Page 1 of 2

300 WSM kom nou mooi reg

Posted: Sun Mar 29, 2015 3:27 pm
by henning
Middag manne en dames

Ek het nou lank gesukkel met "run-out" by my ammunisie en het toe uiteindelik vir myself "bushing die's" en n "competition bullet seater" gekoop en daar is die probleem opgelos.
My lading nou is 64.3 grein S365 agter Impala 130 grein vir die spoed 3265 fps.

Ek het al gewonder of die fout by die geweer le maar nou weet ek die Savage van die rak af skiet nogal glad nie so sleg nie.

Hier is my groepering. Die eerste skoot met n koue loop was regs bo.
130 grn Impala.jpg
Groete
Henning

Re: 300 WSM kom nou mooi reg

Posted: Sun Mar 29, 2015 4:30 pm
by ruaanb
Netjies, ek is self nie spyt ek het die Competition dies gekoop nie.

Re: 300 WSM kom nou mooi reg

Posted: Mon Mar 30, 2015 10:50 am
by henka
My maat wat se savage is dit?

Re: 300 WSM kom nou mooi reg

Posted: Tue Mar 31, 2015 5:05 pm
by henning
henka wrote:My maat wat se savage is dit?
Model 11 FNCS

Re: 300 WSM kom nou mooi reg

Posted: Tue Mar 31, 2015 5:10 pm
by henka
Ok ek het n bearhunter mod 16 ook 300wsm en skiet 168 tot 180gr ner hom wn werk mooi.

Re: 300 WSM kom nou mooi reg

Posted: Wed Apr 01, 2015 4:43 pm
by henning
henka wrote:Ok ek het n bearhunter mod 16 ook 300wsm en skiet 168 tot 180gr ner hom wn werk mooi.
Oor die spoed van die 300 skiet ek net monolitiese koeels, bang dat lood kern koeels sal heeltemal opbreek. Probleem is dat ek kan nie veel oor 150 grn koeels gaan nie want dan is die koeel te diep in die dop en dit oor die kort nek van die 300 WSM.

Dit is regtig jammer dat die 300 WSM se nek so kort is want dit beperk jou tot die ligter koeels.

Groete
Henning

Re: 300 WSM kom nou mooi reg

Posted: Wed Apr 01, 2015 4:52 pm
by Boesman10
Daar is niks fout met die 130 grein Impala koels nie. Ek gebruik hulle met baie sukses uit my .300 WM. Jy hoef glad nie vir kop skote te gaan nie en ek skiet net blad skote want glad nie bang vir vleis skade nie.

Re: 300 WSM kom nou mooi reg

Posted: Wed Apr 01, 2015 4:59 pm
by henning
Boesman10 wrote:Daar is niks fout met die 130 grein Impala koels nie. Ek gebruik hulle met baie sukses uit my .300 WM. Jy hoef glad nie vir kop skote te gaan nie en ek skiet net blad skote want glad nie bang vir vleis skade nie.
Boesman, ek juig oor jou antwoord want ek het my lading nog nie vir jag gebruik nie maar voel nou baie beter.

Groete
Henning

Re: 300 WSM kom nou mooi reg

Posted: Wed Apr 01, 2015 5:09 pm
by henka
Dis elke sa keuse wat hy wil skiet my onder vinding is dat die dop se nek nie tekort is nie ons hier in die ou transvaal laai lekker swaar punte met n tpl van 75

Re: 300 WSM kom nou mooi reg

Posted: Wed Apr 01, 2015 5:16 pm
by henning
henka wrote:Dis elke sa keuse wat hy wil skiet my onder vinding is dat die dop se nek nie tekort is nie ons hier in die ou transvaal laai lekker swaar punte met n tpl van 75
Weet jy wanneer n koeel baie diep in die dop is?

Groete
Henning

Re: 300 WSM kom nou mooi reg

Posted: Wed Apr 01, 2015 6:14 pm
by henka
Jy meet hom en onthou swaard jou koeel hoe minder kruit gooi jyen n koeel het net nodig om so diep in tewees soos jou nek lank is

Re: 300 WSM kom nou mooi reg

Posted: Thu Apr 02, 2015 5:53 am
by henning
henka wrote:Jy meet hom en onthou swaard jou koeel hoe minder kruit gooi jyen n koeel het net nodig om so diep in tewees soos jou nek lank is
Die lande van jou loop bepaal hoe diep die koeel in die dop ingaan, jy kan nie die koeel in die lande in forseer om hom verder uit die dop te hou.

Groete
Henning

Re: 300 WSM kom nou mooi reg

Posted: Thu Apr 02, 2015 6:33 am
by henka
En hoe meet jy dit

Re: 300 WSM kom nou mooi reg

Posted: Thu Apr 02, 2015 7:17 am
by henka
Ont hou alle koels is nie die selfde devorm nie impala het n skerp rantjie wat moontlik teen jou lande vas druk ek verstaan jou purt met dit.Het jy al met hulle verder as 100m geskiet?ek het hulle op my 375 gelaai baie mooi klawer op 100 meter geskiet maar op 200m so groot soos n papbord op gemaak en my loop was vuur warm na 3 skote ek het toe 200gr gscustom probeer en was baie meer suksesvol

Re: 300 WSM kom nou mooi reg

Posted: Thu Apr 02, 2015 7:20 am
by VdWalt
henka wrote:?ek het hulle op my 375 gelaai baie mooi klawer op 100 meter geskiet maar op 200m so groot soos n papbord op gemaak en my loop was vuur warm na 3 skote ek het toe 200gr gscustom probeer en was baie meer suksesvol
Wat beteken die warm loop? Was hy minder warm met die 200gr?

Re: 300 WSM kom nou mooi reg

Posted: Thu Apr 02, 2015 7:58 am
by henka
Die impala was ook 200gr ek het beter spoed ook gekry met gscustom.As jy aan die loop gevat het na 3 skote impalas kon jy nie die loop vir 3 sekondes vas hou nie maar na 3 gsc was die loop nog amper koud en hulle het 3100 v/s gedraf.Ek jag met my 300 met 160gr gsc het n swb 1 skoot mors dood geskiet 250m

Re: 300 WSM kom nou mooi reg

Posted: Thu Apr 02, 2015 8:07 am
by henka
Volgens my beteken n loop wat so gou warm word en daar is nie tekens van druk nie net 1 ding hoe wrywing maar dis my opinie die slim mense wag verskil

Re: 300 WSM kom nou mooi reg

Posted: Thu Apr 02, 2015 8:55 pm
by henning
henka wrote:Volgens my beteken n loop wat so gou warm word en daar is nie tekens van druk nie net 1 ding hoe wrywing maar dis my opinie die slim mense wag verskil
Jy mag dit interesant vind dat die brass waarvan Impala gemaak word het baie meer "lubrisity" smering as koper, dus glip hy baie makliker deur die loop, so ek weet nie waar die hitte vandaan kom waarvan jy praat.

Groete
Henning

Re: 300 WSM kom nou mooi reg

Posted: Thu Apr 02, 2015 9:14 pm
by henka
Gelukkig het elke mens die wil,keuse en reg om sy eie besluite temaak

Re: 300 WSM kom nou mooi reg

Posted: Thu Apr 02, 2015 9:20 pm
by henka
En as jy n 130gr koeel teen daai spoed wil skiet kan jy netsowel n 270 gekoop het jy mors jou tyd en jou geweer op dis n 300 wsm gaan kyk in hou boekie wat se koeel beveel hulle aan wir hom

Re: 300 WSM kom nou mooi reg

Posted: Fri Apr 03, 2015 7:48 am
by henning
henka wrote:En as jy n 130gr koeel teen daai spoed wil skiet kan jy netsowel n 270 gekoop het jy mors jou tyd en jou geweer op dis n 300 wsm gaan kyk in hou boekie wat se koeel beveel hulle aan wir hom
Die lewe sou vervelig gewees het as jy net doen wat boeke vir jou se. Jy het n keuse van 110 gr tot 220 gr met die 300.

Groete
Henning

Re: 300 WSM kom nou mooi reg

Posted: Fri Apr 03, 2015 9:54 am
by LUAN
henka wrote:En as jy n 130gr koeel teen daai spoed wil skiet kan jy netsowel n 270 gekoop het jy mors jou tyd en jou geweer op dis n 300 wsm gaan kyk in hou boekie wat se koeel beveel hulle aan wir hom
En 150gr teen 3200-3300fps uit n 300wsm klink baie beter as n mediocre 2800fps uit n 270 :P

Re: 300 WSM kom nou mooi reg

Posted: Fri Apr 03, 2015 12:21 pm
by henka
Of n 180gr teen 2900v/s dan praat hy hard en ver

Re: 300 WSM kom nou mooi reg

Posted: Fri Apr 03, 2015 12:30 pm
by henning
henka wrote:Of n 180gr teen 2900v/s dan praat hy hard en ver
Jy droom

Re: 300 WSM kom nou mooi reg

Posted: Fri Apr 03, 2015 12:48 pm
by henka
Vra die ander manne wat 300wsm skiet ek droom nie ek het 1