Page 1 of 2

Haelgeweer doppe

Posted: Thu Apr 02, 2015 6:02 pm
by Tertius Steyn
Dagse ouens wil gou hoor waar ek Haelgeweer doppe kan kry? Ek het vir my n lee load-all2 herlaai stel gekoop wil nou begin herlaai. As iemand dalk doppe het wat rondle, laat weet bietjie

Groete Tertius. :)

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Thu Apr 02, 2015 8:19 pm
by Beer (Christo)
Gaan na die volgende SA jagters tak skiet, as hulle koei duif ook skiet.

Baie min manne by ons tel hulle doppe op

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Thu Apr 02, 2015 9:12 pm
by Pappabeer
Beer (Christo) wrote:Gaan na die volgende SA jagters tak skiet, as hulle koei duif ook skiet.

Baie min manne by ons tel hulle doppe op
Ek weet SA Jagters doen belaglikke goed, maar wanneer het hulle die koei duif ingebring?

Eers die heilige lyn op 300m, toe die smartie bok aanval, en nou dit? :o

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Thu Apr 02, 2015 9:20 pm
by Beer (Christo)
;D Hahaha.... Flippen auto correct. Dink ek moet ook die font op my iPad groter stel. Ek raak nou 'n ou ballie en sien nie so goed nie

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Thu Apr 02, 2015 9:52 pm
by Christo
100 genoeg?

Stuur jy posadres.

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Thu Apr 02, 2015 10:23 pm
by BeesBreet
Waar is jy... ek het duisende

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Thu Apr 02, 2015 10:50 pm
by Tertius Steyn
Christo wrote:100 genoeg?

Stuur jy posadres.
Jislaaik dit sal Great wees! Thanx baie. My pos Adress is Erica Straat 6 Riversdal 6670. :laugh: ^-^ .

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Thu Apr 02, 2015 10:52 pm
by Tertius Steyn
BeesBreet wrote:Waar is jy... ek het duisende
Jis eks Van Riversdal hier in die Weskaap. Wil jy onslae raak van al daai doppies? :laugh: ^-^

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Thu Apr 02, 2015 11:24 pm
by BeesBreet
Eks in natal

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Thu Apr 02, 2015 11:25 pm
by BeesBreet
Wanneer kom jy warem see toe?

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Thu Apr 02, 2015 11:43 pm
by Tertius Steyn
BeesBreet wrote:Wanneer kom jy warem see toe?
Nie enigetyd gou nie. Is maar hier naby stilbaai haha ;D . Vakansie tyd is dit maar mal daar by die warm see

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Fri Apr 03, 2015 9:06 pm
by Rudi Fischer
Ek sit ook met n paar duisend doppe in sakke hier in my garage. Meestal Clever en Diana. Sal kyk hoeveel ek in n boks kan kry, weeg, en uitvind wat posgeld sal kos.

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Fri Apr 03, 2015 9:15 pm
by Tertius Steyn
458Exp wrote:Ek sit ook met n paar duisend doppe in sakke hier in my garage. Meestal Clever en Diana. Sal kyk hoeveel ek in n boks kan kry, weeg, en uitvind wat posgeld sal kos.
jis jis
Sal dit rerig baie baie waardeur, magtie julle ouens help n man rerig baie mooi hier op die Forum, hier voel n man sommer tuis en leer ook sommer baie by mekaar. Se net as ek ook iewerste kan help in die toekoms. ;D

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Sat Apr 04, 2015 12:19 am
by Pappabeer
Tersius, die Load all het n paar truuks aan hom. Ek het baie met een gelaai, en doen nog elke nou en dan. Gee my n lui dat jy nie weer die wiel hoef uit te vind nie. 0829052620

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Sun Apr 05, 2015 6:40 am
by marthinus100
Ek wag net vir my geweer lisensie, dan ry ek af mosselbaai toe. Moet stilbaai toe ook gaan. Sal jou n paar doppe bring. Ekt ook so paar doppe. Moet net onthou. Herhinder my net so elke paar weke asseblief.

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Sun Apr 05, 2015 7:21 am
by Tertius Steyn
Pappabeer wrote:Tersius, die Load all het n paar truuks aan hom. Ek het baie met een gelaai, en doen nog elke nou en dan. Gee my n lui dat jy nie weer die wiel hoef uit te vind nie. 0829052620
Goeie more Dewald Sal so maak. Het hom vir lekker goedkoop gekry. Met n toe blikkie 100 swartklip Primers. Hy kort net daai rooi goedjies wat jy in die slide sit vir verskillende ladings en shots. Hy is huidiglik opgestel vir 1 1/2 met 168 op die kruit hopper.

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Sun Apr 05, 2015 7:42 am
by Tertius Steyn
marthinus100 wrote:Ek wag net vir my geweer lisensie, dan ry ek af mosselbaai toe. Moet stilbaai toe ook gaan. Sal jou n paar doppe bring. Ekt ook so paar doppe. Moet net onthou. Herhinder my net so elke paar weke asseblief.
Thanks Baie Marthinus, kom julle bietjie kuier by die see?vir Watse lisensie wag jy nou?

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Sun Apr 05, 2015 8:23 am
by marthinus100
Het groot geword op stilbaai, sal altyd my huis wees. Het nou net n strandhuis da en ma en suster bly op mosselbaai. Het so paar weke terug n beretta 1301 gekoop by bay guns. Wag nou net vir lisensie.

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Sun Jul 12, 2015 4:40 pm
by hechtersa
Tertius Steyn wrote:Dagse ouens wil gou hoor waar ek Haelgeweer doppe kan kry? Ek het vir my n lee load-all2 herlaai stel gekoop wil nou begin herlaai. As iemand dalk doppe het wat rondle, laat weet bietjie

Groete Tertius. :)
Dag se. Ek is nuut op die forum se ek lees nou maar so deur als. As ek kan vra waar het jy daai herlaai stel gekoop en wat is die prys. Het jy ook al uitgewerk wat kos dit om n hael patroon te laai? Groete.

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Sun Jul 12, 2015 7:02 pm
by Tertius Steyn
hechtersa wrote:
Tertius Steyn wrote:Dagse ouens wil gou hoor waar ek Haelgeweer doppe kan kry? Ek het vir my n lee load-all2 herlaai stel gekoop wil nou begin herlaai. As iemand dalk doppe het wat rondle, laat weet bietjie

Groete Tertius. :)
Dag se. Ek is nuut op die forum se ek lees nou maar so deur als. As ek kan vra waar het jy daai herlaai stel gekoop en wat is die prys. Het jy ook al uitgewerk wat kos dit om n hael patroon te laai? Groete.
jis jis hoegaan dit? Ekt die stelletjie vir R500 tweede hands gekoop met n blikkie swart klip primers wat nog toe is. Herlaai komponente is maar soos volg:
Ekt so rukkie terug n paar doppies by oom Christo gekry, maar as jy naby n skietklub bly of aan een behoort ,behoort jy n klomp doppies op te tel.

Slagdop 50-60c
Kruit 65-70c as jy S121 gebruik
Wads 22-30c
Lood 40-80c. Indien jy nie self lood giet nie, kan jy lood by kleibane teen n goeie prys kry, ek bestel myne maar altyd deur bayguns. Maar sal gou more n email stuur en vir jou n prys lys kry, los net jou Email adress vir my.
:)

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Sun Jul 12, 2015 7:05 pm
by hechtersa
Baie dankie. Ek is ook nou opsoek na so stel maar dis maar skaars in SA. Mens kan dit van amerika ook bestel mens is maar altyd net bang die goed kom nie by jou uit nie. Baie dankie vir die inligting. My email adres is hechtersa@lantic.net

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Sun Jul 12, 2015 7:12 pm
by Tertius Steyn
hechtersa wrote:Baie dankie. Ek is ook nou opsoek na so stel maar dis maar skaars in SA. Mens kan dit van amerika ook bestel mens is maar altyd net bang die goed kom nie by jou uit nie. Baie dankie vir die inligting. My email adres is hechtersa@lantic.net
sal gou more vir jou uitvind, en laat weet as ek miskien wil verkoop. Oja en Baie welkom op die Forum!
;D , hoop jy geniet dit hierso op die kwaai forum.

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Tue Jul 14, 2015 6:50 pm
by hechtersa
Ek het toe n Lee Load All gekry maar nou kan mens nie die sellior & bellot doppe laai nie en ekt het 100'e van die goed. As enigiemand weet waar ek ander doppe kan kry sal ek bly wees. Dankie

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Tue Jul 14, 2015 6:56 pm
by Tertius Steyn
hechtersa wrote:Ek het toe n Lee Load All gekry maar nou kan mens nie die sellior & bellot doppe laai nie en ekt het 100'e van die goed. As enigiemand weet waar ek ander doppe kan kry sal ek bly wees. Dankie
Jis jis, wats fout? Hoekom kan jy hulle nie laai nie?

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Tue Jul 14, 2015 6:59 pm
by hechtersa
Binne in die dop onder is n harde plastiek rand. Die wads wat mens te koop kry is baie langer is die oorspronklike wad in die patroon. As ek die wad in die dop druk stan hy bo die patroon uit.