Page 1 of 1

Herlaai baterye

Posted: Sun Apr 12, 2015 1:54 pm
by Cobus(Cobb)
Ek het dit probeer, hulle laai baie gou, to 1.6v, sal maar kyk hoe lank hulle hou in die roeper..
Wie het dit al probeer en wat was die resultaat

https://www.youtube.com/watch?v=L_xv675Dn6c

Re: Herlaai baterye

Posted: Sun Apr 12, 2015 4:29 pm
by PWV
Baie interessant! Iets om te probeer.
Gaan nou net daardie tydskakelaar soek.
Dankie, Cobus

Re: Herlaai baterye

Posted: Sun Apr 12, 2015 9:03 pm
by tripodmvr
Ander voorstel is om apparaat in vrieskas te sit en te laai. Laai vinniger en word dan nie warm nie. Die NiCad batterylaaiers laai dink ek teen konstante stroom en behoort ook nie die goed so warm te laat word nie.

Re: Herlaai baterye

Posted: Mon Apr 13, 2015 8:48 am
by vriell
Wees maar net bedag daarop dat wanneer hierdie batterye in die toestel gelos word skade kan veroorsaak deur die acid wat uitloop en op die kringbord mors ontydig. My voorstel is ook dan om die batterye na gebruik te verwyder om dit te voorkom. Ek praat uit ondervinding....