Page 1 of 1

Alles-in-een-ontbyt

Posted: Thu May 07, 2015 10:24 am
by Frikkiedbr
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/11204893_710302372413418_1085519470958759564_n_zpsjnh9tgnc.jpg
30 ml (2 e) olyfolie
1 kg boerewors
1 groot ui, fyn gekap
3 knoffelhuisies, fyn gekap
150 ml witwyn
’n hand vol rosatamaties, middeldeur gesny
5 ml Cerebos LOW salt
1 x 410 g-blik witbone
1 x 410 g-blik Italiaanse tamaties
6 groot bruin sampioene
6 eiers
’n hand vol basiliekruidblare
’n hand vol orego
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Smeer die wors met ’n bietjie olie en rooster vir sowat 10 min. in die oond tot amper gaar.
2 Voeg die ui, knoffel en witwyn by die wors en skraap die vleissappe met ’n spaan los. Rooster vir 5-7 min. tot die ui sag is. Voeg die tamaties by en geur met Cerebos sout, voeg die geblikte tamaties en bone by.
3 Sit die sampioene bo-op en verhit tot die sous borrelend warm is.
4 Maak met die agterkant van ’n lepel holtes in die warm sous. Breek elke eier in ’n koppie en skink een vir een versigtig in die holtes. Geur die eier met Cerebos sout. Sit terug in die oond en bak tot die eierwit ondeursigtig is en die geel sag.
5 Strooi basiliekruid en orego oor en sit warm voor met baie roosterbrood.

Re: Alles-in-een-ontbyt

Posted: Thu Oct 22, 2015 9:17 am
by Friedland
Man dit maak my honger die tyd van die oggend!

Re: Alles-in-een-ontbyt

Posted: Thu Oct 22, 2015 9:25 am
by JTM
Ek kwyl ook behoorlik! Maak self amper so weergawe, maar die een lyk baie lekker.

Re: Alles-in-een-ontbyt

Posted: Thu Oct 22, 2015 9:57 am
by alecjohnson
Nou moet ek die sien terwyl ek so honger is....

Re: Alles-in-een-ontbyt

Posted: Thu Oct 22, 2015 10:00 am
by OMarais
Jo jo jo daai lyk soos 'n meesters dis!

Re: Alles-in-een-ontbyt

Posted: Thu Oct 22, 2015 11:09 am
by RUPERT
Dit is nou wat jy n moer by noem. Lekker!

Re: Alles-in-een-ontbyt

Posted: Thu Oct 22, 2015 12:14 pm
by jamalley
En ek hou so baie van lekker kos!!! Ek gaan die naweek so 'n skilferdeeg braai pie aanmekaar slaan, wat ook alles en nog wat op het.

Re: Alles-in-een-ontbyt

Posted: Fri Oct 23, 2015 8:25 am
by Frederik
Skande om die te plaas op die forum as mens nou lekker honger is.
Ek sien nou eers dit is al 'n ruk terug geplaas maar bly darem 'n goeie resep/idee.

Re: Alles-in-een-ontbyt

Posted: Fri Oct 23, 2015 12:42 pm
by golf3
Alles-in-een-ontbyt of soos ons dit ken 'cowbow kos '
Bitter lekker