Page 1 of 1
Raad asb
Posted: Wed Mar 11, 2015 11:30 am
by Johan04
MOre Manne
Ek het raad nodig.By my was n broeipaar waarvan die 5 jonges dood gemaak is,1 nag skiet,3 helikopter en 1 met slagyster. Die teef het ek geskiet saam met die een jonge, die reun is nog oor.
Die laaste jonge is Vrydagaand gevang.
Enige raad wat en vannaand kan probeer om die reun in te kry asb.
Ek self het gedink kleinkos,dan kleinjak distres en dan jakkals baklei,dalk jak-bakoor baklei.
Wat dink julle?
Groete
Johan
Re: Raad asb
Posted: Wed Mar 11, 2015 11:37 am
by cassie_calvinia
ek sou gaan vir enkel jak roep.
baie jonges begin nou uiit beweeg.
dalk soek hy 'n nuwe vryer.
twyfel of jy hom op kos gaan wen. maak hom nuuskierig.
ek sou raai, moet ook nie die enkel jak roep laat lank speel. net so eenn of 2 keer blaf.
en dan lang stiltes. en speel baie min. tik tik op Louis se kursus cd is ook lekker
ek sal bv 'n bokkie net so 4 keer, vir 3-5sekondes in die half uur speel. met so tik hier na 18-20min.
hier by mym skiet jy nie 'n duiwel nou 'n ou jakkals met die standard kos nie.
ek wil nog die kuns lekker bemeester met nuuskierig maak.
Re: Raad asb
Posted: Wed Mar 11, 2015 11:43 am
by Johan04
Cassie,ek is gister daar deur jou dorp,ook maar droog soos hier by ons.
Watter enkel roep sal jy aanbeveel. Dalk van Louis se paljas klanke?
Ek het ongelukkig nie Louis se kursus cd nie.
Groete
Johan
Re: Raad asb
Posted: Wed Mar 11, 2015 11:46 am
by cassie_calvinia
hou van solo1.
maar ek sal hom net 2 keer laat skree
Re: Raad asb
Posted: Wed Mar 11, 2015 3:16 pm
by Jannie
Ek stem Cassie, kan net byvoeg nou een aand so lekker suksesvol met Solo 1 en saggies Sukimaat agterna, 15 minute toe ry die teef bakkie wie se reun ek 3 aande vroeƫr geskiet het.
Re: Raad asb
Posted: Wed Mar 11, 2015 4:18 pm
by Johan04
Goeie raad Jannie. Dit maak sin.
Re: Raad asb
Posted: Thu Mar 12, 2015 4:53 pm
by Abrie Smit
Paljas Sukimaat is 'n wenner. jy kan hom maar probeer.
Re: Raad asb
Posted: Thu Mar 12, 2015 10:12 pm
by hebron
Moenie die ou staatmaker "locater" vergeet nie en vir afsluit in so n situasie het Robvlekkie my al baie uitgehelp