Page 1 of 1

Graad C2 of C3 geelvet.

Posted: Mon Mar 16, 2015 1:20 pm
by sako 30-06
Het iemand al met die vet wildsdroewors of braaiwors gemaak?

Ek wil dit probeer,dink dit sal die wors n baie lekker smaak gee.

Re: Graad C2 of C3 geelvet.

Posted: Mon Mar 16, 2015 1:31 pm
by Hein (Haan)
As dit so lekker soos die geelvet op biltong is kan jy maar wors maak.

Re: Graad C2 of C3 geelvet.

Posted: Mon Mar 16, 2015 1:40 pm
by sako 30-06
Haan wrote:As dit so lekker soos die geelvet op biltong is kan jy maar wors maak.
Haan dis juis daai goudgeel vet.Ek het n kontak wat geelvet biltong maak en hy sny weekliks oortollige vet af.

Ek gaan die vet nou by hom oorkoop.

Lekkerste vet wat n mens kry so ek dink dit kan baie mooi werk.

Re: Graad C2 of C3 geelvet.

Posted: Mon Mar 16, 2015 1:42 pm
by Dolf014
Ek het dit verlede jaar in my braai wors en droee wors gebruik >>> baie lekker.

Re: Graad C2 of C3 geelvet.

Posted: Mon Mar 16, 2015 1:43 pm
by sako 30-06
Dolf014 wrote:Ek het dit verlede jaar in my braai wors en droee wors gebruik >>> baie lekker.
Dis goeie nuus.Het jy dit nie in jou droewors prober nie?

Re: Graad C2 of C3 geelvet.

Posted: Mon Mar 16, 2015 1:49 pm
by Dolf014
Sako......lees mooi my comment.
Ek het in droee wors ook gebruik. Loop baie mooi. (Verhouding 1:4)

Re: Graad C2 of C3 geelvet.

Posted: Mon Mar 16, 2015 1:54 pm
by sako 30-06
Dolf014 wrote:Sako......lees mooi my comment.
Ek het in droee wors ook gebruik. Loop baie mooi. (Verhouding 1:4)
;D Askies dolf,dis wat gebeur as n mens twee goed op een slag probeer doen.

Jmr man.

So jy meng net vet by jou wildsvleis?Geen beesvleis of vark vir die braaiwors nie?

Re: Graad C2 of C3 geelvet.

Posted: Mon Mar 16, 2015 2:03 pm
by Dolf014
Ek gebruik net die skoon bees vet. Maar jy moet in gedagte hou; persoonlike smaak verskil.
Verder moet ek ook noem; ek gebruik presies dieselfde mix (vet en spices) vir my braai wors en droe wors.

Re: Graad C2 of C3 geelvet.

Posted: Mon Mar 16, 2015 2:05 pm
by sako 30-06
Dolf014 wrote:Ek gebruik net die skoon bees vet. Maar jy moet in gedagte hou; persoonlike smaak verskil.
Verder moet ek ook noem; ek gebruik presies dieselfde mix (vet en spices) vir my braai wors en droe wors.
Dankie Dolf,dis presies wat ek wou weet.

Sal dit die naweek toets.

Re: Graad C2 of C3 geelvet.

Posted: Mon Mar 16, 2015 3:22 pm
by douw
Sako 30-06, jy moet asb laat weet as daar ekstra vet oor is.

Re: Graad C2 of C3 geelvet.

Posted: Mon Mar 16, 2015 4:23 pm
by Carl
sako 30-06 wrote: So jy meng net vet by jou wildsvleis?Geen beesvleis of vark vir die braaiwors nie?
Nee wat manne soos enige man moet wors so bietjie vark in hom hê.

Ons het nou die naweek Sirlion van Vryburg gekry. 2 Stukke een was geelvet - maw bees van die veld af, die ander wit. My eie opinie die geel proe na iets en jy kan dit eet. Die vleis was ook effe sagter, maar dit kan te wyte wees aan 'n rustige koei. Nie soos sommige ouens se vrouens wat heeltyd tens is oor alles nie. ;)

Re: Graad C2 of C3 geelvet.

Posted: Mon Mar 16, 2015 4:45 pm
by douw
Carl wrote:

>:+ >:+

Re: Graad C2 of C3 geelvet.

Posted: Mon Mar 16, 2015 6:31 pm

Ek sit ook gewoonlik pork trimmings en spek in my braaiwors,maar ek wil die jaar bietjie eksperimenteer en dalk 2 of 3 soorte wors maak.

Re: Graad C2 of C3 geelvet.

Posted: Mon Mar 16, 2015 7:39 pm
by joe rocket
Ek het al brisket in my wors gemeng baie lekker. Die geel vet sal lekker smaak.