Page 1 of 1

Zebra te skiet

Posted: Fri Mar 13, 2015 4:44 pm
by Jakkie 321
Is daar iemand wat sou belang stel om n zebra te skiet vir R4000.
Dis net buite Mosselbaai. Vel en vleis is joune.

Groette

Re: Sebra te skiet

Posted: Fri Mar 13, 2015 4:47 pm
by JacquesT (Stompe)
Jis dis jammer jy is so ver.

Re: Sebra te skiet

Posted: Fri Mar 13, 2015 4:51 pm
by Karl Stumpfe
Jakkie, as hy nog die vakansie (maw na 26 Maart) beskikbaar is, sal ek belangstel om my vrou te vat. Gee meer details asb.

Re: Sebra te skiet

Posted: Fri Mar 13, 2015 5:34 pm
by Pappabeer
Karl Stumpfe wrote:Jakkie, as hy nog die vakansie (maw na 26 Maart) beskikbaar is, sal ek belangstel om my vrou te vat. Gee meer details asb.

Tong in die kies... Dit moet werklik die eerste keer in die geskiedenis wees wat iemand al die pad van die Kaprivi af gaan Suidkaap toe om 'n Zebra te skiet!

Re: Sebra te skiet

Posted: Fri Mar 13, 2015 5:55 pm
by Karl Stumpfe
Pappabeer, ja maar my vrou bly in Bloem en ons hou vakansie by mosselbaai. Ek soek vel vir iemand, en dis net baie minder moeite as om een van Namibia te laat afkom.

Re: Sebra te skiet

Posted: Fri Mar 13, 2015 6:41 pm
by win270
Daardie vel kan nogal teen 'n stywe prys voor verkoop word as hy netjies gebrei is.

Re: Sebra te skiet

Posted: Fri Mar 13, 2015 7:05 pm
by Jakkie 321
Karl Stumpfe wrote:Jakkie, as hy nog die vakansie (maw na 26 Maart) beskikbaar is, sal ek belangstel om my vrou te vat. Gee meer details asb.

4 bene men wit en swart strepe ;D

Ongelukkig moet dit so gou as moontlik "geskiet" maar as dit by daai tyd nog beskikbaar is dan kan ons praat.

Groette

Re: Sebra te skiet

Posted: Fri Mar 13, 2015 7:21 pm
by Pappabeer
Karl Stumpfe wrote:Pappabeer, ja maar my vrou bly in Bloem en ons hou vakansie by mosselbaai. Ek soek vel vir iemand, en dis net baie minder moeite as om een van Namibia te laat afkom.
Neewat, ek spot sommer. Ek hoop julle kom reg met die jag. Ek het self vandag voorlopig vasgemaak op twee Zebras in die Drakensberg. Jy kan my kontak as jou en jou vrou se jag nie uitwerk nie, en jy wil een van die velle hĂȘ.

Re: Zebra te skiet

Posted: Fri Mar 13, 2015 8:05 pm
by GreyGhostGear
Hi Jakkie,

Het jou Pm gestuur.

Groete.

Re: Zebra te skiet

Posted: Fri Mar 13, 2015 8:36 pm
by GreyGhostGear
Lyk nie Pm gaan deur nie.

Re: Zebra te skiet

Posted: Mon Mar 16, 2015 4:28 pm
by reggie
Wanneer wil jy die Zebera laat skiet? Ek is in die Paarl en sal graag die Zebera neem as dit nog beskikbaar is.
Ons Kalahari jag het deur die mat geval so die jag sal perfek wees!
Laat weet asb.

Dankie
Regardt 082 847 6333
regardt@rwsa.co.za

Re: Zebra te skiet

Posted: Fri Mar 20, 2015 12:17 pm
by Jakkie 321
Jammer dat ek nou eers terugvoering gee. Ek wag vir die boer om vir my n datum te gee. Ongelukkig wag ek ook vir n antwoord. Sodra ek meer weet sal ek julle se.

Groette

Re: Zebra te skiet

Posted: Sun Sep 06, 2015 4:36 pm
by Wildejagter7705
Is die Zebra nog beskikbaar, stel belang asb.

Re: Zebra te skiet

Posted: Mon Sep 07, 2015 4:36 pm
by Jakkie 321
Widejagter 7705 ongelukkig nie meer nie.

Groette