Page 1 of 1

Ou Messe

Posted: Thu Apr 02, 2015 9:27 pm
by Hein (Haan)
Ek glo hier is seker n paar mooi ou messe op die forum.
Kom wys joune.
Hier is n Puma Bowie wat in 1971 gemaak is.Die mes het vir baie lank in n kluis gele en die lem het toe pitmerke op gedoen.
Het hom by my Pa gekry.
http://tapatalk.imageshack.com/v2/15/04/02/c56f9bdf048fac5358218ba95a2f92a6.jpg

Re: Ou Messe

Posted: Thu Apr 02, 2015 11:33 pm
by Hein M.
Wow!

Dis 'n classic! Pragtige lyne!

Re: Ou Messe

Posted: Fri Apr 03, 2015 12:39 am
by Philip J
Sjoe Haan, ja dis iets besonders. My Pa het 'n Puma wat my Oupa vir hom gekoop het iewers in die vyftiger jare . Ek het ongelukkig nie fotos nie, maar hier is darem 'n foto van my Puma wat my Pa weer vir my gekoop het toe ek nog op skool was. Die skede is vervanging. Die oorspronklike een was gedaan en 'n oom op my tuisdorp het toe vir my die een gemaak omdat (soos hy dit gestel het) " 'n oordentlike mes, 'n oordentlike skede moet hê"

Ou Messe

Posted: Fri Apr 03, 2015 6:44 am
by Dries101
Haan daai pitmerke is van die mes in sy skede bere. Leer en staal is nie maatjies oor due langtermyn nie. Pragtige messe julle twee!

Re: Ou Messe

Posted: Fri Apr 03, 2015 7:03 am
by Hein (Haan)
Dankie Dries, ja die mes het vir baie lank in sy skede in die kluis gele.
Maar ek heg baie waarde aan die mes pitmerke en al.
Ek het al gedink om pitmerke uit te laat skuur maar ek het nou al vrede met dit gemaak so ek wil hom nou maar net so los. Philip baie mooi mes daai

Re: Ou Messe

Posted: Fri Apr 03, 2015 9:43 am
by Supacow
So vintage Puma bly n wenner. Het iemand nog Queen Steel messe in hul besit?

Re: Ou Messe

Posted: Fri Apr 03, 2015 12:41 pm
by Philip J
Nou wel nie 'n Queen nie, maar hier is my Oupa Grootjie se Elbeco en twee van sy Joseph Rogers.

Re: Ou Messe

Posted: Fri Apr 03, 2015 12:43 pm
by Philip J
My Pa se Puma. Nie so goeie foto nie, maar mens kan darem 'n goeie idee kry. Die mes is in 1956 gekoop.

Re: Ou Messe

Posted: Fri Apr 24, 2015 9:20 am
by Jakkalsgat
Die mes het behoort aan my Oupa wat al 40jaar terug oorlede is,dit is 'n mes vervaardig deur JA Hellberg.

http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/Mobile%20Uploads/IMG-20150424-WA0006_zpsye5itrkr.jpeg

Re: Ou Messe

Posted: Fri Apr 24, 2015 9:40 am
by J le Roux
Hierdie is my oppas mes, Puma Emperor wat my Pa in die tagtigs gekoop het. Ek was in die laerskool en ons het elke week ietsie op die lay-bye gaan afbetaal by R D-Amato Juweliers.

Re: Ou Messe

Posted: Fri Apr 24, 2015 10:30 am
by Jakkie07
PhilipJ wrote:Sjoe Haan, ja dis iets besonders. My Pa het 'n Puma wat my Oupa vir hom gekoop het iewers in die vyftiger jare . Ek het ongelukkig nie fotos nie, maar hier is darem 'n foto van my Puma wat my Pa weer vir my gekoop het toe ek nog op skool was. Die skede is vervanging. Die oorspronklike een was gedaan en 'n oom op my tuisdorp het toe vir my die een gemaak omdat (soos hy dit gestel het) " 'n oordentlike mes, 'n oordentlike skede moet hê"
Philip ek het presies die selfde mes! baie harde lem. het al die naam probeer google op die lem maar nou weet ek dit is n Puma