Page 1 of 1

Bok afslag maar vel aan

Posted: Thu Apr 23, 2015 11:44 am
by douw
As ek 'n bok skiet, hom laat afslag maar in die vel wil los. Dan hang ek hom 'n paar dae voordat ek weer met hom werk.

Sal ek nog die vel dan kan afhaal en sout om te looi, of is die vel dan reeds bederf vir die doel?

Groete
Douw

Re: Bok afslag maar vel aan

Posted: Thu Apr 23, 2015 12:10 pm
by Pappabeer
Douw, ek het al n bok of twee vir twee dae gehang, waar die velle mooi gebrei het, maar ek dink daar is baie faktore, veral specie.

Wildebees en blesbok verloor nie hare maklik nie, waar koedoe en gems baie vatbaar is vir hairslip.

My beskeie opinie, veral seinde dat n groot vel se verwerking jou R1000 kos, en 6 maande se wag, is om vooraf te besluit of jy die vel hou of nie, en indien wel, slag jy jou vel ASAP af, was en droog en sout hom en aanvaar maar die winddroog laag buite op die karkas.

Re: Bok afslag maar vel aan

Posted: Thu Apr 23, 2015 12:16 pm
by douw
Dewald, baie dankie vir jouantwoord.

Indien mens die vel wil laat looi tot leer (hare af) sal dit dus nie 'n probleem wees nie?

Ek slag tans bokke (Kalahari reds) en hou die vel aan sodat die vleis nie daai taai velletjie het nie. Die velle wil ek dan laat looi, hopelik kan ek iets met die leer doen.

Groete
Douw

Re: Bok afslag maar vel aan

Posted: Thu Apr 23, 2015 2:08 pm
by Pappabeer
Ek glo dit sal 100% werk Douw. Dis net die hairslip wat n probleem is, nie die integriteit van die leer nie.

Re: Bok afslag maar vel aan

Posted: Thu Apr 23, 2015 3:44 pm
by douw
Baie dankie. Sal jy voorstel dat ek dan nogsteeds die velle sout?

Re: Bok afslag maar vel aan

Posted: Thu Apr 23, 2015 4:12 pm
by Boesman10
Die veiligste is om maar altyd sout te gooi. Al gaan laai jy die velle af by die looiery direk na afslag dan le die velle baie keer vir 'n lang ruk voor hulle verwerk word. Sout is goedkoop so gooi maar altyd soveel moontlik.

Re: Bok afslag maar vel aan

Posted: Thu Apr 23, 2015 4:27 pm
by douw
Baie dankie. Sal dan so maak