Page 1 of 1

Gestopte gemsbokfilet

Posted: Wed Apr 22, 2015 7:32 am
by Frikkiedbr
https://www.facebook.com/photo.php?fbid ... 942&type=1
1 gemsbokfilet (ongeveer 1 kg)
1 ryp, ferm avokado
½ (50 g) brie-kaas
1 pak (250 g) repiespekvleis

Vlek die filet in sy lengte oop en vul met skyfies avokado en brie-kaas.
Vou toe. Lê die spekvleisrepies op ‘n werkoppervlak en laat lê die filet bo-op.
Draai elke repie spek om die filet en vou na binne.
Bind vas met tou.
Braai in 'n pan of rooster in die oond tot die spek goudbruin en bros is.
As die filet dun is, sal die vleis ook nou gaar wees.
As dit egter 'n dik filet is, sit dit vir 10 – 15 minute in die oond by 180 °C.
Laat rus vir 2 – 03 minute en sny.
Sit voor met ‘n brandewyn- of groenpeper-roomsous, aartappels en groente.
Genoeg vir ses mense.
Variasie: Probeer ook ‘n kombinasie van bloukaas en gesnipperde groenvyekonserf of fetakaas met pikantrissies vir dié filet se vulsel.

Re: Gestopte gemsbokfilet

Posted: Wed Apr 22, 2015 8:37 am
by Riaan Kriel
Hoe laat water jy nou my mond. Het juis die naweek die laaste blouwildebees-fillet op die kole gebraai en so saam met vriende geniet. Jou idee/resep sal moet beproef word na die volgende jagtog ;)

Re: Gestopte gemsbokfilet

Posted: Wed Apr 22, 2015 9:51 am
by vriell
Nice !!

Re: Gestopte gemsbokfilet

Posted: Wed Apr 22, 2015 11:21 am
by FCLoretz
Frikkie,

Hoe maak jy na jy al hierdie resepte lees? En jy het nie wildsvleis in die huis om dit te maak nie?

Want ek lees nie meer jou resepte nie. Anders kwyl ek op my sleutelbord.

Re: Gestopte gemsbokfilet

Posted: Wed Apr 22, 2015 11:29 am
by Frikkiedbr
Frederick Dit is maar moeilik, maar ek weet hier is baie manne wat dit sal waardeer en mens kan mos nuwe ideas ook gee.

Party is maar net meer gelukkig as ander as dit by jag kom. Eendag weer sal daar wild in my yskas wees lol.

Mooi dag

Re: Gestopte gemsbokfilet

Posted: Wed Apr 22, 2015 2:20 pm
by Finfan
Dankie vir die deel. Klink baie lekker