Page 1 of 1

JAKKALSROEP CDS

Posted: Wed Mar 25, 2015 10:26 pm
by naghond
Ek het die volgende cds van die volgende persone:
Heinrich Finch Gevorderde kursus roep cd en volume 6 cd.
Taffie Mulder Tafjak vol.1,2 en 3
Jason Badenhorst Black Jack vol.1 cd.
Louis Pikante roep cd en Paljas cd.
Is daar nog enige ander cds waarvan julle weet wat die moeite werd is om aan te koop.Ek boer in die Karoo en jag al sedert 1992 op my eie grond waar die jakkies deur die jare al Einsteins geword het.Dit help dus gewus om so veel as moontlik klanke te wissel met nuwes en weer oues in te span om die jakkies te uitoorle.

Sal van groot hulp wees as ons onder ons forumlede kan verneem watter klanke in omloop is en watter aanbeveel word om aan te koop en so te kan uitpluis watter klanke ons het en watter nie en waar dit aangekoop kan word.

Groete Naghond

Re: JAKKALSROEP CDS

Posted: Thu Mar 26, 2015 12:37 am
by Francois Marais
Naghond

Ek dink jy is redelik gesort met daai pakkie.....

Mooi loop
Francois

Re: JAKKALSROEP CDS

Posted: Thu Mar 26, 2015 12:24 pm
by naghond
Hallo Francois

Het jy al Tewis se klanke probeer en indien wel watter klanke of cd sou jy van hom aanbeveel?Ek sien jy het nice jakkalsskiet snitte op u tube.Nog nie self daraan gedink om 'n nagskeit dvd en klank cd uit te bring nie?

Groete Naghond

Re: JAKKALSROEP CDS

Posted: Thu Mar 26, 2015 6:32 pm
by Francois Marais
Naghond
Ek het n kursus van Tewis gedoen.....en het die twee CD's wat by die kursus uitgereik was......dink hy het hulle genoem Crit r call vol 1&3 is op een CD en vol 2 op n aparte CD.....het op n stadium n locator gebruik wat mooi gewerk het.....maar dink ons het beter klanke deesdae in die vorm van Louis Taffie en Jason se klanke

Mooi loop
Francois

NS. Ek het al gedink om n DVD te doen....maar ek wil/moet eers beter video editing sagteware kry of al my rou materiaal na n profesionele persoon vat......

Re: JAKKALSROEP CDS

Posted: Thu Mar 26, 2015 6:52 pm
by Mac
Francois,

Hy het 'n klank genoem "klein jakkals" Ek wil nie eers raai hoeveel jongetjies en lakterende wyfies ek al met daardie klank geskiet het, maar dit is baie. Nou moet ek net 'n manier vind om dit en Tafjak 8 teen mekaar op te meet.

Re: JAKKALSROEP CDS

Posted: Thu Mar 26, 2015 10:42 pm
by Francois Marais
Mac....ja daai Tafjak 8 roer die jonges...hehe

Mooi loop
Francois

Re: JAKKALSROEP CDS

Posted: Thu Mar 26, 2015 11:03 pm
by naghond
Aan wie behoort die klank Klein jakkals roep teef ? Ek het dit al met groot sukses by teelgate aangewend.

Re: JAKKALSROEP CDS

Posted: Thu Mar 26, 2015 11:56 pm
by Francois Marais
Dit is n klank van Tewis.....op die vol2 CD....waar het jy die klank gekry???
20150326_234204.jpg
20150326_234233.jpg

Re: JAKKALSROEP CDS

Posted: Fri Mar 27, 2015 4:10 pm
by naghond
Ek het ook daai cd gehad maar net die klanke het behoue gebly,cd cover lankal verloor die dat ek nie weet waar die klanke vandaan kom nie.

Re: JAKKALSROEP CDS

Posted: Fri Mar 27, 2015 8:46 pm
by theedge
Francois Marais wrote:Naghond
Ek het n kursus van Tewis gedoen.....en het die twee CD's wat by die kursus uitgereik was......dink hy het hulle genoem Crit r call vol 1&3 is op een CD en vol 2 op n aparte CD.....het op n stadium n locator gebruik wat mooi gewerk het.....maar dink ons het beter klanke deesdae in die vorm van Louis Taffie en Jason se klanke

Mooi loop
Francois

NS. Ek het al gedink om n DVD te doen....maar ek wil/moet eers beter video editing sagteware kry of al my rou materiaal na n profesionele persoon vat......
Ai hoe spyt is ek nou ek is die kant van die lyn - sou graag wou help om daai dvd te edit

Re: JAKKALSROEP CDS

Posted: Tue Mar 31, 2015 4:48 pm
by Pieter
Lyk my 'n mens durf nie waag om 'n oog te knip nie, dan mis jy uit!, lees ek reg, het Taffie nog 'n CD uitgebring, en wanneer ?

Re: JAKKALSROEP CDS

Posted: Tue Mar 31, 2015 5:46 pm
by Geno
Pieter wrote:Lyk my 'n mens durf nie waag om 'n oog te knip nie, dan mis jy uit!, lees ek reg, het Taffie nog 'n CD uitgebring, en wanneer ?
Jip. Tafjak vol.3 & Nagjag DVD is te koop by ons. R250 elk.

Re: JAKKALSROEP CDS

Posted: Wed Apr 01, 2015 5:54 am
by Henry 7
Geno
Kan jy name van klanke opsit dat ons kan sien-ek raak al deurmekaar met al die CD's wat uit is.
Henry

Re: JAKKALSROEP CDS

Posted: Wed Apr 01, 2015 8:02 am
by Geno
Image

Re: JAKKALSROEP CDS

Posted: Thu Apr 02, 2015 5:45 am
by Henry 7
Dankie Geno,het hom.