Page 1 of 24
Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sat Apr 25, 2015 6:18 am
by Mellies
More menere.
Wie van julle is ook oppad jagveld toe? Waarheen en wat is op jou inkopielys?
Ons ry na die naweek K'roo toe!!!
Springbok, blesbok, gensbok en swartewildebees!!
Mooi ry en geniet!
Met n vleisie...
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sat Apr 25, 2015 7:57 am
by sako 30-06
Ons ry Dinsdag.
Kudu,BWB,Blesbok en Rooibok.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sat Apr 25, 2015 8:23 am
by tripodmvr
Ons ry more - komiteejag van Vaaldriehoek SA Jagters te Marken. Waterbok, bosbok, rooibok, vlakvark en kudu is die teiken.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sat Apr 25, 2015 3:24 pm
by Mellies
Oom Tripod en Sako,
Julle trippies klink lekker!!!!
Met n vleisie...
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sat Apr 25, 2015 7:45 pm
by koos 2
Sommer nou groen van jaloesie,maar ek sal maar geduldig wag. My beurt is darem nie so ver weg nie.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sat Apr 25, 2015 7:51 pm
by NicoO
Ons ry Donderdag Van Zylsrus toe, kan nie wag nie. Gan Gemmies en Springbokke skiet.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sat Apr 25, 2015 8:02 pm
by joe rocket
Ek ry die 7de mei saam met my klong Prince Albert toe kan nie meer wag nie. Hy ook nie.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sat Apr 25, 2015 8:09 pm
by joe rocket
Vandag skietbaan toe het sst gekry om op dieselfde plek te skiet as gmx'e moer bly!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun Apr 26, 2015 6:33 am
by Mellies
Joe dis lekker as dinge so bymekaar kom!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun Apr 26, 2015 7:30 am
by Heinz Petersen
Ek hoop ek gaan dit nog kan maak vir my trippie einde van die week om te gaan koedoe skiet.
Ek moet more oggend weer terug slagpale toe met my knie vervanging ses weke terug wat nie n sukses was nie. As ek nie daar uitkom nie sal Oom pieter maar my bokke moet skiet.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun Apr 26, 2015 8:21 am
by Cobus(Cobb)
Eks noggie opgewonde nie.....dis nog 165ure en 12 min voor ons ry Melmoth toe....
Rooibok, vark, Blouwillebees, jakkals en Bobbejaan en dalk duiker word voor gelaai.....
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun Apr 26, 2015 1:55 pm
by PWV
Cobus
Nou kan jy al weer 6 ure aftrek!!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun Apr 26, 2015 1:57 pm
by PWV
Heinz
Ek dink ons moet daai beendokter aan sy knaters gan gryp!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun Apr 26, 2015 2:02 pm
by Cobus(Cobb)
PWV wrote:Cobus
Nou kan jy al weer 6 ure aftrek!!
begin nou regmaak om paar vlekke se aand om te krap....dit help darm om die pyn te verlig.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun Apr 26, 2015 2:18 pm
by Baasvark
Manne vandag teruggekom van my Pongola jagtrippie.
Was van maandag middag daar gewees.
Ek was opsoek na 'n mooi koedoe bul maar helaas - my vlakte oe kort nig bietjie oefening!
Kon darem met 4 vet vkakvark soggies en 'n rooibok ooi terug kom!
Donderdag ry ek Fiksburg toe vir rooihart, swartwildebees en blessbok!
Julle moet dit geniet!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun Apr 26, 2015 2:19 pm
by Baasvark
Skuus, daai moes vlakvark gelees het

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun Apr 26, 2015 2:23 pm
by Finfan
Baasvark wrote:Skuus, daai moes vlakvark gelees het


Hoe proe daai vKAKvark

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun Apr 26, 2015 2:24 pm
by Baasvark
Sal jou laat weet

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun Apr 26, 2015 3:48 pm
by Mellies
Baasvark ekt nou gedink dis klomp nuwe varke in Pongola se wereld daai?

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun Apr 26, 2015 3:54 pm
by Mellies
Baasvark by wie gaan julle jag naby Ficksburg?
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun Apr 26, 2015 6:41 pm
by Baasvark
Mielies ek gaan vir jou lieg as ek moet se...
Ek reel nie die trippie nie so ek ken nie die mense nie.
Sal jou laat weet sodra ek terug is!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun Apr 26, 2015 7:15 pm
by Mellies
Maak so. Dankie.
Ek kom van daai wereld. Sommer nuuskierig...
Geniet dit.
Met n vleisie...
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Mon Apr 27, 2015 4:32 pm
by evdberg
Ons ry Woensdag oggend Derby toe.
Was Vrydag by HUNTEX, is more op die skienbaan vir oulaas.
Op die inkopie lys is Springbok, Swartwildebees, Blouwildebees, Rooibok (tussen 4 jagters) - en as n vlakvark hom parmantig gedra gaan hy ook sommer bakkie ry.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Mon Apr 27, 2015 5:25 pm
by Mellies
Julle moet dit geniet!
More oggend 6h00 is ek weg. Kry ander manne op Douglas vir laaste stretch!
Met n vleisie...
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Apr 28, 2015 6:43 am
by JohanvB
Ek ry nou Pofadder toe...Gemsie en Springbok op die "to do list"..