140gr / .270 Lading?

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
QuQ
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Mon Jun 30, 2014 1:05 pm

140gr / .270 Lading?

Post by QuQ »

Dagse almal,

Ek het onlangs my nuwe .270 ontvang en wil met 140gr Accubond jag (natuurlik, as my yster daarvan hou).

Ek het 'n Sako 85 met 'n 22 7/16" loop and 1/10 twist.

Hopeluk kan ek +2900 fps behaal.

Is daar dalk iemand hier wat hul 140gr / .270 lading info. met my sal deel?

Ek hoor graag van julle.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: 140gr / .270 Lading?

Post by Giepie »

Ek toets ook so bietjie met 140greiners, maar is meer as tevrede met die 130gr Accubonds.

Ek het 'n Musgrave met Vektor aksie, 24" loop en 1:10 twist. Tpl 87mm.
Met die 130gr Accubonds kry ek baie goeie groepe met 53,1gr S365 lot76.
Met die 140gr Accubonds kry ek ook goeie groepe met dieselfde lading, 53,1gr S365. Spoed was so gem 2895v/s oor 5 skote. Ek het ook net onder 1moa gekry oor 100m.

My geweer se magasynkas kan maks 81mm tpl patrone vat, daarom sal ek dit moet aanpas en weer toets.

Moet asb nie my ladings net so vat nie, kontroleer dat dit nie dalk te hoë druk by jou veroorsaak nie. Ek is nie aanspreekbaar as daar iets fout gaan nie. Gewere verskil.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: 140gr / .270 Lading?

Post by Baasvark »

Manne watter grotte bokke is julle van plan om te jag met julle Accubonds?
Wil graag hoor tot en met watter grootte julle hulle as geskik sal klas.
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: 140gr / .270 Lading?

Post by Armand9 »

Skiet myne uit n 24duim loop teen 2900fps. Gooi so 52gr S365. My tpl is 84.8mm. Dis maar die maks vir my magesynkas. Werk maar jou lading self van onder af op. Veiligste. Weet net hier rondom 2900fps is die kombinasie se sweetspot. Myne gelaai vir koedoe skiet. Werk baie lekker! Op medium grootte wild kom hy ook mooi tot sy reg!
User avatar
QuQ
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Mon Jun 30, 2014 1:05 pm

Re: 140gr / .270 Lading?

Post by QuQ »

Baie dankie manne, ek waardeer dit.
Baasvark, ek jag tot en met koedoe met my .270 (130gr werk lekker maar ek will graag 140gr prober).
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: 140gr / .270 Lading?

Post by Giepie »

Maks koedoe, waterbok en miskien swartwildebees. Dalk nog bwb maar daai bokke is taai. Met blesbok hardloop hy dwarsdeur sonder om te dink.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Reloader270
Hero Member
Hero Member
Posts: 1051
Joined: Wed Nov 06, 2013 8:44 pm

Re: 140gr / .270 Lading?

Post by Reloader270 »

Giepie wrote:Maks koedoe, waterbok en miskien swartwildebees. Dalk nog bwb maar daai bokke is taai. Met blesbok hardloop hy dwarsdeur sonder om te dink.
BWB is nie jou maat nie, daai ding is 'n oerdier wat 7 lewens het. Ek het al vir 'n BWB betaal wat ek agter die blad met my .270 geskiet het en daai jaar was daar geen biltong nie. Ons het groot kolle bloed opgetel, maar die meneer wou net nie vrek nie.

As jy nie iets groter het nie, gaan dan eerder vir die 160gr Nosler Partition en mik laag in die box.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: 140gr / .270 Lading?

Post by Giepie »

Ek sal bwb ook maar eerder met my 375H&H skiet. Het al gesien hoe hardloop een nog 600m met hart en longe flenters.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Post Reply