Roep stokke

Any freshwater fishing stories here/ Enige varswater hengel stories hier.
Post Reply
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Roep stokke

Post by Kolhasie »

Dag almal.

Ek wil so roep stok koop vir baber hengel.

Wat kos die stokke min of meer? Dis hoef nie die beste te wees nie maar net vir speel in die water..

Groete KH
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Roep stokke

Post by DWB »

Ek het myne lank terug gekoop, maar hulle moet seker nou al amper R1500-2000 wees?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13641
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Roep stokke

Post by Geno »

Blue Marlin 8'6" roepstok kos nou R1450.00

Ekself soek een.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Roep stokke

Post by DWB »

Daai is van die grootste pret wat 'n man met jou broek aan kan hê.

PS dit sal riskant wees om dit sonder jou broek te probeer :D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Roep stokke

Post by Frederik »

Verskoon die dom vraag maar wat is 'n roep stok?
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Roep stokke

Post by henried »

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Roep stokke

Post by DWB »

Hel Henrie, ek het daai stukkie laaaaank terug geskryf
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: Roep stokke

Post by Kolhasie »

Dankie aan almal.

Ek gaan die naweek loer vir so stokkie. Is daar enige katrol wat julle voor stel?

Watse lood koppe gebruik mens?

Groete KH
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Roep stokke

Post by Jake1 »

Katrol is penn tipe lekker dik lyn of groot baitcaster met dacron/gevlegde lyn so swaar as moontlik. Groot loodkoppe by plekke waar babers sku is of punkinseed waar hulle op karpies jag soos bloemhoff dam. Ek maak sommer self my punkinseeds, in plekke soos bloemhoff is groter beter. Bernard Venter, President of skakelbeampte vir kunsaashengel SA se seun Ruldolph vervaardig die loodkoppe en bemark lume mad pumpkins, hulle sal jou ook kan help met n roepstok. Ons wil binnekort weer n klomp ouens Bloemhoff toe gaan om babers te roep, julle is vry om ons te join dan kan ons n lekker kompetisie hou en tips bymekaar kry. Ruldolph kan jy hier kontak. https://m.facebook.com/groups/267892229 ... mail_notif . Ons het sommer al met gewone stokkies ook geroep. Ek dink DWB is die pro op hierdie gebied?
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Roep stokke

Post by Frikkiedbr »

"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Roep stokke

Post by Jake1 »

Baber 19kg roep met gewone stokkie https://m.youtube.com/results?q=baber%2019kg&sm=3
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Roep stokke

Post by henried »

Heng, dit lyk na pret!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Roep stokke

Post by Eugene »

Ek onthou die eerste keer wat ek gaan babers "klop" het.....
Aim small, miss small
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Roep stokke

Post by Jake1 »

Eugene wrote:Ek onthou die eerste keer wat ek gaan babers "klop" het.....
Klop met .22? ........ in ons plaasdam ;D
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Roep stokke

Post by Jake1 »

henried wrote:Heng, dit lyk na pret!
Henried dit is n extreme sport. In bloemhof loop mens lekker ver in om te roep, dan swem hy sommer van agter tussen jou bene deur en gryp hom. In bloemhoff kry mens hulle maklik oor 15kg. Ek het gesien hoe pluk n 18kg baber een van my pels se voete onder hom uit met die grypslag. ;D Hulle pluk die ouens baie keer van die bote ook af.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Roep stokke

Post by Eugene »

Ek het dit maar geleer as "klop". Ons doen in meestal in die Vaalrivier van 'n kanoe af en ek was al self een keer amper in die water! My grootste so was 21kg en daai perd het my besig gehou met die klein stokkie. Ons gebruik sommer Bass stokke daarvoor en Shimano Kulkatta katrolle met braided lyn. Toe daar nog baie hiasinte in die rivier was, was dit maklik om net op die rand 'n bietjie te klop, deesdae moet mens mooi kyk onder die bome met voëlnessies in.

Baie lekker tydverdryf hierdie! :) :) :)
Aim small, miss small
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Roep stokke

Post by Jake1 »

Hier is een wat ek met roepmetode gevang het, lekker gestoei http://s1087.photobucket.com/user/jake1 ... 1.jpg.html
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: Roep stokke

Post by Kolhasie »

Manne dit lyk heel gaaf. Ek kom ook agter die stokke is nie so baie beskikbaar nie? of kyk ek verkeert?

Sal ek in upington reg kom met so stok of daar rond?

Groete KH voel soos n klein kind met nuwe speelding wat opad is!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Roep stokke

Post by Eugene »

Jy kan eintlik met enige stop roep/klop, die regte stokke maak dit net makliker, want die lyn koek nie om die voorste ogie nie. Ek gebruik lekker sterk bass stokke, maar klop meestal uit 'n kanoe uit...
Aim small, miss small
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Roep stokke

Post by Frederik »

Jaco, daardie olifants by julle behoort vet pret te wees op die metode.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Roep stokke

Post by Jake1 »

Frederik ja dit werk, in die olifants moet mens baie sagter roep en loodkoppe gebruik. Wat lekker werk is as mens n boom oor die water kry met baie voëlmis op of rots in die water met voëlmis dan doen mens buddy casting by dit met wit pumpkinseed, hulle gryp hom dan soms terwyl hy sink en dan skrik jy jou self in n ander geloof in...... ;D Loskop dam se bome in die water werk veral beste vir hierdie metode.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Roep stokke

Post by Rasmus »

" en dan skrik jy jou self in n ander geloof in......"

:laugh: :laugh:

Ek kan net dink! Kyk hier is groot babers in die olifants. Ek het toegang tot een of twee mooi plekke waar daar nie baie mense kom nie ( eintlik niemand) dit is ongelukkig net bitter vêr en moeilike stap om by die spots uit te kom!

Sal self die storie wil try.
Post Reply