Page 1 of 1

Kleintjies

Posted: Mon Apr 06, 2015 5:18 pm
by Heinz Petersen
Ek wil net hoor of dit abnormaal is die tyd van die jaar dat n teef nou nog met vyf kleintjies rondloop. Ongelukkig vir haar het my skaaphond een gekry en dood gebyt.
Ek was so drie uur se kant na die boorgat toe, toe die hond hulle gewaar. Ek skat die kleintjie (teefie) so 4-5 maande oud.
Nou ek is nie instaat om te skiet of om vanaand uit te gaan nie met die knie vervanging wat ek nou net gehad het nie.
So moenie vir my sĂȘ skiet hulle nie.

Re: Kleintjies

Posted: Sat Apr 25, 2015 4:58 am
by uitenwaj
Hi Heinz Petersen.

Daar was verlede jaar Oktober klein jakkalse in die FS area geskiet wat so groot was soos die wat ek in Januarie die jaar geskiet het in MP, Secunda se area.

Met jakkalse is enige iets moontlik en glo dat hulle teel tyd kan verskil in verskillende streke. Of dit nou die omgewing se weer, kos of dalk die beskikbaarheid van teel\nes areas is kan ek jou nie op antwoord nie.

Jy sien nou nog gereeld fotos van klein jakkalse tussen die groot jakkalse op fotos as die manne veld toe was.

Groete

Re: Kleintjies

Posted: Sat Apr 25, 2015 7:07 am
by cassie_calvinia
iis dit nie dalk al die narkose wat oom laat dubbel sien nie?