk met die doel om so veel as moontlik data in te samel en dan 'n ingeligte besluit te neem.

Daarom is ek opreg dankbaar vir jul terugvoer.

Ek moet bieg dat ek albei stukke toerusting voor en nadele het. Die demper se enigste twee nadele in my oë teenoor die tromprem is die lengte en gewig. Die tromprem se skokgolf en die gepaardgaande klank is egter vir my 'n groter negatief as ek die twee moet opweeg teen mekaar.

Herculus, met alle respek, SA Jagters is nie die enigste organisasie wat veld en teiken skiet aanbied nie. Ek respekteer egter jul standpunt en wanneer ek aan een van SA Jagters se kompetisies deelneem hou ek by jul reëls.
Op die stadium is trompremme 'n algemene gesig by SA Jaggeweer, se kompetiesies.

Ek sou Saterdag ook nie dik van die lag gewees het om langs myself te lê nie. Ek was die enigste in my aflos van ses persone wat met 'n tromprem geskiet het. Twee persone met dempers en dus drie sonder enige rem of demper. Ek het wind af van die ander gelê en 75% van die stof het weg getrek van die ander skuts. Die 3 persone sonder remme se 308's het saam meer stof opgeskop en ek moes elke keer wag dat hul stof verbytrek voor ek my teiken kon sien deur die teleskoop.

Soos reeds gemeld pla die stof en skokgolf my as skut in die lê posisie ook , maar uit die vuis is die stof afwesig en ek is baie meer stabiel as met die demper.

Re: Demper vs.Tromprem

Posted: Mon Mar 09, 2015 8:08 am
by maxboostsa1
Met die volgende kompetisie sit jy al die manne met trompremme langs mekaar…. Dan sal jy sien hoe gluur hulle vir mekaar.

Re: Demper vs.Tromprem

Posted: Mon Mar 09, 2015 8:40 am
by Smirre
Gawie
Ek het beide vir my 6.5
My probleem is jy kan nie met altwee werk nie.
Die rem skiet baie hoer as die demper en dan nog links ook in my geval

Ander probleem is dat al hoe meer instansies die rem verbied oor die redes hierbo vermeld

My rem le in die herlaaikamer, afgetree ;D

Smirre

Re: Demper vs.Tromprem

Posted: Mon Mar 09, 2015 8:51 am
by Hein22
Gawie, ek verkies die tromprem agv gewig en balans. Soos jy weet is daar is ook nie hutte golwe wat afgegee word soos met die demper wanneer hy warm word nie.

Ek skiet die veldskiete gereeld en skiet self met die tromprem. Ek het ook al baie kere langs skuts geskiet wat ook een het. Vir my is die 6mm en kleiner kalibers se skokgolf regtig nie so erg nie. Dit is beslis merkbaar maar nie so dat dit my pla nie. Ek het egter een keer langs 'n 300winmag gele met tromprem. Ek het flip caps op my scope en elke keer wat die man geskiet het was die blast so erg dat die caps wat 'spring loaded' is op gespring en weer plat geslaan het.

Ek is baie lief vir my tromprem maar verstaan waaroor die manne kla. Miskien moet hulle die kaliber waarop hy geskiet word beperk eerder as om hulle heeltemal te verban. Ek het ook al gesien dat as een man kla wil almal sommer opspring en kla net omdat hulle kan. :-\

Re: Demper vs.Tromprem

Posted: Mon Mar 09, 2015 11:30 am
by Smous v.d. Vyver
Die manne wat so op wa klim,sies vir julle!

Ek skiet met een op my 243 in SA jag veldskiete.Ek het voorheen hom op my 308 gehad nadat ek heel eerste met silencer probeer kompeteer het.Die muzzle brake gee jou voordeel bo ander of jy nou hou van hom of nie.Ook een van die groot redes hoekom die ander manne moan.Soos genoem het ek silencer getoets in veldskiete,in my geval was die geweer lomp,swaar en wanneer hy warm geword het,sukkel hy om af te koel.Die gevolg is dat die mirage wat deur die warm silencer en loop kombinasie afgee word jou skote op die papier teikens opwaarts en in 'n rigting trek.

Met die muzzle brake kan ek ook my skote deurvolg sommer op 100m al,Wanneer ek papier skiet kan ek presies sien waar die skoot print op papier voordat ek my oe knip.

Ek probeer altyd so bedagsaam as moontlik wees teenoor ander skuts wat nie met hulle skiet nie en vra dus die baan beampte of die manne met die brakes kan terugstaan en dan net na die aflos sommer almal saam skiet.

Die punt wat ek probeer maak is op kompetsie vlak hoekom sit jy vir jou ander kolf,sneller scope,custom loop ens op.Dit is om 'n voorsprong en voordeel te kry bo ander skuts teen wie jy kompeteer.Dus solank as wat dit toegelaat word in die kompetisies waarin ek deelneem sal ek met een skiet.

Vir jagdoeleinde skiet ek met silencer.Daar skiet ek net 2 skote en vat 5 bokke huistoe,so die geweer raak nie warm nie!haha

Ek hoop regtig hierdie draad raak nie in 'n popcorn geveg oor watter een beter is nie en wie wat verpes nie.Gawie wou maar slegs die verskille tussen die twee ten toonstel.

Mooi dag vir julle!

Re: Demper vs.Tromprem

Posted: Mon Mar 09, 2015 11:50 am
by PWV
Corné v.d. Vyver wrote: Vir jagdoeleinde skiet ek met silencer.Daar skiet ek net 2 skote en vat 5 bokke huistoe,so die geweer raak nie warm nie!haha

Mooi dag vir julle!
Ek wil nie op 'n plek jag waar ander ouens vir my bokke skiet nie, en dit nogal vyf! 8)

Re: Demper vs.Tromprem

Posted: Mon Mar 09, 2015 11:53 am
by Smous v.d. Vyver
Gewoontlik maar ou manne wat se oe sleg raak vir wie ek daai bokke skiet!