Page 1 of 1
Voertuig bande - vervaardigings datum
Posted: Wed Apr 15, 2015 10:54 am
by Carl
Ek het gister 'n probleem met bande gehad. Ek is toe na my gereelde winkel - man van ons kerk. Die tegniese verduideliking is dit is weens verkeerde wielsporing - die "Cam".
Gee my toe prys op soortgelyke bande - R1900 stuk. Net vir voor, agter lyk darem goed.
Ek gaan toe na 'n ander plek TWT - ek weet nie wie is die eienaar

Die verkoopsman gee my Pirellis een kyk en sĂȘ ek moet almal vervang want die bande is al 7 jaar oud!
Wys my toe die vervaardigings jaar is 2008. Ek het die bande in Junie 2012 opgesit- 50,000km. Dis nie onwettig nie maar kan 'n veiligheids probleem gee.
Het die handelaar my ingedoen met die 4 jaar oue voorraad bande? Ek kry so gevoel ek moet die mense nie vertrou nie!?!
Re: Voertuig bande - vervaardigings datum
Posted: Wed Apr 15, 2015 11:11 am
by Gawie(13mm)
Carl, ek sou ook ingedoen voel, maar die feit van die saak is; het die man wat die bande aan jou verkoop het geweet die bande is al 4 jaar oud tou hy hul aan jou verkoop het?
Ek sou hom vra as ek jy was.
Re: Voertuig bande - vervaardigings datum
Posted: Wed Apr 15, 2015 11:31 am
by Gawie(13mm)
Re: Voertuig bande - vervaardigings datum
Posted: Wed Apr 15, 2015 12:01 pm
by Carl
Gawie(13mm) wrote:Carl, ek sou ook ingedoen voel, maar die feit van die saak is; het die man wat die bande aan jou verkoop het geweet die bande is al 4 jaar oud tou hy hul aan jou verkoop het?
Ek sou hom vra as ek jy was.
JA alle bande na 2000 vervaardig het erens 'n nommer op - (1108) = 11de week 2008

Re: Voertuig bande - vervaardigings datum
Posted: Wed Apr 15, 2015 7:08 pm
by Bakkies303
Ek weet nie of dit nou nog so is nie, maar ek het al gehoor van die ou manne het hulle trok bande vooruit gekoop en dit dan laat staan om te "cure". Hulle het dan glo beter km's uit die bande gekry. As dit wel so is twyfel ek of die sewe jaar 'n verskil sal maak.
Ek weet nie watter voertuig jy ry nie, maar ek roteer my bande elke diens (10 000km). Op trokke sal jy altyd kry jou band links voor loop gewoonlik sleg af. Ons roteer dus gereeld hierdie band na 'n ander posisie en roteer dit selfs op die rim. Hou ook banddruk dop.
Ek laat doen my "wheel alignment" elke keer as ek nuwe bande opsit, maar indien jy meer grondpad ry, sal ek dit meer gereeld doen. Daar is baie "joints" wat uitwerk op die voertuig wat ook bande sleg kan laat afloop.
Ek het nou gou my bande kontak geskakel en volgens hom maak die ouderdom nie saak nie, net solank die bande behoorlik gestoor was en nie buite in die son gele het nie. As jy wel bang is, hou die ou bande agter en sit die nuwe bande voor.
Re: Voertuig bande - vervaardigings datum
Posted: Sun Apr 19, 2015 9:24 am
by Johnnie De Wet
Op n veldfiets het ek n ongebruikte ou band nuut opgesit. Ek het hom dieselfde dag gery dat hy uitmekaar bars. Dis seker nie relatief tot die onderwerp nie, maar el sal nie weer n band wat lank terug vervaardig is op n motorfiets sit nie.