Page 1 of 1
Forster matryse
Posted: Wed May 06, 2015 4:18 pm
by Monrique (SJ)
Kan manne/dames wat eerstehandse ondervinding het my asseblief sê hoe is Forster se matrys stelle? Meer spesifiek die Ultra seater matrys (bench rest)? Of is daar n ander fabrikaat wat jy sal voorstel en hoekom?
Luister graag.
Groetnis
Monrique
Re: Forster matryse
Posted: Wed May 06, 2015 4:26 pm
by Hein M.
SJ
Ek het hierdie destyds raakgelees en gestoor. Sommer net info en nie persoonlike ondervinding nie...
Redding and Forster Competition Seaters have a case shaped interior sleeve that the case fits up in and supposedly holds it in place to align the bullet with the neck. However, the interior needs to be cut large enough to fit any case in that caliber so it is not necessarily a tight fit. A seater can not contact the body or it would be sizing it and you would need to lube it to get it out.
The RCBS Competition Seater with the convenient window does not have a sleeve to go around the case body but it does have a sliding sleeve that holds the bullet after you put it in the slot and that sliding bullet holder has a sloped shoulder that contacts the case shoulder to keep everything aligned. The sliding bullet sleeve is a tight fit on the bullet. So the sliding bullet sleeve holds the bullet perfectly straight up and down while the ram is raised and the sloped shoulder aligns the case much like chambering a PFLR case in the chamber.
Re: Forster matryse
Posted: Wed May 06, 2015 4:42 pm
by ruaanb
Ek gebruik die Redding Competition stel vir my 300wsm na aanbeveling van 'n Jaracal lid. Hy het aangedui Forster of Redding en toe ek soek was net die Redding stel beskikbaar. Runout is minimaal tot dusver so ek is baie gelukkig. Is net nie goedkoop nie.
Re: Forster matryse
Posted: Wed May 06, 2015 4:59 pm
by Giepie
Ek het van die Forster seating dies vir 270 en 375. In die verlede het ek die gewone Lee dies daarvoor gebruik. Ek verkies die Forster, daar is baie minder "run out" en meer konstant in lengte.
Ek verstaan nie die opmerking hier bo oor die Forster dies nie. Die Forster het wel 'n "sliding die chamber" waarin die doop gaan. Soos wat jy die press druk skuif dit boontoe. Aan die bo kant is daar net soos wat oor die RCBS gesê word, 'n "fitting sleeve" waarin die koeël net-net los in pas om die koeël reguit te hou wanneer dit in die dop gedruk word.
Het so bietjie gaan Google, een opmerking was "...does it (RCBS) match the performance of the redding or other top comp dies ?"
"No. In fact ONLY Redding/Forster seaters with full length sleeves that align both the bullets and cases before seating starts offer an accuracy advantage over more conventional seaters and are worth the extra cost.
It's worth mentioning that no seater can make straight ammo in cases with out of line necks."
Elke persoon moet maar self besluit. Die een met die mikrometer bo aan werk baie lekker. Ongelukkig is dit nie beskikbaar vir die 375 nie.
Re: Forster matryse
Posted: Wed May 06, 2015 6:07 pm
by Pappabeer
Ek het een vir die 6,5x57.
Dit was toevallig die goedkoopste los seater wat ek laasjaar kon koop. As ek kon sou ek vir al my gewere Forster seater dies gehad het
Re: Forster matryse
Posted: Wed May 06, 2015 6:29 pm
by Dries101
Minus die micrometer is foster se gewone seater en hulle fancy een presies dieselfde ding. Waar redding se gewone seater en benchrest seater twee verskillinde ontwerpe is. So jy kan vir n baie goeie prys n benchrest kwaliteit seater kry as jy nie die micrometer wil he nie. Selfs die feit dat hulle sizing dies n asem gaatjie in het maak die sizers vir my n wenner. Ek kry geen olie duikies met hulle nie.
Re: Forster matryse
Posted: Wed May 06, 2015 7:57 pm
by Capt. Yoda
Daar is nie n ander Die stel op die mark hier wat n Forster klop nie, of dit nou FL of seater is.Ek het hul almal al gehad en probeer en gebruik nou nog net Forster.Ek het 2 redding comp stelle, Rcbs comp met die venster en Hornady custom something nog maar ek haal hul nie eers uit hul boksies uit nie.
Re: Forster matryse
Posted: Wed May 06, 2015 8:31 pm
by Monrique (SJ)
Baie dankie vir elkeen se terugvoering sover manne, dit word waardeer!
Groetnis
Re: Forster matryse
Posted: Wed May 06, 2015 9:01 pm
by Jacko
Ek gebruik net Forster. Sal moet soek, maar ek het op die internet 'n artikel gelees van 'n Yank met baie tyd op hande wat die verskil in runout gemeet het tussen sy Redding en Forster dies. Die Forsters was die wenner.
Hoewel hulle nie juis goedkoop is nie, is hulle ook nie onbekostigbaar nie. Maar laat die manne hou by Redding, dan weet ek daar is altyd nog rooi Forster kassies vir my oor.

Re: Forster matryse
Posted: Thu May 07, 2015 8:35 am
by Jacques van Eeden
Jy kan enige een kies tussen Foster en Foster

Re: Forster matryse
Posted: Wed May 13, 2015 9:36 am
by MrFive
I also just want to add my 2c's.
I have both the Redding and Forster sizing and seater dies for my 260, the seater’s both have the micrometre’s on the top. They are both very good although the Red brand is much easier to set the seating depth with because the spacing and markings on the micrometre are much larger and easier to read.
I know seating is not everything so I think the more critical thing when reloading is the sizing dies because no matter how good the seater is, if the case is not concentric you will not get a straight bullet no matter how much money you throw at the seater.
The Sizing dies I use are the Forster Bump sizing bushing die for three loads and then I use a Redding FL Type S bushing die for every forth reload or when the rounds become tight in the chamber. That means I only push the shoulder back a .001-.002 (after properly setting them up to do so) with both dies and only use bushings for the sizing of the necks with both dies. With both these dies the run out is exactly, or very close to what it was when the round was taken out my chamber so I can’t say that one is better than the other.
André
Re: Forster matryse
Posted: Fri May 15, 2015 6:35 am
by Steppenwolf
Jacques222 wrote:Jy kan enige een kies tussen Foster en Foster

Jy bedoel seker FoRster

Ek kom agter as mens eers Forster begin gebruik is die ander produkte maar 'vaal' Het n Forster press aangeskaf en a case length cutter en nou is ek self opsoek na Forster dies. Die goed is n fees maar bietjie duur.
Re: Forster matryse
Posted: Fri May 15, 2015 7:48 am
by Capt. Yoda
Steppenwolf wrote:Jacques222 wrote:Jy kan enige een kies tussen Foster en Foster

Jy bedoel seker FoRster

Ek kom agter as mens eers Forster begin gebruik is die ander produkte maar 'vaal' Het n Forster press aangeskaf en a case length cutter en nou is ek self opsoek na Forster dies. Die goed is n fees maar bietjie duur.
Ek het n Redding Bigg Boss 2 press gekoop en my maat die Forster, ek het nogals gedink die Redding is n bul van n press tot ek by hom gaan kuier het en bq met die Forster gespeel het

.Ek het dam geweet wat gaan gebeur as ek aan die Forster vat maar die prys verskil tussen hulle is meer as R2000 en ek glo dam nie hy is R2000 beter nie....of so vertel ek myself maar
Re: Forster matryse
Posted: Fri May 15, 2015 10:14 am
by Riaan Kriel
Capt. Oblivious wrote:Steppenwolf wrote:Jacques222 wrote:Jy kan enige een kies tussen Foster en Foster

Jy bedoel seker FoRster

Ek kom agter as mens eers Forster begin gebruik is die ander produkte maar 'vaal' Het n Forster press aangeskaf en a case length cutter en nou is ek self opsoek na Forster dies. Die goed is n fees maar bietjie duur.
Ek het n Redding Bigg Boss 2 press gekoop en my maat die Forster, ek het nogals gedink die Redding is n bul van n press tot ek by hom gaan kuier het en bq met die Forster gespeel het

.Ek het dam geweet wat gaan gebeur as ek aan die Forster vat maar die prys verskil tussen hulle is meer as R2000 en ek glo dam nie hy is R2000 beter nie....of so vertel ek myself maar
Kom nou Cappie - Jy weet jy het hom nodig
Die Forster was hoog op my wishlist tot ek hom aangeskaf het. Ek mis glad nie my RCBS nie
http://i1321.photobucket.com/albums/u550/Duracell/20150322_164142_zpspf59btfm.jpg
Re: Forster matryse
Posted: Fri May 15, 2015 10:39 am
by Capt. Yoda
Ja ek weet jong

. Eerlikwaar dink ek nie ek gaan regtig vreeslik baie wen met die Forster teen my Redding nie.Die Redding is regtig alles wat ek wou he maar die Forster het net iets anders aan hom, seker maar daai "shelholder" wat sou ouklik werk.My pel hou baie van die groen goed saam op sy tafel so dalk rol ek hom nog vir daai Forster.Kan dalk my ou Lee groen verf en hom ruil dan run ek die Redding en Forster in duel view !