Page 1 of 1

rekord tyd

Posted: Fri Apr 10, 2015 5:20 pm
by johans
ek sien die afdeling is bietjie stil.wil sommer by julle hoor wat is die vinnigste tyd wat jy al jak geskiet het van jy begin roep?ekt woensdag geskiet 5min na ek begin roep het toe staan sy langs die roeper

Re: rekord tyd

Posted: Fri Apr 10, 2015 6:08 pm
by Pvdw
45sek toe skiet ek nr 1 en 2 min toe skiet ek nr 2 by Douw se buurman. Halfuur later skiet ek nr 3 skoon mis.

Re: rekord tyd

Posted: Fri Apr 10, 2015 6:31 pm
by G-force
Laaties het die roeper gaan uitsit,ek was in die stoel met die Pulsar.Toe hul terug is langs die bakkie het ek gescan vir die eerste keer,drie kwart draai gekom toe sien ek hier staan hy en snuffel,70m van bakkie af.Nie eers beginne roep nie.Hom en sy maat geskiet net daar.Boer se laaites seker gedink ek is trigger happy want hul kan niks sien nie oor die nightvision.

Re: rekord tyd

Posted: Fri Apr 10, 2015 7:27 pm
by cassie_calvinia
7min, 3 jakkalse

Re: rekord tyd

Posted: Sat Apr 11, 2015 8:06 am
by 222 Sako
Het een aand roeper aangesit teen n skaapkraal, toe ek die lig aansit toe sit hy 30m agter my op sy g@t vir my en kyk. Ook nie altyd so maklik nie!

Re: rekord tyd

Posted: Sat Apr 11, 2015 9:50 am
by sPRINGHAAS
Ek het ook al n paartjie geskiet voor ek begin roep het. Toe ek lig aansit(nie eers rerig gescan nie..) toe kyk hulle vir my op 80m. Ek het teef geskiet en reen het toe die hasepad gekies. Hy het die spruit se walle gebruik om weg te kruip. Op 250m kon ek hom darem sien en stop met die fluitie om hom plat te trek.

Re: rekord tyd

Posted: Sat Apr 11, 2015 10:26 am
by SakoTrippel2
Jinne maar julle jakkies is haastig! My vinnigste was n antwoord na 3min skiet hom toe op 7min.

Re: rekord tyd

Posted: Sat Apr 11, 2015 11:37 am
by Smirre
Drywer was nog oppad om roeper uit te sit ....toe Val Daar 2.....en die drawer ook plat ++>:

Re: rekord tyd

Posted: Sat Apr 11, 2015 11:56 am
by Jassie
Smirre wrote:Drywer was nog oppad om roeper uit te sit ....toe Val Daar 2.....en die drawer ook plat ++>:

Ditto

Re: rekord tyd

Posted: Sat Apr 11, 2015 3:44 pm
by Cobus(Cobb)
Was saam met HennieC besig om geweer in cradle te sit, was nog effe lig.....toe staan Vlekkels vir ons en kyk...
Was so 40m, enige iets verder dan het die 223 seker net bloukol op jak gemaak.. ;D ;D ;D

Gisteraand was ek besig on geweer op te sit, toe sien ek hom al in koplamp se lig....hyt weggekom...

Re: rekord tyd

Posted: Fri May 15, 2015 7:02 pm
by Philip Crous
Ek kon vanjaar 2 skiet in 5 min half pad deur die eerste roep toe skiet ek die 1ste een en aan die begin van die volgende roep die 2de een. Ek het die roep klank twee keer agter mekaar gespeel.