Page 1 of 1

Musgrave "Safety Catch flaw"??

Posted: Thu Apr 30, 2015 3:05 pm
by Ashley
Hi julle.

Ek wil graag hoor of iemand op die forum dalk iets weet van hierdie "flaw" wat sekere Musgraves Mod 80 & 90 blykbaar het;

Ek het my Musgrave 7x57 gaan optel vandag na n 4maande wag ( ;D yeah ;D ). Dit was my pa se geweer, en is so 20jaar oud maar lyk soos nuut. Die ouens by die geweer winkel het somme dat ek n paar skote daar op die baan skiet.
Toe vertel (en wys) hy my dat van die Mod 80's en 90's n gevaarlike fout het op die "safety catch", wat Musgrave blykbaar in die 1980's en 1990's agter gekom het, en soveel gewere as moontlik probeer "recall" het om reg te maak. Maar weens n beperkte kommunikasie stelsel in daai jare het min mense daarvan gehoor.

Dit werk so(met my eie oe gesien);

- Jy laai die geweer/maak die boud toe.
- Sit die geweer op veilig.
- Druk op die sneller.
- Haal vinger van die sneller af.
- Sodra jy die "safety catch" afhaal gaan die skoot af!

Dit het net 1 keer gebeur in die 4 kere wat ons dit probeer het, maar dis 1 keer te veel! En die feit dat dit blykbaar n bekende probleem is maak my effens bekommerd om hom jagveld toe te vat.
Dit het alhoewel nooit in 20jaar met my pa gebeur nie.

Sal waardeer as enige iemand insette het, dankie

Re: Musgrave "Safety Catch flaw"??

Posted: Thu Apr 30, 2015 3:11 pm
by andre007
Gooi vir ons n foto van daai aksie

Re: Musgrave "Safety Catch flaw"??

Posted: Thu Apr 30, 2015 3:13 pm
by James Wilson
Jou Pa het nie safety gebruik nie, jy moet ook nie ;D

Re: Musgrave "Safety Catch flaw"??

Posted: Thu Apr 30, 2015 3:47 pm
by TOKELOS
+2000!!!!

Re: Musgrave "Safety Catch flaw"??

Posted: Thu Apr 30, 2015 3:56 pm
by Spanner
Daai safety is vir my ongemaklik en oorbodig. Ek gebruik eerder die safety tussen my ore. Ek is geleer om nooit op 'n safety te vertrou nie...

Re: Musgrave "Safety Catch flaw"??

Posted: Thu Apr 30, 2015 4:02 pm
by andre007
Ekt het n Lyttleton RSA (met die magesynkas) (Vrystater), het hy dieselfde safety?

Re: Musgrave "Safety Catch flaw"??

Posted: Thu Apr 30, 2015 4:12 pm
by Fanta300
My K98 aksie op my 300WM het dieselfde gedoen. Geweersmid het hom gestel en nou werk hy pragtig. Ek gebruik hom egter nooit. Soos die ouens hier bo, selfs een in 1000 is te veel.

Re: Musgrave "Safety Catch flaw"??

Posted: Thu Apr 30, 2015 4:40 pm
by Dries101
Dit is n baie easy fix met n dremel of met n diamand vyl.

Re: Musgrave "Safety Catch flaw"??

Posted: Thu Apr 30, 2015 4:53 pm
by Pappabeer

Re: Musgrave "Safety Catch flaw"??

Posted: Thu Apr 30, 2015 5:47 pm
by Hein M.
andre007 wrote:Ekt het n Lyttleton RSA (met die magesynkas) (Vrystater), het hy dieselfde safety?
Nee. Heeltemal verskillende aksies en safety's.


Vrystaat het 'n flag safety wat van die ander kant oorklap (jy sal mos weet):

http://i936.photobucket.com/albums/ad205/hmostert1/Musgrave_Mk_1_Vrystaat_model.jpg

Die Mod. 90 se safety is bo-op:

http://i936.photobucket.com/albums/ad205/hmostert1/Musgrave_Impala_mod_90_action.jpg



MAAR jy sal mos nou ook weet dat jy, net soos by die RSA Enkelskoot gewere, nie die flag safety kan gebruik nie omdat die scope in die pad is...

Re: Musgrave "Safety Catch flaw"??

Posted: Fri May 01, 2015 11:15 am
by Armand Steenkamp
Wel my RSA enkelskoot maak ook soms so. Maar ek gebruik nie die safety nie..

Groetnis

Re: Musgrave "Safety Catch flaw"??

Posted: Fri May 01, 2015 1:56 pm
by alecjohnson
Ek is geleer dat die "safety" is die gevaarlikste ding op 'n geweer want dit gee valse sekuriteit. Slot grendel na bo is my safety!

Re: Musgrave "Safety Catch flaw"??

Posted: Mon May 04, 2015 9:13 am
by Ashley
Dankie vir al die terug voer ouens!

Sal fotos van hom plaas op nuwe draad.

Re: Musgrave "Safety Catch flaw"??

Posted: Mon May 04, 2015 9:20 am
by Jake1
Aai, jammer om te hoor. Ek het in 2012 bietjie raas gekry toe ek die probleem genoem het ;D Ek wil julle asseblief weer vra om die woord te sprei. Daar is baie van hierdie gewere op die jagveld, ek sal maar skrikkerig wees as my jagbuddie langs my een het wat nie getoets is nie. Die probleem is dat ek seker is my safety het op n stadium gewerk en toe een dag nie meer nie, die spesifieke dag wanneer hy nie meer werk nie weet jy nie wanneer dit is nie, en jou mede jagter langs jou weet ook nie. Ek gebruik nou glad nie my safe nie, ek hou my slot oop. Ek het darem die ys gebreek die naweek vir die jagseisoen met my eerste Ribbok met my Musgrave, dit bly maar n lekker geweer.

Re: Musgrave "Safety Catch flaw"??

Posted: Tue Sep 13, 2016 8:20 pm
by BansheeZA
Het my mod90 308 nou n biekie gewerk om te kyk of die slagpen nie wil val nie. Lyk nie vir my dat my M90 n probleem het nie. Ek het ook aan die sneller al gestel myself en ek kan sien hoekom die safety wat af gesit word die slag pen kan laat val.
As daai sneller vir n haar sneller gestel is gan hy beslis val as jy die safety afsit. Net daai effe wat die slag pen terug beweeg as jy die safety aansit en afsit gan die haar sneller/sear se kantak punte beweeg en dan val die slag pen omdat die sears nie meer gehak is nie.

Re: Musgrave "Safety Catch flaw"??

Posted: Tue Sep 13, 2016 8:24 pm
by Apie
K98 s maak partymaal so,

Sent from my D5803 using Tapatalk

Re: Musgrave "Safety Catch flaw"??

Posted: Tue Sep 13, 2016 10:03 pm
by Jurgen Visser
James Wilson wrote:Jou Pa het nie safety gebruik nie, jy moet ook nie ;D
Stem , safety sommer uithaal , in my mening is 'n safety gevaarlik , die res weet julle mos van veligheid !!!