Page 1 of 1

Middag roep scenario

Posted: Tue Mar 24, 2015 7:33 am
by platjak
More manne,
Ek het so bietjie daar by 'n idee van Louis102 gesteel met 'n idee om 'n scenario te skep. Dit het lekker gesels uitgelok en ek dink dit verduidelik die dinge prakties. Soos ek dit verstaan is dit nie die beste scenario as jy die wind van agter het, op 'n middag roep plek nie (dalk verstaan ek verkeerd). Ek sal graag wil hoor hoe sal julle manne die volgende hanteer:
1. Blou kolletjie is water
2. Die 1 en 2 plekke is op 'n duintjie, so daar is bietjie hoogte.
3. Die area verder is lekker oop aan die ooste en weste kante van die duin. Kom ons noem dit so voet hoƫ grasveld.

Waar sou jy die roeper plaas, en hoekom, gegewe jy het nie 'n ander keuse as om op hierdie plek 'n skelm jakkals te probeer kry? Met ander woorde verduidelik hoe jy jou setup sou doen.

Lekker dag

Re: Middag roep scenario

Posted: Tue Mar 24, 2015 8:34 pm
by platjak
O.k ek sien dit werk nie heeltemal nie, so ek gaan maar try om die ys te breek. Ek sal enige comments waardeer en ek is seker daar is ook n paar manne wat nuut op die dagroep ding is wat sal wil meer sien.

Ek sou by 1 sit, en die roeper of by 10 of by 3 plaas. As die jakkalse min of meer reageer soos in die nag behoort hy dan seker skietbaar te wees. Sal mooi in die skadu kant wees by 1 en jy kan ook redelik ongesiens in beweeg van agter die duin. As ek die plek in die oggend vir n roep gebruik kan jy dit dalk net omdraai, by 1 sit en die roeper by 6.

Re: Middag roep scenario

Posted: Fri Apr 03, 2015 10:27 am
by hebron
Min kommetaar? Sien nou eers die post. Ek sal sit by 2 en roeper op 9; my wind-af meer inlyn met water en roeper by voet van duin, so kan ek dalk n nader skoot kry.

Re: Middag roep scenario

Posted: Fri Apr 03, 2015 10:51 am
by Wayne
A lot depends on the direction they will come from, or where you suspect them to come from. If they are coming from easterly side, I would look at putting the caller at 4 or 9 and sitting at 2 or green dot south of no 2. Try and get my sent out of area completely.
I have had a bit of success in the day, but am going to enjoy this topic.

Re: Middag roep scenario

Posted: Wed Apr 08, 2015 7:44 am
by platjak
Wayne, I agree. In my experience they do not just necessarily move in from the down wind side and it does depend more on the direction from which they should come from and where you expect them from. This past weekend I had three moving in towards the caller from above the wind. One came in directly to the caller and I shot him about 20m from the speaker and the other 2 came in slower. Shot them about 40m from the caller. But all from the up-wind side. I had an idea from which side they should react and they came in exactly from that direction.

Re: Middag roep scenario

Posted: Wed Apr 08, 2015 9:00 am
by platjak
Die 3 van die naweek.

Re: Middag roep scenario

Posted: Wed Apr 08, 2015 10:41 pm
by theedge
Netjies maat

Re: Middag roep scenario

Posted: Fri Apr 10, 2015 10:02 pm
by Wayne
Nicely done Platjak, I like your chair

Re: Middag roep scenario

Posted: Sat Apr 11, 2015 7:55 am
by 222 Sako
Wat mens ook altyd aan moet dink is hoe jy op die plek kom. As een jou daar aflaai is dit goed, maar as jy stap en daai maat kruis jou spoor is hy weg.
Die wat julle geskiet het aan die verkeerde kant van die wind, was dit jonges? Wil vir my ook lyk hulle is nie so erg op die neus soos in die nag.

Re: Middag roep scenario

Posted: Sat Apr 11, 2015 4:55 pm
by SakoTrippel2
Die dagroep ding lyk vir my baie lekker maar watse klanke sal mens nou laatmiddag gebruik? Selfde as in die nag? En hoe gaan mens te werk?

Re: Middag roep scenario

Posted: Sun Apr 12, 2015 10:15 am
by platjak
222 Sako, hulle was jonges ja. Een was laasjaar se baksel, en die ander 2 so 1-2 jaar. Stem saam oor die loop na die plek toe. Probeer maar inloop van die kant af waar jy hom nie vandaan verwag nie. Dit lyk nie so op die foto nie maar agter my is 'n randjie waaroor ek ingekom het.

SakoTrippel2, geluide wat vir my werk is maar kos geluide. Jy kan die standaard roep metode gebruik maar ek speel baie lank kos voor ek enige iets ander probeer. Beste resultate is maar in of naby die kerngebied, maar jou area moet dagroep toelaat. As die area nie werk nie gaan jou resultate ook nie daar wees nie. Dit is maar my ondervinding. Ek leer graag nog.

Re: Middag roep scenario

Posted: Sun Apr 12, 2015 11:00 am
by 222 Sako
Sako dit werk lekker en ek het al goeie sukses gekry waar manne hulle ligsku gemaak het. Soos Platjak se die kerngebied is waar jy moet roep. Heinrich(JARACAL) van die forum het cd wat jou kan leer van dagroep.

Platjak ons is nou van jou punt af. Mooi gemaak met daai 3 lyk of jou plan toe gewerk het.

Groete

Re: Middag roep scenario

Posted: Sat Apr 18, 2015 8:37 am
by SakoTrippel2
Baie dankie vir die terugvoer. Sal maar nog bietjie gaan oplees en dan uit probeer. Jammer vir die effense hijack.

Groete
Frans