GESLAG VAN DIE JAKKALS
Posted: Mon Mar 23, 2015 2:04 pm
Middag mense. Ek het Vrydagaand Saterdagoggend tot so 4 uur gejag. Ek het oor drie groot kampe probleemdier beheer toegepas. Ek skat seker so 600ha na 700ha wat ek gedek het. Ek het vyf groot rooi jakkalse plat getrek. 3 van binne die plaas en 2 uit die buurman se grond. Van die 3 binne die plaas was 2 in dieselfde gebied. So 500m uitmekaar uit. Die ouderdomme was vanaf 2 jaar na hoogstens 4 as ek kyk na die mamelons van die tande se slytasie van 4 en een defnitief laasjaar se jak wat al mooi gewissel het en die tande is nog met mooi kurwes en geen slytasie van die mamelons nie. Dit gese, almal was reuns. Hulle het op prooi gereageer asook jakkals alleen en vlekkie 3a en black back jackol en black back enkel. Dis nou vokaal en natuurlik ingestorm gekom. My groot vraag is waar is die tewe. Ek hoor net een jak wat my antwoord en as hy ingekom het en ek het hom geskiet is dit 'n reun. Ek hang nog 'n halfuur tot 1uur daar rond maar hoor en sien niks en as ek skuif kom ek weer op 'n reun af. Hoekom net reuns nou en geen tewe nie. Verstaan ek die gedrag van die Jakkals nog sleg?
Groete
Gerhard
Groete
Gerhard