Page 1 of 1
Rock chucker of Big Boss 2 en hoekom?
Posted: Fri Mar 13, 2015 1:49 pm
by phb
Wie het al met beide die "presses" gewerk? Watse een verkies julle en hoekom?
Tyd vir n upgrade en sit en twyfel watse een om voor te gaan. Duurste is nie altyd die beste nie...
Hoor graag van julle.
Groete,
phb
Re: Rock chucker of Big Boss 2 en hoekom?
Posted: Fri Mar 13, 2015 2:01 pm
by Pvdw
phb ek luister saam met jou. Ek het na dieselfde opsies as jy gekyk maar dit was bietjie rof vir my. Ek het toe met LEE se groot Clasic cast press gegaan en wonder nounog hoekom die ander 2 soveel duurder is.
Re: Rock chucker of Big Boss 2 en hoekom?
Posted: Fri Mar 13, 2015 2:02 pm
by Capt. Yoda
Maat hulle is so nabe aan mekaar ek dink nie baie mense sal die verskil kan sien nie. In die US is al verskil tussen die manne daar dat die Redding in Amerika gemaak word en die RCBS nou in China (Die amerikaners hou nie baie daar van nie).Die een lekker ding vir my van die redding is die tube wat hy onder het wat die primer vang as jy jou dop size.
Hulle is al 2 baie lekker en die enigste een beter imo is die Forster Co-Ax
Re: Rock chucker of Big Boss 2 en hoekom?
Posted: Fri Mar 13, 2015 2:18 pm
by Jaco vdW
phb ek het geleer om te laai op n Rock chucker, en besit nou n Big Boss II. Beide is puik produkte, en jy sal nie met een n fout maak nie. Ek stem saam met Kapt. die primer vang metode van die Redding werk goed (dalk so bietjie beter as die RCBS).
As ek nou moes koop, wil ek sê vat die goedkoper een, en spandeer die balans op iets handig soos n universal decapping die, bullet puller, ens.
Re: Rock chucker of Big Boss 2 en hoekom?
Posted: Fri Mar 13, 2015 2:22 pm
by Hein (Haan)
Jaco vdW wrote:phb ek het geleer om te laai op n Rock chucker, en besit nou n Big Boss II. Beide is puik produkte, en jy sal nie met een n fout maak nie. Ek stem saam met Kapt. die primer vang metode van die Redding werk goed (dalk so bietjie beter as die RCBS).
As ek nou moes koop, wil ek sê vat die goedkoper een, en spandeer die balans op iets handig soos n universal decapping die, bullet puller, ens.
+1 spaar die ekstra geld vir n goeie "die" stel, dit maak net so groot verskil.
Re: Rock chucker of Big Boss 2 en hoekom?
Posted: Fri Mar 13, 2015 2:23 pm
by joe rocket
Kyk ook na die forster press. Hulle dies skroef nie in die press nie.
Re: Rock chucker of Big Boss 2 en hoekom?
Posted: Fri Mar 13, 2015 2:23 pm
by DawieKotze
Pvdw wrote:Ek het toe met LEE se groot Clasic cast press gegaan en wonder nounog hoekom die ander 2 soveel duurder is.
100% - daai Classic Cast is 'n Meneer van 'n press!!
......en hy het ook 'n pypie vir die primers!

Re: Rock chucker of Big Boss 2 en hoekom?
Posted: Fri Mar 13, 2015 2:31 pm
by MJK
As jy wil upgrade, doen jouself die guns en koop die Forster co-Ax press. Jy sal nooit weer terug kyk nie.
Hy sentreer die die en doppie met mekaar, het hefboom wat reguit af trek en nie dwars nie, maw geen speling op die meganisme nie, ens ens ens. Doen bietjie navorsing en bedank my na die tyd
oja het ook pypie vir die primers

Re: Rock chucker of Big Boss 2 en hoekom?
Posted: Fri Mar 13, 2015 2:40 pm
by DawieKotze
MJK wrote:
oja het ook pypie vir die primers

............teen 3 maal die prys van die Classic cast!

Re: Rock chucker of Big Boss 2 en hoekom?
Posted: Fri Mar 13, 2015 2:42 pm
by THOMAST
phb,
Ek het 'n Rockchucker pers gehad. Baie stewige pers met hope wringkrag.
My pers het die ou gebruikte slagdoppies uitgegooi deur 'n gleuf wat in die hoofskag gesny is. Slagdoppies is deur 'n bakkie opgevang wat rondom die skag gepas het. Daai pers was my eerste pers, aangekoop in 1974.(ek was nog jonk en onbeskof en het nie gewarrie oor slytasie op perse nie.
Feit is dat ek agtergekom het dat daar redelike slytasie op die hoof skag was na baaaie gebruik, agv volgende rede:
Neerslag van gebruikte slagdoppies wat met olie op skag gemeng het en die skag geskuur het met gepaardgaande slystasie en speling op die hoof skag, iets wat nie wenslik is vir akkurate, herhaalbare herlaaiwerk nie.
Die RCBS is toe vervang met 'n Redding Ultramag pers. Wat ek hou van hierdie pers is jy kan jou hande inkry om die patroon as hy in die dophouer is, hy het baie wringkrag, en gebruikte slagdoppies word opgevang deur 'n buis wat gekoppel is aan die onderkant van die hoof as, maw slagdoppies en newe produkte raak nie aan die buitekant van die pers se hoofskag nie- skag area is skoner en abrasie word beperk.
Ek sien die Boss2 het ook so 'n buis stelsel, terwyl die RCBS nog steeds die ou slagdoppies langs die skag uitwerp met die residu wat op die skag kan beland.
Re: Rock chucker of Big Boss 2 en hoekom?
Posted: Fri Mar 13, 2015 3:34 pm
by Dries101
Boss 2 juis oor jy uit vsa uitkom
Re: Rock chucker of Big Boss 2 en hoekom?
Posted: Fri Mar 13, 2015 4:09 pm
by phb
Dankie sover, wil my voorkom dat meeste meer teen gunste is van die big bos 2. Die Forster sal ook nou oorweeg word, waar in SA koop mens hulle teen die beste prys? Wat sal so outjie jou uit die sak jaag?
Re: Rock chucker of Big Boss 2 en hoekom?
Posted: Fri Mar 13, 2015 4:20 pm
by Williel
Humansdorp se Ko-operasie prys op Bigg Boss 2 is bitter goed. Ek wil graag een daar koop. Dis net te ver. Tussen die 2 wonder ek watter een die minste bullet runout sal gee.
Re: Rock chucker of Big Boss 2 en hoekom?
Posted: Fri Mar 13, 2015 4:31 pm
by Gian_dP
Williel wrote:Humansdorp se Ko-operasie prys op Bigg Boss 2 is bitter goed. Ek wil graag een daar koop. Dis net te ver. Tussen die 2 wonder ek watter een die minste bullet runout sal gee.
Hulle stuur hom vir jou vir omtrent R100 ekstra. Myne binne 3 dae gekry. Vir meer as dubbel, dink ek nie die algemene herlaaier gaan 2X beter laai met n Foster nie.
Rcbs ook lekker press, maar big boss in my opinie beter en goedkoper
Re: Rock chucker of Big Boss 2 en hoekom?
Posted: Fri Mar 13, 2015 5:17 pm
by Capt. Yoda
Moet net nooit met n pel se co-ax werk as jy nie self een het nie nie want jy gaan vir altyd een wil he.Ek het die Big Boss2 nou onlags gekoop en is 100% gelukkig hy werk soos n boss maar ek dink ek moes ma die Forster gekoop het. Co-Ax is net ongelukkig 2x die prys van die boss2. Soos Beendr se ek glo nie ons gaan regtig 2x beter laai nie maar hy het n paar lekker tricks.Daai "shell holder" is bitter oulik
Re: Rock chucker of Big Boss 2 en hoekom?
Posted: Sat Mar 14, 2015 12:21 pm
by ShaunR
Capt. Oblivious wrote:Moet net nooit met n pel se co-ax werk as jy nie self een het nie nie want jy gaan vir altyd een wil he.Ek het die Big Boss2 nou onlags gekoop en is 100% gelukkig hy werk soos n boss maar ek dink ek moes ma die Forster gekoop het. Co-Ax is net ongelukkig 2x die prys van die boss2. Soos Beendr se ek glo nie ons gaan regtig 2x beter laai nie maar hy het n paar lekker tricks.Daai "shell holder" is bitter oulik
Here I have to agree with Capt.Oblivious. I own a Forster Co-Ax press with a wide range of Forster dies which i generally import from Brownells in the USA because with postage and import duties it was just much cheaper. The jaws are fantastic, overall run out is kept to a minimum and its a fantastic press. Ask anybody who has one and I doubt that you will find an unhappy reloader. Only problem is the price in SA.
Re: Rock chucker of Big Boss 2 en hoekom?
Posted: Sat Mar 14, 2015 10:42 pm
by Dewitt
Het onlangs Redding produkte gekoop en wat ek van hou, is daar staan 'n naam van die person wat jou produk met die hand aanmekaar gesit en getoets het en nie net made in China of waar ook al nie.
Re: Rock chucker of Big Boss 2 en hoekom?
Posted: Sun Mar 15, 2015 10:38 am
by Dries101
Die beste press is die een met die reguitste matrys in.
Re: Rock chucker of Big Boss 2 en hoekom?
Posted: Sun Mar 15, 2015 10:56 am
by phb
Dries, amper so iets, maar sou eerder se die beste press is die een saam n matrys wat jou die reguitste ammunisie gee..