Page 1 of 1

Jag geleentheid gesoek rondom Kenhardt einde Mei, begin Juni

Posted: Fri Apr 24, 2015 3:41 pm
by Parafien
Hello manne
Ek wil einde Mei begin Junie gaan kuier by my familie op Keimoes. My swaer boer daar en het grond buite Kenhardt. Ons wil daar gaan bly vir paar dae, en dan ook graag daar rond iets gaan skiet. Is daar dalk enige iemand daar wat skietplek het asb. Sal ook graag my vrou iets wil laat skiet. Dankie by voorbaad.
Groete
Peregrine Visser

Re: Jag geleentheid gesoek rondom Kenhardt einde Mei, begin

Posted: Thu May 28, 2015 9:35 am
by Reghardt
Daardie area is maar droog op die oomblik. Ons boer ook grond daar tussen Kenhardt en Kakamas, maar ons gaan self ook nie hierdie jaar daar skiet nie omrede die diere se kondisie dit nie toelaat nie. Ek hoop jy kom reg.

Groete
Reghardt

Re: Jag geleentheid gesoek rondom Kenhardt einde Mei, begin

Posted: Thu May 28, 2015 10:37 am
by Parafien
More Reghardt
Baie dankie vir die terugvoer. Ek het ongelukig nie daar reg gekom nie, maar gaan darm nog in Bloemhof en Kirkwood die jaar iets skiet en dan sluit ons af in Gouda met swartwildebees. Ek wou maar omdat my familie daar is graag daai kant toe beweeg het.
Ek hoop vir julle dat die droogte nie lank sal hou nie en julle sommer gou weer mooi veld sal hĂȘ.

Re: Jag geleentheid gesoek rondom Kenhardt einde Mei, begin

Posted: Mon Jun 22, 2015 9:09 pm
by Parafien
Ons was verlede naweek kenhardt toe gewees. Almal wat lees moet asb saam bid vir reen. Dit is so droog dat die springbokke vrek en jy hulle kan inhardloop en vang.