Page 1 of 1

En hoe was HUNTEX?

Posted: Mon Apr 27, 2015 8:53 am
by Farmer
Gromit wrote:Ja. Lyk my maak wat jy wil. Daar gaan altyd mense wees wat jy nie kan tevrede stel nie en dan word daar gal gebraak daaroor.

Hoekom?
Want van ons wil kry wat gese word en nie net tevrede wees met oorskiet die hele tyde nie.....net daar is wat so verkeerd is met ons!

Re: En hoe was HUNTEX?

Posted: Mon Apr 27, 2015 10:36 am
by Sangoma (IAN)
Ek het huntex ook vreeslik geniet. Net jammer ek het weer die helfte gemis! Probleem was dat ek en n paar pelle na die 2 de saal dors geraak het en tot 16:30 in die bier tuin vasgehaak het.

Re: En hoe was HUNTEX?

Posted: Mon Apr 27, 2015 12:46 pm
by Geno
Sorry manne. My foon was in my sak gewees met Tapatalk oop, toe select en delete hy klomp posts van hierdie topic af.
Jammer!

Re: En hoe was HUNTEX?

Posted: Mon Apr 27, 2015 5:59 pm
by NicoSmit
Baie geniet vandag ek en die 2 laaities was so van na 12 daar gewees en vir die eerste keer kon ek na alles kyk sonder om te bakei vir 'n beurt nie Het lekker met Alliwyn by Peregrine gesels en 'n lekker bargain by Wildman op Peregrines gekry .So dit was 'n lekker Huntex net jammer die beursie was nie groot genoeg vir al daai speelgoed nie

Re: En hoe was HUNTEX?

Posted: Mon Apr 27, 2015 7:45 pm
by Sybrandz
Baie lekker gewees, dankie aan die organiseerders.

Re: En hoe was HUNTEX?

Posted: Tue Apr 28, 2015 8:15 pm
by Johan Reyneke
Ek was ook Vrydag daar. Die ingaan was baie stadig, want die deure het nie 10:00 geopen nie.
Daar was baie mooi goed en moes maar die kredietkaart en beursie toe hou. Het darem van die items gekry wat ek gesoek het.

Ek het ook lekker met Margeret Botha van Extreme Huntress gestaan en gesels. Interesante goed gehoor wat agter die kameras gebeur het met haar onderhoude.

Die tyd was bietjie kort.