Page 1 of 1

Rugby Wêreldbeker Kompetisie

Posted: Tue Apr 28, 2015 7:21 am
by gillie
Goeie more al die lede,

Bryanston Parallel Medium Skool se fondsinsameling hierdie jaar bied jou die kans om net vir R50.00, WB Rugby te gaan kyk in Engeland. Die Prys sluit in:

Vlugte
4 Aande Akkomodasie
Kaartjies vir 2 wedstryde (3de uitspeel wedstryd en Finaal)
R10,000.00 sakgeld

Die prys is ongeveer R120,000.00 werd en jy kan jou vrou, of meisie of fluzie of wie ookal saamvat (Prys is vir 2 persone)

Ek sal later gou die bankdetails hier opsit, maar sit solank julle name op die lys as julle sou belangstel.

Groete en lekker dag

Johan

PS: Ek heg die amptelike skoolbrief aan vir verder details

Re: Rugby Wêreldbeker Kompetisie

Posted: Tue Apr 28, 2015 7:22 am
by Geno
Ek sal 'n hou gooi vir 2 kaartjies!

Re: Rugby Wêreldbeker Kompetisie

Posted: Tue Apr 28, 2015 7:24 am
by Flip Fouche
Johan

Ek sal vier kaartjies vat.

Groete

Flip

Re: Rugby Wêreldbeker Kompetisie

Posted: Tue Apr 28, 2015 7:27 am
by Pvdw
Hier gaan ek ook my geluk probeer met 2 kaartjies :)

Re: Rugby Wêreldbeker Kompetisie

Posted: Tue Apr 28, 2015 7:30 am
by gillie
Dankie manne! Ek het meer detail gespot in die vorm van die skoolbrief. Kry hom maar daar bo.

Julle sal sien dat die wenner van die kaartjieverkope ook n geldjie kan wen. So hier is die voorstel, as ek die kaartjieverkope sou wen, sal ek die geld skenk aan n "chartiy" of "cause" van die forum se keuse. Hetsy dit is om by te dra aan n persoon se eerste jagtog ooit of wat ookal die forum besluit is die "most deserving".

Ek sal julle in PM kontak om julle details te kry.

Bankdetails:
JP Geldenhuys
RMB/FNB
Rek no: 62524822625
Takkode: 260 505 (Tyger Vallei)

Ek moet die geld self oorplaas.

Sodra ek jou geld het, stuur ek n kopie van jou kaartjie.

Dankie weereens

Re: Rugby Wêreldbeker Kompetisie

Posted: Wed Apr 29, 2015 8:01 am
by gillie
Baie dankie vir die ondersteuning sover.

Vir die res wat die post nou vir die eerste keer sien, R50 is darem min geld vir so lekker trippie ! ;)

Re: Rugby Wêreldbeker Kompetisie

Posted: Wed Apr 29, 2015 9:31 am
by Chris Swart
Wat moet ek as verwysing opsit?

Re: Rugby Wêreldbeker Kompetisie

Posted: Wed Apr 29, 2015 9:37 am
by gillie
Chris Swart wrote:Wat moet ek as verwysing opsit?
Gebruik net jou naam en van as verwysing

Baie dankie

Re: Rugby Wêreldbeker Kompetisie

Posted: Wed Apr 29, 2015 9:41 am
by Chris Swart
gillie wrote:
Chris Swart wrote:Wat moet ek as verwysing opsit?
Gebruik net jou naam en van as verwysing

Baie dankie
Dankie.
Sal vanaand oorbetaal.
Hier wil ek ook 'n naam in die hoed hê.

Is daar 'n beperking op die aantal kaartjies wat verkoop word?

Re: Rugby Wêreldbeker Kompetisie

Posted: Wed Apr 29, 2015 9:51 am
by gillie
Chris Swart wrote:
gillie wrote:
Chris Swart wrote:Wat moet ek as verwysing opsit?
Gebruik net jou naam en van as verwysing

Baie dankie
Dankie.
Sal vanaand oorbetaal.
Hier wil ek ook 'n naam in die hoed hê.

Is daar 'n beperking op die aantal kaartjies wat verkoop word?
Hi Chris
Geen beperkings nie

Re: Rugby Wêreldbeker Kompetisie

Posted: Wed Apr 29, 2015 11:24 am
by DawieKotze
My kaartjies is betaal.

Julle ander manne kan maar los - die prys is myne ;D ;D

Dawie

Re: Rugby Wêreldbeker Kompetisie

Posted: Wed Apr 29, 2015 12:11 pm
by sPRINGHAAS
Ek sal ook 2 vat asb!

Re: Rugby Wêreldbeker Kompetisie

Posted: Thu Apr 30, 2015 7:45 am
by gillie
More almal

Ek het nog n paar boekies gekry, so julle kan maar gooi !

Lekker dag

Re: Rugby Wêreldbeker Kompetisie

Posted: Tue May 05, 2015 7:32 am
by gillie
Onthou om julle kaartjies te koop voor 6 Junie as jy die kans wil staan omdie prys te wen.

Re: Rugby Wêreldbeker Kompetisie

Posted: Fri May 22, 2015 2:58 pm
by gillie
Nog net 2 weke voordat iemand 'n trip na die Wereldbeker rugby wen, kry julle kaartjies voor dit te laat is

Re: Rugby Wêreldbeker Kompetisie

Posted: Fri May 22, 2015 3:25 pm
by Chris Swart
gillie wrote:Nog net 2 weke voordat iemand 'n trip na die Wereldbeker rugby wen, kry julle kaartjies voor dit te laat is
Payday is maandag ++>:

Re: Rugby Wêreldbeker Kompetisie

Posted: Fri May 22, 2015 3:43 pm
by gillie
Chris Swart wrote:
gillie wrote:Nog net 2 weke voordat iemand 'n trip na die Wereldbeker rugby wen, kry julle kaartjies voor dit te laat is
Payday is maandag ++>:
;D Dis reg Chris ! Daar darem nog tyd

Re: Rugby Wêreldbeker Kompetisie

Posted: Fri May 22, 2015 4:01 pm
by Hein22
Ek het vir jou oorbetaal vir 2 kaartjies. Ek het "Hein22" as verwysing gebruik, laat weet asb es ek bewys van betaling vir jou moet stuur.

Re: Rugby Wêreldbeker Kompetisie

Posted: Fri May 22, 2015 6:54 pm
by FrancoisW
Ek het vir 4 kaartjies betaal. Verwysing is Francoisw. Kies wenbkaartjies asb ><)

Re: Rugby Wêreldbeker Kompetisie

Posted: Tue Jun 02, 2015 12:01 pm
by gillie
Laasste week om jou kaartjies te kry, trekking is komende Saterdag, 6 Junie

Re: Rugby Wêreldbeker Kompetisie

Posted: Thu Jun 11, 2015 8:50 am
by JacoW
En toe?

Re: Rugby Wêreldbeker Kompetisie

Posted: Thu Jun 11, 2015 8:53 am
by gillie
JacoW wrote:En toe?
Hi Jaco

'n Ene "John Roux" het gewen... jammer vir julle, en weereens dankie vir die ondersteuning. Ek het ook nie die prys gewen vir meeste kaartjies nie, alhoewel ek diep in die 90 kaartjies gaan draai het.

Re: Rugby Wêreldbeker Kompetisie

Posted: Thu Jun 11, 2015 8:58 am
by JacoW
Dankie vir die terugvoer. Ai dis jammer een van ons manne het nie gewen nie en dat jy nog n paar kaartjies nodig gehad het...

Hoop "John Roux" geniet dit.

Lekker dag verder.

Re: Rugby Wêreldbeker Kompetisie

Posted: Tue Jun 23, 2015 9:18 am
by gillie
Julle sal sien dat die wenner van die kaartjieverkope ook n geldjie kan wen. So hier is die voorstel, as ek die kaartjieverkope sou wen, sal ek die geld skenk aan n "chartiy" of "cause" van die forum se keuse. Hetsy dit is om by te dra aan n persoon se eerste jagtog ooit of wat ookal die forum besluit is die "most deserving".
So toe lui die foon vroeër vanoggend, ons het die 4de meesste kaartjies verkoop en wen R350... So julle moet maar skreeu waarheen ek die geld moet stuur. Dalk kan die moderators bietjie leiding gee ?