Page 1 of 1
Vra hulp vir .308 lading met 168gn
Posted: Sat Mar 28, 2015 7:02 pm
by stoffelpantoffel
Hi daar almal.
Kan iemand my dalk help met lading vir .308 vir 168gn punte. My loop is 26" en dis 1/12 twist. Ek wil graag S335 skiet so as iemand dalk vir my kan se hoeveel gn kruit vuilig sal wees om ordentlike spoed te skiet maar sonder teveel druk op dop.
Dankie.
Stoffel.
Re: Vra hulp vir .308 lading met 168gn
Posted: Sat Mar 28, 2015 10:46 pm
by tripodmvr
Begin met 38gr en moet nie 2600vps oorskry sonder om iemand met QL te raadpleeg nie.
Re: Vra hulp vir .308 lading met 168gn
Posted: Sat Mar 28, 2015 11:20 pm
by Hein M.
tripodmvr wrote:Begin met 38gr en moet nie 2600vps oorskry sonder om iemand met QL te raadpleeg nie.
Baie goeie raad!
Ek laai 39.5gr S335 agter 'n 168 Nosler CC. met goeie resultate. Ek moet byvoeg dat dit goedkoop doppe is met dik wande, wat wel goed voorberei is. Hierdie doppe wat dieselfde weeg en gelaai is, skiet in een gat op 100m. My RSA se kamer verskil wel van ander gewere, so dit is beslis nie 'n wenresep nie...
Re: Vra hulp vir .308 lading met 168gn
Posted: Sun Mar 29, 2015 7:21 am
by Dwight375
Oom Tripod
Sal S355 nie werk in die geval nie ?
Groete
Re: Vra hulp vir .308 lading met 168gn
Posted: Sun Mar 29, 2015 7:35 am
by tripodmvr
Die versoek was vir S335 en ek het toe so reageer - inligting vanaf Somchem handboek gegee. Met S355 gaan jy laer druk kry, maar hy kan die dop te vol maak as die dopvolume effens aan die klein kant is.
Re: Vra hulp vir .308 lading met 168gn
Posted: Sun Mar 29, 2015 8:09 am
by PWV
Met 47.0 gr S355 agter 'n 168 gr Sierra MK, kry ek 2730 vt/s. Lapua-dop nog ver van vol af.
Saterdag op 100 m: kleinste groep van vyf skote was 12,4 mm
Het ook 40.0 gr S335 agter 165 gr Sierra GK getoets. Spoed was 2450 vt/s en vyf-skoot-groep: 23,2 mm.
(Howa Varminter se "twist" is 1:10, looplengte: 24")
Jammer, die blou kleur dui die korrekte inligting oor die S335-toets aan.
Re: Vra hulp vir .308 lading met 168gn
Posted: Sun Mar 29, 2015 8:19 am
by tripodmvr
Stoffel, daar het PW nou vir jou handige inligting gegee. TPL, tipe dop en dopvolume in jou kamer gaan die praktiese aanwending van S355 bepaal.
Re: Vra hulp vir .308 lading met 168gn
Posted: Sun Mar 29, 2015 8:25 am
by Dwight375
Dankie Oom
Nie probeer hijack nie, net dat my pa se geweer goed doen met n 168 Nosler CC en S355, ook n 1-12 twist, hiermee data :
Re: Vra hulp vir .308 lading met 168gn
Posted: Sun Mar 29, 2015 8:25 am
by Dwight375
Hoop die informasie help ook
Re: Vra hulp vir .308 lading met 168gn
Posted: Sun Mar 29, 2015 8:39 am
by tripodmvr
Netjiese groepe en wys op toepaslikheid van S355.
Re: Vra hulp vir .308 lading met 168gn
Posted: Sun Mar 29, 2015 9:32 am
by stoffelpantoffel
Dwight375 wrote:Dankie Oom
Nie probeer hijack nie, net dat my pa se geweer goed doen met n 168 Nosler CC en S355, ook n 1-12 twist, hiermee data :
Sjo maar daai groeperings lyk pragtig.
Dankie vir almal se hulp. Sal verseker bietjie rond speel en kyk wat werk. Het maar net goeie vertrekpunt gesoek. Beplan ook om 168gn nosler cc te skiet so die groeperings bewys dat hy moet werk.
Groete
Stoffel.
Re: Vra hulp vir .308 lading met 168gn
Posted: Sun Mar 29, 2015 10:03 am
by Dwight375
Stoffel en Oom Tripod
Ja die 355 werk mooi in my pa se geweer en nog beter met 180 grein pro hunters teen 2500 fps. Ek is nie seker van die lading nie maar hulle werk vreeslik mooi, aangeheg n foto ( 2 x 3 skoot groepe op 100m ). Net jammer my pa wil 155s skiet.
Groete
Re: Vra hulp vir .308 lading met 168gn
Posted: Mon Mar 30, 2015 6:52 am
by stoffelpantoffel
Dankie Dwight.
Daai 2 groepe maak ñ man sommer opgewonde. My 308 het ook so 1 gat met 3 skote geskiet met 168gn A-max. Maar kon toe vir ñ ruk nie wee van daai punte aan hande kry nie. Seker die 168gn Nosler CC sal ook so maak.
Groete
Stoffel
Re: Vra hulp vir .308 lading met 168gn
Posted: Mon Mar 30, 2015 9:18 am
by Dwight375
Stoffel
Ek moet perty dae se ek is jaloers op daai geweer van my pa, dit is n standaard K98 aksie en Andries Moller het hom gebou.
Daai geweer skiet alles mooi, 308 kan dit nou maar net doen- dit is n feit!
Ek hoop jy kry hom mooi reg en ja Nosler se punte maak mooi!
Lekker week
Re: Vra hulp vir .308 lading met 168gn
Posted: Thu Jul 09, 2015 1:33 pm
by Salty
Dag s?
Ek het gister probeer om my eie hand ladings reg te kry voordat ons gaan jag oor 2 weke.
Dit was my eerste poging met "load developement" en ek weet nou nie. Dit mag miskien wees dat ek net sleg skiet, maar so sleg weet ekke nie.
I was using the 165gr Sierra Game King SBT with S335 powder, PMP cases at a Case length 51.04mm and TCL of 71.06mm. The Rifle is an israeli mauser, with a 1:12 twist. The Somchem boekie does not have any data on the 165gr for the S335, so I went with the 168gr data.
The lowest load (37.5gr) looked as if is the shots were dribbling off the page and were at least 20cm below the point of aim @ 100m. At seeing that I immediately went up to the upper loads, which seemed to tighten up but the best I could achieve was a 60mm group from the 41.5gr load.
This result was then duplicated with using factory PMP 150gr ammo, so my accuracy does need some work.
Dit lyk of ek die poeier moet opstoot met so 1 of 2gr. Met die 41.5gr lading was daar geen bewyse van erg druk op die patroon of primer. Die Slot het ook maklik oop en toe gemaak.
Vir nou gaan ek maar by die SAKO Super-Hammerheads bly vir die jaar se jag, maar sal enige raad waardeer.
Ek weet nou nie of ek die poeier moet verander, of miskien liewers 'n ligte koeel (150gr) probeer nie.....of net aanhou met altwee en net die lading bietjie opstoot ?
Groete
Salty