Page 1 of 1

chopper manne

Posted: Mon Mar 16, 2015 9:17 am
by cassie_calvinia
is daar iemand wat ek kan gebruik.
wil dienste lewer vir chopper ook.
calvinia area natuurlik.
en, wat is die onkostes deesdae

Re: chopper manne

Posted: Mon Mar 16, 2015 10:03 am
by Dawie
Bel vir Ben Potgieter 0823217963

Re: chopper manne

Posted: Mon Mar 16, 2015 10:42 am
by Smirre
Cassie
R44 kos R5500 + VAt per uur...onthou die 44 moet vlieg tot by jou
Mens kom ver in 'n uur as jy jag
Weet nie wie is daar naby jou nie

R22 is R3800 + VAT ( kan dalk al op wees)
Hy word gesleep tot by jou

BAIE gewigsensitief

Andre

Re: chopper manne

Posted: Mon Mar 16, 2015 10:50 am
by cassie_calvinia
smrire
vlieg jy?
betaaal jy per jakkals?
en skut?

Re: chopper manne

Posted: Mon Mar 16, 2015 10:53 am
by Smirre
Cassie
Nee ek skiet net!!

Die man wat vlieg stel die tariewe vas en hy vra nie geld per jakkals,,,ek verbeel my daar is wel van die manne wat
geld per jak ook vra

Andre

Re: chopper manne

Posted: Mon Mar 16, 2015 10:54 am
by cassie_calvinia
Smirre wrote:Cassie
Nee ek skiet net!!

Die man wat vlieg stel die tariewe vas en hy vra nie geld per jakkals,,,ek verbeel my daar is wel van die manne wat
geld per jak ook vra

Andre
dankie
ssal die R22 3 mense dra? boer, pilot, en skud? in ag geneem, die manne het maar lekker pense

Re: chopper manne

Posted: Mon Mar 16, 2015 11:03 am
by Smirre
NEE
R22 vir 2 van MAX 75kg
R44 vir 3 en dan moet die pense ook nie te groot wees nie

Onthou jy vlieg laa en vossie maak jakkalsdraaie....hoe minder in die R44 ook hoe beter
Die terein is ook bepalend..in berge sal ek nie in die R22 wil skiet nie en ook nie met 3 in n R44 nie

Jy wil maar soveel moontlik krag he

Re: chopper manne

Posted: Mon Mar 16, 2015 11:08 am
by cassie_calvinia
dawie, het tmet ben gepraat.
houu van hom.
al stront is, ek sal moet saam vlieg.

Re: chopper manne

Posted: Mon Mar 16, 2015 12:14 pm
by Henry 7
Kom nou Cassie-dis lekker!

Re: chopper manne

Posted: Mon Mar 16, 2015 12:15 pm
by cassie_calvinia
Henry 7 wrote:Kom nou Cassie-dis lekker!
lekker ja

Re: chopper manne

Posted: Mon Mar 16, 2015 1:20 pm
by KSV
cassie_calvinia wrote:dawie, het tmet ben gepraat.
houu van hom.
al stront is, ek sal moet saam vlieg.
is Oom nou skrikkerig?

Re: chopper manne

Posted: Mon Mar 16, 2015 1:29 pm
by Jakkie 321
cassie_calvinia wrote:
Henry 7 wrote:Kom nou Cassie-dis lekker!
lekker ja

Tel my op oppad soontoe dan vlieg ek saam ;D

Re: chopper manne

Posted: Mon Mar 16, 2015 2:22 pm
by NicoSmit
Daai Robin R44 val maar vinnig as daai fan bo hom gaan staan

Re: chopper manne

Posted: Mon Mar 16, 2015 6:16 pm
by johans
cassie_calvinia wrote:smrire
vlieg jy?
betaaal jy per jakkals?
en skut?
r22 was n maand terug hier.r4000 n uur en dan r10p/km heen en weer(hy sleep die chopper met n 4.5 cruiser)dan moet die boer self skiet.maar skuts vra gewoonlik rondom r200 per jak of kat

Re: chopper manne

Posted: Mon Mar 16, 2015 10:06 pm
by theedge
Nee man daai te ver vir my - wil nog eendag so n skiet meemaak so as daar manne is in die omgewing laat weet as julle weet van iemand wat met die chopper gaan skiet en wat hand nodig het al is dit ook net om die jakkies op te tel. ++>: