Page 1 of 1

Kalahari geelvis malligheid

Posted: Thu Mar 19, 2015 2:45 pm
by JacquesT (Stompe)
Goeie dag kerels,

Ons was verlede jaar Oktober op 'n geelvis hengel wegbreek op die Oranje rivier onder Augrabies. Ons was 8 mans en het in 5 dae 254 geles, 58 moddrbekke en seker 60 babers gevang.

Ek deel graag met julle so paar foto's.

Re: Kalahari geelvis malligheid

Posted: Thu Mar 19, 2015 2:48 pm
by JacquesT (Stompe)
Nog so paar

Re: Kalahari geelvis malligheid

Posted: Thu Mar 19, 2015 2:49 pm
by henried
WOW!
Dis mos nou visvang....

Re: Kalahari geelvis malligheid

Posted: Thu Mar 19, 2015 2:50 pm
by JacquesT (Stompe)
Laastes

Re: Kalahari geelvis malligheid

Posted: Thu Mar 19, 2015 3:07 pm
by Chevvy SS
Lekker!

Re: Kalahari geelvis malligheid

Posted: Thu Mar 19, 2015 3:48 pm
by DawieKotze
Stompe - toe ek die opskrif sien, toe dog ek hierdie een wil ek lees, want ek het nog nooit gehoor van geelvisse in die Kalahari nie!! ;) ;)

Maar ek moet sê - of jy nou in die Kalahari was of nie, mens kan jou mos baie maklik verbeel daai wêreld langs die Oranje is nes die Kalahari! Lekker man - lekker!!

Presies waar was julle gewees? My Oupa het 2 plase gehad daar onderkant die Augrabies wat aan die rivier gegrens het. Met die oopstoot langs die rivier om landerye te maak, het hy 'n warmbron oopgestoot wat nou bekendstaan as Skroef se Bad. Sy bynaam was Skroef.

Dit bly maar net 'n pragtige wêreld. Raak net so bietjie warm in die somer daar tussen die berge.

Groetnis

Re: Kalahari geelvis malligheid

Posted: Thu Mar 19, 2015 4:03 pm
by JacquesT (Stompe)
Hi Makhado,

Dit is ook onderkant Augrabies. Die toer groep wat jou uitvat is Kalahari Outventures (ek het maar aangeneem dis Kalahari, is nie baie vertroud met daai wereld nie).

Die trip bestaan uit 4 dae se visvang oor 38km se rivier wat jy dek. Jy roei totdat jy lekker rapids kry, stop en vang vis, as die visvang afplat roei jy aan. Dis relatief goedkoop en sluit al jou kos in. Die manne is baie behulpsaam, maak jou kos en slaan elke aand die kamp op en die volgende oggend af. Al wat jy doen is vang vis. Moet glad nie luukshede verwag in terme van kampeer staanplekke nie, velties is aan die orde van die dag. Mens slaap sommer so in niemandsland aan die Namibie kant van die rivier.

Die natuur is beeldskoon, en op plekke sien jy sommer die koedoes so langs die rivier. Dit was verseker een van die beste trips wat ek in my lewe gedoen het. Al wat ek die jaar wil anders doen is om hom af te sluit met 'n springbok voor ons terug kom.

Ons trip vir die jaar is reeds geboek. Maar jy moet weet, as jy dit eenkeer gedoen het is die Vaal met sy rapids redelik vervelig.

Re: Kalahari geelvis malligheid

Posted: Thu Mar 19, 2015 4:24 pm
by hunter74
Daai lyk nader aan Raap en Skraap. Skroef se bad nie vêr van daar af nie, lekker warm daai water.

Groete.

Re: Kalahari geelvis malligheid

Posted: Thu Mar 19, 2015 8:43 pm
by theedge
Baie netjies - lyk of dit onvergeetlik is

Re: Kalahari geelvis malligheid

Posted: Thu Mar 19, 2015 10:39 pm
by Johnnie De Wet
Jitte! Het julle enige grootbek geelvis gevang?

Re: Kalahari geelvis malligheid

Posted: Fri Mar 20, 2015 1:46 am
by Finfan
Baie netjies.

Re: Kalahari geelvis malligheid

Posted: Fri Mar 20, 2015 9:39 am
by OupaZA
Jinne dit lyk leka.... gaan dit nog def doen!!

Re: Kalahari geelvis malligheid

Posted: Fri Mar 20, 2015 11:20 am
by Carl
Netjies, lekker om daar te vang! Pragtige stil wêreld.

Re: Kalahari geelvis malligheid

Posted: Fri Mar 20, 2015 4:08 pm
by JacquesT (Stompe)
Johnnie De Wet wrote:Jitte! Het julle enige grootbek geelvis gevang?
Hi Johny, ja ons het so paar opgetel. Die 2 gidse wat saam gaan doen nogals moeite om mens te help as jy grootboek soek. Mens roei ook oor dieper stiller water waar jy dan sommer so paar casts van die kano's af maak.
Die babers in die nag is regtig malligheid. As jy modderbek as aas gebruik kan jy absoluut niks anders doen as visvang nie, want daar nie tyd nie. Die foto wat ek nou hier bysit is 'n 38kg baber wat die gids 'n week voor die tyd gevang het, by dieselfde spot waar ek die 19kg baber gevang het op die foto hier bo.
[IMG]http://tapatalk.imageshack.com/v2/15/03 ... a3656f.jpg[/IMG]

Re: Kalahari geelvis malligheid

Posted: Fri Mar 20, 2015 8:06 pm
by BeesBreet
Dit lyk soos n onvergeetlikke trip!