Page 1 of 2

Raad vir nuwe jakkalsjagters.

Posted: Tue Mar 17, 2015 1:51 pm
by G-force
Manne ek het die lysie saamgestel as raad vir nuwe jagters wat dinge reg wil doen.Ek is virseker nie n voltydse of die beste roep en skiet persona nie so dus vra ek raad en soek insette hier.As ons wat in die afdeling is dalk die lysie kan nagaan en beter maak dan kan ons dit in die oop forum plaas sodat ons dalk n paar manne kan tou wys.
Help waar julle kan asb:
Vir nuwe manne wat jakkalse wil beginne jag wat sal julle se moet hul eerste doen,koop en bywoon?Watse volg orde en tydperk ensv?
In my opinie sal ek voorstel hy maak so in die volgorde:
1.Kry iemand wat n goeie naam in die bedryf het en gaan saam hom uit,minimum 10 volle jag aande.
2.Terwyl jy met stap een doenig is probeer tenminste een of twee inleidende kursusse bywoon.Leer so veel moontlik van jakkals en kat gedrag en lewens siklus.
3.Sorg dat jy n geweer het wat goeie spoed maak (3500fps+) en kry ook n goeie nag jag scope.n Knaldemper help almal se ore.
4.Koop n ordentlike skiet stoel.
5.Sorg dat jou "jag bakkie" nie gaan blink of uitstaan in die aande nie.
6.Koop twee jag ligte.Die een vir die geweer/skietstoel moet n dimmer he,die ander n handheld soek lig sonder dimmer.
7.Koop n goeie optel flits om dooie jakklse te loop soek.
8.Gaan oefen met jou stoel,bedags op verskillende afstande net om gemaklik te raak met die opset.
9.As al die boonste aspekte in plek is en jy het genoeg tyd saam n bestaande jagter deurgebring het en jy voel jy verstaan hoekom hy doen wat hy doen op verskillende tye van die jaar kan jy nou vir jou self n roeper gaan koop.
10.Koop CD's en laai klanke op.Luister na die klanke by jou huis en maak seker jy weet watter is watter.
11.Bou n roeper pen om die roeper van die grond af te lig.
12.Vra jou jakkalse jagter pel om die eerste paar aande saam jou op jou jag bakkie deur te bring.Op die manier sal hy kan help,as als op jou skouers nou val is die menslik en maklik om duur foute te maak.
13.Hou aan kursusse bywoon,mens leer elke keer iets nuut.
14.Geniet die roep en skiet.
15.Geen drank moet voor of tydens die roep en skiet sessie gebruik word nie.

Re: Raad vir nuwe jakkalsjagters.

Posted: Tue Mar 17, 2015 6:24 pm
by Cobus(Cobb)
16. Begin spaar vir jou freezer suit.....daars niks so mismoedegind as om vroeg huistoe te gaan agv bietjie koudkry nie.

Re: Raad vir nuwe jakkalsjagters.

Posted: Tue Mar 17, 2015 8:14 pm
by Wayne
I would say that when you get your teacher to go with, let him do the calling and you search and shoot, just to make less things to concentrate on.
Range finder
Get a nice flask for coffee / tea.
Make sure your " loving " partner is understanding ;)

I see I put in a duplicate, could someone please erase the first post, thanks.

Re: Raad vir nuwe jakkalsjagters.

Posted: Tue Mar 17, 2015 8:17 pm
by tripodmvr
Net 'n vraag manne. Julle inligting is nou onder 'n geslote hofie. Stel 'n behoorlike handleiding op en plaas dit sodat die aspirant jagters dit kan gebruik.

Re: Raad vir nuwe jakkalsjagters.

Posted: Tue Mar 17, 2015 8:17 pm
by cassie_calvinia
goeie inligting.
dink jul nie dit moet geskuif raak dat almal dit kan sien nie?
dink hier is baie mense wat wil begin. en, dan nie die topic kan lees

Re: Raad vir nuwe jakkalsjagters.

Posted: Tue Mar 17, 2015 8:20 pm
by Wayne
Tripod, Cassie that is what G-Force said he wants to do, so if we all put in our 2c worth, we might actually also get a tip or 2, I think it is a good idea.

Question: I search with the same light I shoot with, it has a dimmer, I do not have a hand held - right or wrong.

Re: Raad vir nuwe jakkalsjagters.

Posted: Tue Mar 17, 2015 8:51 pm
by Armand9
GPS!
Spaar bulb vir lightforce.
Pakke geduld.
Dink om gereeld saam iemand te jag wat ook die ding reg doen is baie belangrik. Mens raak soms nalatig met n roetine vasgevang. Mens leer altyd iets met ta!

Re: Raad vir nuwe jakkalsjagters.

Posted: Tue Mar 17, 2015 8:55 pm
by G-force
Manne dit staan in die eerste paragraaf dat ek dit na die oop forum toe wil skuif nadat ons almal daar deur gewerk het.

Re: Raad vir nuwe jakkalsjagters.

Posted: Tue Mar 17, 2015 9:01 pm
by NicoSmit
Gaan deur jou kursus materiaal elke nou en dan om jou self skerp te hou

Re: Raad vir nuwe jakkalsjagters.

Posted: Wed Mar 18, 2015 7:41 am
by Geno
Wayne wrote:Question: I search with the same light I shoot with, it has a dimmer, I do not have a hand held - right or wrong.
The handheld LF is for use while moving between stands.

Re: Raad vir nuwe jakkalsjagters.

Posted: Wed Mar 18, 2015 10:05 am
by KSV
Cobus(Cobb) wrote:16. Begin spaar vir jou freezer suit.....daars niks so mismoedegind as om vroeg huistoe te gaan agv bietjie koudkry nie.
Sorg dat jou bin toebly. Freezer suit en warm broek like om weg te waai as jou bin oopgaan op die sinkplaat paaie van ons. ;D ;D

Re: Raad vir nuwe jakkalsjagters.

Posted: Wed Mar 18, 2015 10:12 am
by Marc
Uitstekende info vir n beginner soos ek !

Re: Raad vir nuwe jakkalsjagters.

Posted: Wed Mar 18, 2015 10:26 am
by JACQUES BOTHA
Ge
4.Koop n ordentlike skiet stoel.
of raaam >:D >:+ :laugh:
Ek is mos oud en geniet n raam nogal baie ..
Maar die stoel het soms (soms) sy voordele
Lag lag lag lag ek hoop nie ek leer iemand nou verkeerd nie
Greetings
Jacques

Re: Raad vir nuwe jakkalsjagters.

Posted: Wed Mar 18, 2015 10:29 am
by KSV
Manne ek het die lysie saamgestel as raad vir nuwe jagters wat dinge reg wil doen. Ek is virseker nie n voltydse of die beste roep en skiet persona nie so dus vra ek raad en soek insette hier.As ons wat in die afdeling is dalk die lysie kan nagaan en beter maak dan kan ons dit in die oop forum plaas sodat ons dalk n paar manne kan tou wys.

Help waar julle kan asb:

Vir nuwe manne wat jakkalse wil beginne jag wat sal julle se moet hul eerste doen, koop en bywoon? Watse volg orde en tydperk ensv?

In my opinie sal ek voorstel hy maak so in die volgorde:

1.Kry iemand wat n goeie naam in die bedryf het en gaan saam hom uit,minimum 10 volle jag aande.
2.Terwyl jy met stap een doenig is probeer tenminste een of twee inleidende kursusse bywoon. Leer so veel moontlik van jakkals en kat gedrag en lewens siklus. (Heindrich se E-boek is 'n moet)
3.Sorg dat jy n geweer het wat goeie spoed maak (3500fps+) en kry ook n goeie nag jag scope. n Knaldemper help almal se ore.
4.Koop n ordentlike skiet stoel.
5.Sorg dat jou "jag bakkie" nie gaan blink of uitstaan in die aande nie. (wrap of oor verf duurder opsies, waterverf 'n goedkoper opsie)
6.Koop twee jag ligte. Die een vir die geweer/skietstoel moet n dimmer he, die ander n handheld soek lig sonder dimmer.
7.Koop n goeie optel flits om dooie jakklse te loop soek.
8.Gaan oefen met jou stoel, bedags op verskillende afstande net om gemaklik te raak met die opset.
9.As al die boonste aspekte in plek is en jy het genoeg tyd saam n bestaande jagter deurgebring het en jy voel jy verstaan hoekom hy doen wat hy doen op verskillende tye van die jaar kan jy nou vir jou self n roeper gaan koop.
10.Koop CD's en laai klanke op. Luister na die klanke by jou huis en maak seker jy weet watter is watter.
11.Bou n roeper pen om die roeper van die grond af te lig 'n kamera driepoot werk ook, sommer die cheapies is 100.
12.Vra jou jakkalse jagter pel om die eerste paar aande saam jou op jou jag bakkie deur te bring. Op die manier sal hy kan help,as als op jou skouers nou val is die menslik en maklik om duur foute te maak.
13. Reel jou eie kliente, moeinie jou coach se grond afrokkel nie.
14.Hou aan kursusse bywoon,mens leer elke keer iets nuut.
15.Geniet die roep en skiet.
16.Geen drank moet voor of tydens die roep en skiet sessie gebruik word nie.
17. Warm klere (Freezer suit bv. stel spaar klere man reen nogal nat so nou en dan, Handskoene, balaklawa of beanie)
18. Warm skoene ( skaapwol pantoffels of mac tipe boots, waterdigte paar skoene is ook nie sleg idee as dit begin dou nie)
19. Spares ( Dimmers, bulps, batterye, fuses, plugs of connectors, ductape, electrical tape)
20. Bakkie Spares (jumper kabels, sleeptou, jacks, graaf, spaarwiele (kry ma 2), pomp, puncture repair kit, spaar bulps vir die hoofligte)
21. Onthou n skare op jou bakkie beinvloed jou kanse tot sukses negatief. Nie almal kan stilsit nie.

Re: Raad vir nuwe jakkalsjagters.

Posted: Wed Mar 18, 2015 10:30 am
by KSV
My 2.5c bygvoeg.

sukkel ma met die koud kry deel, haha

Re: Raad vir nuwe jakkalsjagters.

Posted: Wed Mar 18, 2015 11:02 am
by KSV
Darem die waarheid daai Ludwig. Darem self desember n suit aangetrek en November my slippers moes uittrek oor nat gedou.

Re: Raad vir nuwe jakkalsjagters.

Posted: Wed Mar 18, 2015 11:10 am
by KSV
Nog paartjies.

GPS. Merk ma die plaashuis of ingaan. Man verloor nogal partykeer lekker rigting in die nag.
Cleaning kit vir as jou roer natdou of reen.
Sal dink n foon of radio indien jy op baie afgelee plekke moet skiet.

Re: Raad vir nuwe jakkalsjagters.

Posted: Wed Mar 18, 2015 4:21 pm
by Henry 7
Daai lappie wat keer dat die lense of jou bril opwasem.

Re: Raad vir nuwe jakkalsjagters.

Posted: Thu Mar 19, 2015 9:27 am
by KSV
Ge: “Manne ek het die lysie saamgestel as raad vir nuwe jagters wat dinge reg wil doen. Ek is virseker nie n voltydse of die beste roep en skiet persona nie so dus vra ek raad en soek insette hier.As ons wat in die afdeling is dalk die lysie kan nagaan en beter maak dan kan ons dit in die oop forum plaas sodat ons dalk n paar manne kan tou wys.

Help waar julle kan asb:

Vir nuwe manne wat jakkalse wil beginne jag wat sal julle se moet hul eerste doen, koop en bywoon? Watse volg orde en tydperk ensv?”

In my opinie sal ek voorstel hy maak so in die volgorde:

Opleiding:

1. Kry iemand wat n goeie naam in die bedryf het en gaan saam hom uit,minimum 10 volle jag aande.
2. Terwyl jy met stap een doenig is probeer tenminste een of twee inleidende kursusse bywoon. Leer so veel moontlik van jakkals en kat gedrag en lewens siklus. (Heindrich se E-boek is 'n moet)
3. Hou aan kursusse bywoon,mens leer elke keer iets nuut.

Toerusting:

1. Sorg dat jy n geweer het wat goeie spoed maak (3500fps+) en kry ook n goeie nag jag scope. n Knaldemper help almal se ore.
2. Koop n ordentlike skiet stoel.
3. Koop twee jag ligte. Die een vir die geweer/skietstoel moet n dimmer he, die ander n handheld soek lig sonder dimmer.
4. Koop n goeie optel flits om dooie jakklse te loop soek.
5. Bou n roeper pen om die roeper van die grond af te lig 'n kamera driepoot werk ook, sommer die cheapies is 100.
6. Spares ( Dimmers, bulps, batterye, fuses, plugs of connectors, ductape, electrical tape)
GPS. Merk ma die plaashuis of ingaan. Man verloor nogal partykeer lekker rigting in die nag.
7. Cleaning kit vir as jou roer natdou of reen.
8. Sal dink n foon of radio indien jy op baie afgelee plekke moet skiet.
9. Daai lappie wat keer dat die lense of jou bril opwasem.

Bakkie:

1. Sorg dat jou "jag bakkie" nie gaan blink of uitstaan in die aande nie. (wrap of oor verf duurder opsies, waterverf 'n goedkoper opsie)
2. Bakkie Spares (jumper kabels, sleeptou, jacks, graaf, spaarwiele (kry ma 2), pomp, puncture repair kit, spaar bulps vir die hoofligte)

Klere:

1. Warm klere (Freezer suit bv. stel spaar klere man reen nogal nat so nou en dan, Handskoene, balaklawa of beanie)
2. Warm skoene ( skaapwol pantoffels of mac tipe boots, waterdigte paar skoene is ook nie sleg idee as dit begin dou nie)
3. Freezer suit is nie 'n nice to have nie, dit is 'n absolute noodsaaklikheid en goenoeg layering daarmee saam. As jy baie onervare is, moenie dink die somermaande is warm en jy het nie hierdie tipe klere nodig nie. Ek het al in Desembermaand hier op die hoëveld 'n freezer suit moes aantrek.
4. As jou voete koud kry, help dit nie watse suit en layers jy aanhet nie, jou core temperatuur gaan val en jy gaan kort voor lank oppak en huiswaarts keer. Die skoene moet waterdig ook wees. Skaapwol slippers is lekker warm, maar as jy deur nat gras of waterplasse moet loop as jy jakkalse gaan optel, gaan die nat slippers jou nie meer warm hou nie. Beste skoene is Muck Boots wat vir arctic omstandighede gerate is.

Oefening

1. Gaan oefen met jou stoel, bedags op verskillende afstande net om gemaklik te raak met die opset.
2. As al die boonste aspekte in plek is en jy het genoeg tyd saam n bestaande jagter deurgebring het en jy voel jy verstaan hoekom hy doen wat hy doen op verskillende tye van die jaar kan jy nou vir jou self n roeper gaan koop.
3. Koop CD's en laai klanke op. Luister na die klanke by jou huis en maak seker jy weet watter is watter.
Ondervinding in die veld:
1. Vra jou jakkalse jagter pel om die eerste paar aande saam jou op jou jag bakkie deur te bring. Op die manier sal hy kan help,as als op jou skouers nou val is die menslik en maklik om duur foute te maak.
2. Tyd in die veld. Hierdie game is nie een wat jy boeke lees, forums lees en 'n kurses of twee bywoon en daar gaat jy, expert jakkals jagter nie. Nee, ure en ure in die veld in alle tipe weersomstandighede, deurnag tot die son opkom. Jy leer niks meer as jy 11uur op pak en huis toe gaan nie. Daai ure tussen 11uur tot net voor sonopkoms, kan jou maak of breek.
3. Jakkals jag is soos vlieg. Die experts het baie ure agter die rug en met min ure weet jy eintlik nog niks.
4. Reel jou eie kliente, moeinie jou coach se grond afrokkel nie.
5. Geniet die roep en skiet.

Tips:

1. Geen drank moet voor of tydens die roep en skiet sessie gebruik word nie.
2. Onthou n skare op jou bakkie beinvloed jou kanse tot sukses negatief. Nie almal kan stilsit nie.
3. As jy grieperig is, bly by die huis. Nommer een, jou diepte persepsie en nag visie word aangetas as mens siek is en jy is useless agter 'n geweer. Jy gaan net jakkalse slim maak. Nommer twee gaan jy net sieker word agter op die stoel in die nat en koue. Bly by die huis.
4. As jou skietmaat die roeper werk, kyk net so nou en dan of die man nog wakker is en weet wat aangaan. As die gesnork harder is as hasie oor die roeper, kan julle maar skuif.

Ordinansies en wette:

1. Ken die provinsie se wette en ordinansies warin jy jag.
2. Verkty die nofige permitte van Natuurbewaring
3. Sorg dat jy die nodige toestemingsbriewe en dokumentasie altyd beskikbaar het op jou voertuig.

Re: Raad vir nuwe jakkalsjagters.

Posted: Thu Mar 19, 2015 11:14 am
by KSV
Ge,

Hoe lyk hy nou?

Re: Raad vir nuwe jakkalsjagters.

Posted: Fri Mar 20, 2015 7:09 am
by G-force
KSV wrote:Ge,

Hoe lyk hy nou?
Nee gaaf dankie.Wat ek dink ons in die eerste deel moet beklemtoon is dat jy nie eers n roeper gaan koop en beginne "oefen" nie.Net gou try n jakkals of twee inroep.Ek dink ook dat ons nie n kurses se info in die raad probeer sit nie,baie van die goed wat nou bo genoem is is deel van "jag 10 aande saam n kenner".Die tipe info gaan daar geleer word.

Re: Raad vir nuwe jakkalsjagters.

Posted: Fri Mar 20, 2015 7:58 am
by 222
Nou moet julle asb help hoe gaan mens die "probleem"oplos? Ek bedoel nou met die ouens wat die roepers koop en sommer net wil gaan skiet? Ek wil half sê hoe kan ek en jy die manne so half op die regte spoor bring?

Gaan ons sonder om die ou se hele lus te demp hom kan help dat hy ten minste op n 50% regte pad is?

Ek het so half iets begin hier maar luister eers na julle raad

Re: Raad vir nuwe jakkalsjagters.

Posted: Fri Mar 20, 2015 8:12 am
by musgrave270
222

Ek glo mens gaan altyd met die probleem sit. Die man wat ernstig is en eers sy navorsing doen gaan Jaracal afkom en dan hopelik die bogenoemde inligting lees, solank as wat enige ou by enige winkel vir hom 'n roeper gaan koop ens., gaan jy altyd met die probleem sit.

Is daar nie dalk 'n manier wat mens die bogenoemde inligting bv. saam met die roep CD's kan versprei nie? Dan kan die man wat die CD in sy bakkie speel ook die inligting kry. Net 'n voorstel. Dan kan die man self besluit of hy dadelik wil wegspring.

Groete
Ruan

Re: Raad vir nuwe jakkalsjagters.

Posted: Fri Mar 20, 2015 8:31 am
by 222
Ruan

Ek het maar die outjies wat ek weet ernstig is oor dit bymekaar laat kom en so kort inligtings-sessie vir hulle gegee. Arno het kom draai in Januarie en met sy hulp so paar van die moets en moenies gegee.

Die terugvoer na die tyd was en is nog steeds ongelooflik, die ouens vra vra en wil weet hoe maak mens nou, ek vat hulle so een een saam as drywer en dan üpgrade" hy na skieter en dan na roeper skieter.

Ek voel net dat mens eerder voorkomend as genesend moet optree, die manne skiet net op hulle eie grond maar die probleem is dat baie van die grond langs my en ander manne sn is wat dan met die gemors sit as daar drooggemaak word.

Klink dit reg?

Gerrie

Re: Raad vir nuwe jakkalsjagters.

Posted: Fri Mar 20, 2015 1:18 pm
by Wayne
222
Good idea, maybe it is something to do in my area. We are not going to stop the wk-end warriors, but if we educate / assist / help them, maybe we will get better results.